Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
Seun van die Mens
Jesus gebruik die benaming dikwels vir Homself. Net op drie plekke gebruik ander mense dit van Hom. Stefanus gebruik dié benaming wanneer hy in ’n visioen van die geopende hemel die Seun van die mens gesien het (Hand 7:56), asook Johannes in sy Openbaring (Openb. 1:13, 14:14). Een van die skares wat Jesus gevolg het, het ook ‘n keer van die Seun van die mens gepraat (Joh 12:34).
Die benaming word gebruik om:
- sy mensheid te bevestig (Mark 2:28; Matt 8:20, 12:40). Dit doen Hy beide in die konteks van sy lyding en dood (Matt 17:22, 20:18, 28, 12:40) asook in die konteks van sy toekomstige heerlikheid (Matt 16:27, 28; Mark 8:38, 13:26; Joh 3:14).
- sy Goddelikheid te bevestig, veral in Johannes ( Joh. 5:27, 6:27, 54, 62;) waarmee Hy eintlik ook sy preëksistensie aandui (Joh 1:51, 3:13, 6:27, 8:28, vgl ook Dan 7:13).
Die benaming Seun van die mens spreek van Jesus se volledige eenwording met die mens. Hy het egter nie Seun van die mens geword nie; Hy was dit trouens van altyd af. Daarom word die term ook gebruik om sy Goddelikheid aan te dui.
Seun van God
Jesus gebruik ook hierdie benaming vir Homself, soos ander dit ook doen. Dit dui veral sy Goddelikheid aan:
- as aanduiding van sy Messiaanse karakter waar die woord as’t ware Jesus se amp aandui, nie net sy natuur nie. As Seun van God is Hy God se Verteenwoordiger en Erfgenaam. So gebruik die demone hierdie benaming, hoewel hulle sy teenstanders was (Mark 3:11, 5:7; Luk 4:41). Ook die hoëpriester gebruik dié benaming, maar verskil natuurlik oor die legitimiteit van Jesus se gebruik daarvan en wil Hom juis daaroor aankla (Mark 14:61; Matt 26:63). ‘n Engel (Luk 1:35), Petrus (Matt 16:16), Natanael (Joh 1:49), en Marta (Joh 11:27) bely dit as die inhoud van wat hulle glo van Jesus. Dit is ook moontlik hoe God die naam Seun gebruik, in die sin dat Hy die Seun van God is (Matt 3:17; 17:5; Mark 9:7).
- as aanduiding van sy Goddelike wese, in ‘n konteks waar bepaalde Goddelike eienskappe beskryf word wat sy mensheid, soos veral die geval in die briewe van die NT is (Matt 14:33; Rom 1:4, 8:3; Gal 4:4; Hebr 1:1, 7:7).
Die benaming Seun van God, toegepas op Jesus Christus, het dus nie’n eties-religieuse betekenis in die sin dat Jesus dit geword het op grond van die kwaliteit van sy werke nie, maar dit het ontiese betekenis aangesien dit sy eenheid met God self uitdruk. Met hierdie naam word gesê dat Jesus in ’n geheel unieke verhouding tot God staan en dat sy wesensgemeenskap met Hom van ’n bo-tydelike aard is en nie eers met die aardse bestaan van Jesus, ’n aanvang geneem het nie. Anders as alle ander mense staan Jesus aan die kant van God, en Hy staan daar soos niemand anders, behalwe Hy, daar kan staan nie.
Die twee benamings oorvleuel dus in terme van die Goddelike betekenis daarvan. Die benaming Seun van God belig Jesus se wese vanuit die perspektief van Jesus se Goddelikheid. Die benaming Seun van die mens belig Sy wese vanuit die perspektief van Jesus se mensheid. Die twee benamings belig dus verskillende kante van dieselfde saak, dat Jesus God En mens was.
[1]Gebaseer op, maar ook aangepas uit JA Heyns 1999 Dogmatiek. Pretoria : NG Kerkboekhandel, p 238.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011 - April 1, 2011
- Die skrywer Johannes - April 20, 2011
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36 - April 21, 2011
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels - April 22, 2011
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon - April 25, 2011
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my - April 26, 2011
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie - April 27, 2011
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11 - April 28, 2011
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde - April 29, 2011
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou - May 2, 2011
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou? - May 3, 2011
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie - May 4, 2011
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50 - May 5, 2011
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien - May 6, 2011
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem - May 9, 2011
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe - May 10, 2011
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra - May 11, 2011
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26 - May 12, 2011
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het - May 13, 2011
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe - May 16, 2011
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie - May 17, 2011
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk - May 18, 2011
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25 - May 19, 2011
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring! - May 20, 2011
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here - May 23, 2011
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg - May 24, 2011
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes - May 25, 2011
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub - November 26, 2012
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie - April 11, 2018
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus - January 18, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Johannes, Seun van die mens, Seun van God
Vinie Furstenberg
Baie dankie vir die perspektief. Ek het ook opgelees uit die boek van Prof.Adrio König: Die helfte is my nooit oor Jesus vertel nie.(2001) Het selfs my notas van dertig jaar gelede weer opgediep. Baie navorsingsinsette in o.a. Marshall IH: The Origins of New Testament Christology ,63-82 (1977) en Ladd GE:A Theology of the New Testament,145-158(1974) Op daardie stadium was baie vrae nog onbeantwoord en was daar baie verskillende sienswyses. Ek haal aan uit Marshall:”From our survey it is evident that there are no easy solutions to the ‘Son of Man’ problem and there is no consensus of opinion among scholars. But it may be claimed that the view that Jesus spoke of himself by means of this phrase offers the least difficulties, and that here we have a valuable insight into his self-understanding.” Daar sal maar seker altyd verskil in opinies wees!