Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die wonder van die water wat in wyn verander is by Kana – 2:1–11;
- Die genesing van die seun van die regeringsamptenaar – 4:43–54;
- Die genesing van die siek man by die bad van Betesda – 5:2–9;
- Die vermeerdering van die brood – 6:1–14;
- Jesus wat loop op die water – 6:16–21;
- Die genesing van die man wat blind gebore is – 9:1–7;
- Die opwekking van Lasarus – 11:1–44.
Die wonderwerke is vir Johannes tekens van God se werk wat in Jesus sigbaar raak. Hy doen die werke van sy Vader (9:3) waardeur Hy sy heerlikheid demonstreer (2:11) en mense tot geloof uitnooi (20:31), hoewel die ware betekenis daarvan eers na die opstanding helder begryp sou kon word (2:22). Die geloof (regeringsamptenaar – 4:53) en ongeloof (Fariseërs – 11:47) van mense blyk daarom ook uit hulle reaksie op die tekens, waartoe daar ook nog ’n kategorie van ’n wondergeloof bygevoeg kan word (skare by die Paasfees – 2:23-25; Galileërs – 3:2-3; Jesus se broers – 7:3-7), waarop Jesus nie peil getrek het nie.
Johannes verbind dié wondertekens aan ’n hele aantal toesprake van Jesus waarin die betekenis daarvan dieper uitgespel word:
- Die betekenis van die water wat in wyn verander (2:1-11) word opgevolg deur die gesprek oor die nuwe lewe wat in Jesus moontlik raak (3:1-21).
- Die gesprek met die Samaritaanse vrou oor die lewende water (4:7-26), die genesing van die siek man by die bad van Betesda (5:1-17) en Jesus wat op die see loop (6:16-21), mond uit in die gesprek oor die Heilige Gees wat strome van lewende water word in ons binneste (7:1-49).
- Die genesing van die regeringsamptenaar se seun (4:43-54) hou verband met die gesprek oor Jesus, die Seun van God, wat lewe gee (5:18-47).
- Die vermeerdering van die brood (6:1-15) hou verband met Jesus se gesprek oor Homself as die brood van die lewe (6:22-65).
- Die genesing van die man wat blind gebore is (9:1-12) hou verband met Jesus wat die lig vir die wêreld is (8:12-59; 9:5).
- Die opwekking van Lasarus uit die dood (11:1-44) hou verband met Jesus, die Goeie Herder, wat lewe gee in oorvloed (10:1-42).
Na sy kruisdood is daar nog ’n paar wonderwerke: die opstanding en die leë graf (20:1-10), Jesus se wonderverskynings (20:14, 19, 26; 21:1) en die wonderlike visvang (21:1-14). Met hierdie laaste wonderwerk word die groterwordende betekenis van Jesus vir hierdie wêreld antisipeer, wat die hernuwing van die opdrag aan Petrus om Hom te volg so noodsaaklik maak.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011
- Die skrywer Johannes
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou?
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring!
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus
- Die Seun is die Woord van God
Tags: Johannes, wonderwerke
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Tabita – ek het kennis geneem van sy afsterwe, maar ongelukkig bied ek nie só ‘n kursus aan nie. Jy kan hoor by jou kerk se opleidingsinstansies of daar verdere moontlikhede vir jou is. Jy kan ook by SATS probeer: https://www.sats.edu.za/programmes/undergraduate/higher-certificate-in-christian-counselling/
Tabita
| #
Goeie dag pastoor. My naam is Tabita. Ek het n pastorale kursus gedoen deur past. Chris Mengel. Ongelukig en baie hartseer, aan die einde van my finale jaar het die Here hom kom haal. Bied pastoor sulke kursese aan of weet pastoor dalk waar ek my finale jaar kan voltooi groot asb? Groete en geseende dag vir u.
Chris van Wyk
| #
Klik net op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox stuur.
Chris van Wyk
| #
Hi Esmé, ek sal jou e-pos insit op daardie bladsy. Jy moet net die e-pos wat WordPress vir jou stuur goedkeur.
Esme Dorfling
| #
Ek wil graag aansluit by 2021 bybel lees program.
Chris van Wyk
| #
Hi Yunis, die reëling was om vermorsing te voorkom. Die pa moes bereken of sy familie ‘n lam sou kon opeet. Minder as tien mense in ‘n gesin, veral as dit kleiner kinders was, sou dit moontlik nie maak nie! Daarom kon hulle met hulle bure deel, sodat die vleis nie vermors word nie. Want, onthou, alles is verbrand aan die einde van die maaltyd. As ‘n mens simbolies daarna kyk, kan ‘n mens mededeelsaamheid en samewerking in die koninkryk daarin lees.
Yunis Duimpies
| #
Goeie middag Ds Chris
Baie dankie vir Ds se uiteensetting oor Exodus 12 in verband met die uittog uit Egipte.Ek wil net graag weet,wat beteken dit simbolies wanneer as huisgesinne die lammetjie saam moet eet en as hulle te klein is vir die lam,hulle saam met hulle bure deel.Ek hoop u verstaan wat ek bedoel.Baie dankie
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/