Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien
RUS
- Die Here seën my op die oomblik met insigte en moontlikhede in terme van ons gemeente. Ek dank die Here vir sy voorsiening en sorg.
HOOR
- Ek lees die verhaal van die blinde man – het onlangs ook daaroor gepreek.
- Die volgende aspekte tref my:
Soos egter regdeur die evangelie die geval is, is daar ook die mense wat ten spyte van alles kies om in die duisternis te bly, en nie te sien nie.
Ons sien vier hoof rolspelers in hierdie gedeelte oor wie Johannes uitbrei oor wat hulle gesien het – die dissipels, Jesus, die Fariseërs en die blinde man:
Die dissipels – 9:1-2: Die dissipels wil by Jesus weet of die man se blindheid vanweë sy eie sonde of sy ouers s’n is. Die Jode het steeds geglo dat sonde agter siekte sit, óf die ouers s’n (Eks 20:5) óf die individu s’n (Jeremia 31:29-30; Esegiël 18).
Jesus – 9:3-12: Hoe mooi staan dit nie in vers 1 nie: “Terwyl Jesus wegstap (van die dreigende steniging af!), sien Hy ’n man wat van sy geboorte af blind was.” In die druk van die teenstand sien hy steeds iemand in nood raak en neem inisiatief om na die man uit te reik en genade aan hom te betoon.
Jesus korrigeer ook sy dissipels se perspektief op die blindheid van die man – die siekte is nie die gevolg van die blindgebore man of sy ouers se sonde nie. “Maar hy is blind, sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.” Hy wat die lig vir die wêreld is, gaan lig vir dié man bring deur sy blindheid te genees.
Daarom maak Jesus met spoeg en grond ’n bietjie klei aan, smeer dit op die blinde se oë, en gee opdrag dat hy hom in die Siloambad moet gaan was. Dit bring vir hom genesing, maar vir die bure en ander mense wat hom as bedelaar geken het, sowel as vir sy ouers, verwarring.
Terloops: Johannes praat van 2 poele in sy evangelie. In hoofstuk 5 noem hy die poel van Betesda en hier in hoofstuk 9 praat hy van die poel van Siloam. Volgens nuwe navorsing (Ronny Reich) is dit moontlik dat dié 2 poele albei gebruik is vir rituele reiniging, voordat jy na die tempel toe is. Albei het trappe wat na ’n platform toe lei, wat ooreenkom met ander sulke bekende plekke (mikvoth) in Jerusalem.
Dit beteken dat Jesus se opdrag aan die blinde man om hom by die poel van Siloam te gaan was, het hom in kontak gebring met die pelgrims wat hulle daar kom reinig het. Maar sy uiteindelik verbanning uit die sinagoge het die deur na die tempel waarskynlik ook vir hom toegemaak.
Die Fariseërs – 9:13-34: Die Fariseërs ondervra die eens blinde man. En in plaas van blydskap oor ’n wonderlike gebeurtenis, ondersoek hulle die godsdienstige implikasies van sy genesing en kom tot ’n negatiewe gevolgtrekking. Dit is ’n probleem dat die man op die sabbatdag genees is. Dit beteken ook vir hulle dat Jesus nie van God af kan kom nie, anders sou hy nie op die sabbatdag genees het nie. Wat eintlik gebeur is dat hulle in Jesus ’n bedreiging vir hul godsdienstige mag sien. Hulle het dus geen kapasiteit om deur God verras te word, of om te aanvaar dat God iets nuuts kan doen in Jesus nie. Daar is darem dié wat voel dat as Hy ’n sondaar was, sou Hy nie wondertekens kon doen nie, maar hulle is in die minderheid.
Hulle ondervra ook die man se ouers. Let op hoe hulle vis vir enige moontlikheid dat die man miskien nie blind was nie. Hulle wil hulle aanname bewys dat hier niks spesiaal gebeur het nie. Die ouers weet egter hulle loop die risiko om uit die sinagoge geban te word: “Hy is oud genoeg, vra hom self.”
Dan loods die Fariseërs ’n laaste aanslag op die man. Hy word eintlik half gedwing om met hulle saam te stem. Volgens hulle het Jesus die wet oortree, en kan daarom niks anders as ’n sondaar wees nie. As die eens blinde man dus nie met hulle saamstem nie, kies hy die kant van ’n sondaar.
Maar, dan begin die man hom loswikkel uit hulle greep, en vra met ’n sweem van sarkasme, of die Joodse leiers hom nou só uitvra omdat hulle Jesus se dissipels wil word! Ironies genoeg antwoord die geneesde dat Jesus se herkoms net van God af kan wees, anders sou Hy nie hierdie dinge kon doen nie. Hy bely dus wat die geestelike leiers nie kan insien nie, selfs voor Jesus regtig sy oë oopmaak! En, soos ’n mens kan verwag, die Fariseërs word kwaad en gooi die man wat genees is uit die sinagoge en tempel.
Hoe verskriklik is dit nie. Diegene wat meen dat hulle kan sien, is eintlik blind. God sal altyd by die menslike verstaan hou van hoe die reëls werk, meen hulle. Hulle wat meen hulle kan sien, en spesifiek namens ander sien, is eintlik blind.
Die blinde man – 9:35-41: Let op hoe die verhaal afsluit met die feit dat die blinde man se sig nie net fisies herstel is nie, maar leer om Jesus as die Gestuurde van God (Siloam beteken gestuurde) raak te sien. Let op hoe sy begrip van Jesus groei deur die gedeelte:
- Eers praat hy van die “man met die naam Jesus” – ’n neutrale begrip (vers 11).
- Dan in die gesprek met die Fariseërs noem hy Jesus ’n profeet (vers 17).
- In die loop van die gesprek bely hy dat Jesus “van God af kom” (vers 33).
- En wanneer Jesus hom weer ontmoet, help Jesus hom om in die Seun van die Mens te glo, en bely en aanbid hy Jesus as Here (vers 38).
So sien die blinde man twee keer die lig. Eers word sy fisiese oë geopen. Dan word sy geloofsoë geopen. Hy herken die Lig vir die wêreld.
LEEF
- ‘n Mens kan enige rolspeler se perspektief op jouself van toepassing maak. Ons kan ook miskien soos die dissipels in teologiese debatte vasval. Of soos die Fariseërs dink aan die implikasies vir jou eie godsdienstige posisie. Of Jesus toelaat om jou visie algaande te verdiep dat jy Hom as God en Here raak sien en aanbid.
- Ek dank die Here dat Hy ook vir my die lig is, en van my ’n ligdraer maak, soos ek ook gister gebid het.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011 - Apr 1, 2011
- Die skrywer Johannes - Apr 20, 2011
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36 - Apr 21, 2011
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels - Apr 22, 2011
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon - Apr 25, 2011
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my - Apr 26, 2011
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie - Apr 27, 2011
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11 - Apr 28, 2011
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde - Apr 29, 2011
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou - May 2, 2011
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou? - May 3, 2011
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie - May 4, 2011
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50 - May 5, 2011
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien - May 6, 2011
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem - May 9, 2011
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe - May 10, 2011
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra - May 11, 2011
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26 - May 12, 2011
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het - May 13, 2011
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe - May 16, 2011
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie - May 17, 2011
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk - May 18, 2011
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25 - May 19, 2011
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring! - May 20, 2011
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here - May 23, 2011
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg - May 24, 2011
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes - May 25, 2011
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub - Nov 26, 2012
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie - Apr 11, 2018
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus - Jan 18, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019