Skip to main content

Die Heilige Gees as die Parakleet

Johannes praat ’n hele paar keer oor die Heilige Gees:
  • Johannes die Doper by Jesus se doop – 1:32–34;
  • Jesus in gesprek met Nikodemus – 3:6–34;
  • Jesus in sy toespraak op die laaste groot dag van die Huttefees – 7:38,39;
  • Jesus in die “klein Pinkster” van sy afskeidsgesprek met die dissipels – 20:22.

Sy gebruik van die term parakletos is egter ’n unieke beskrywing van die werk van die Heilige Gees (14:16, 26; 15:26; 16:7). Dit teken die Gees in die persoonlike rol wat Hy sal speel in die lewe van gelowiges.  Die Heilige Gees is die “ander Trooster” (14:16), die Tweede Een naas Jesus, wat in ’n baie spesifieke sin die teenwoordigheid van Jesus by sy dissipels sal wees – as getuie, as voorspraak, as trooster en as helper ( Du Rand).   Dit kom ooreen met die beeld wat Paulus in sy briewe gee van die Heilige Gees gee as getuie (Rom 8:16; Gal 4:6), voorspraak (Rom 8:26), trooster (Fil 2:1) en helper (1 Kor 12; Rom 12).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Heilige Gees, Johannes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar