Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes
As ek terugdink, is daar ’n paar goed vir wat vir my uitstaan:
- Die wyse waarop Jesus met metafore gewerk het, soos lig en brood en water, het vir my nuwe waardering en ook bewondering gegee vir sy boodskap. Dat Jesus na die huttefees se ligte uitgedoof is, aankondig dat Hy die lig vir die wêreld is, is vir my indrukwekkend, en spreek my aan.
- Dat ek persoonlik die pad kon stap om die dood van my pa te verwerk terwyl ek Johannes 11 lees oor die opstanding van Lasarus en daaroor skrywe, was vir my ’n besonderse aanraking deur die Here. Hy is werklik die lewe, selfs in die aangesig van die dood.
- Die kostelikheid van die dilemma van die bruidegom in Kana toe sy wyn opraak weens die groot getal mense wat daar was, het my laat glimlag. En Jesus se voorsiening van ’n oorvloed van wyn teken vir my op ’n besondere manier God se karakter. Hy is nie suinig nie!
- Dat Petrus nie net ’n tweede kans gegun word nie, maar inderdaad deur Jesus ’n herder rol gegee word (soos wat Jesus gehad het), sê vir my dat Jesus beter verstaan wat in ons gebeur as ons voor versoekings en uitdagings kom, as wat ons dink. En dat Hy nie in die blaming besigheid is nie, maar in die herstel besigheid.
Dankie vir die wonderlike reis saam met elkeen van julle. Las sommer hieronder by Leave a Comment jou bydrae oor wat jou getref het en jou sal bybly.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011
- Die skrywer Johannes
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou?
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring!
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus
- Die Seun is die Woord van God
Tags: Johannes
Trackback from your site.
Christine Veldsman
| #
My indrukke oor Johannes: Die volgende het my getref: Christus is: Die sondelose Vriend van sondaars, tegelyk God en mens – Hy deel my menslikheid volkome en kan my help met alles in my lewe.God is gees, sou ons ooit in ‘n verhouding met Hom kon leef as Hy nie mens geword het nie. Deur as mens pyn honger ens te ervaar het Hy “geleer” hoe dit is. Hy is God, volkome in beheer, Hy is liefde, dit is Sy krag waarmee Hy mense tot bekering lei en waarmee ons mense vir Hom wen. Sy menslikheid wat my laat besef hoe ek nie is nie, en hoe ek moet wees.Dit was ‘n wonderlike studie. Dankie.
Reply
Nico
| #
Joh 17:4 Die gebed van Jesus – En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken . . . Om Hom te ken beteken dat ek elke dag in sy teenwoordigheid moet leef dis al hoe ek hom kan nog meer en meer leer ken. Deur saam met Hom te lewe.
Nico
Reply
Charné
| #
Joh 5:24 en Joh 17:3 en daar is ook ander. Van kleins af geleer dat gelowiges nou reeds die ewige lewe het maar was ‘n moeilike begrip. Nou vertel Jesus self: “en dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gesuur is.” Dankie Jesus vir die gawe van geloof!
Reply
Vinie Furstenberg
| #
My kleindogtertjie het toe sy agtjaar oud was, `n baie ernstige, diepsinnige gesprek met my gehad oor ‘Die Ewigheid.’ Miskien daarom dat die ewigheidsbeloftes in die Evangelie van Johannes my hierdie keer so opgeval het: In hoofstuk ses alleen kom die belofte sewekeer voor! Maar die hoogtepunt vir my is Sy belofte dat almal wat na Sy stem luister en Hom volg, in alle ewigheid nooit verlore sal raak nie. Niemand sal ons uit Sy hand ruk nie!!! Hoofstuk 10 vers 28
Reply
rien
| #
1. Dis vir my so `n groot vertroosting dat Jesus volledig mens geword het, dat hy pyn en lyding verstaan maar ook al ons emosies beleef het en ook dit verstaan. Dat hyself vertroos verstek en heelmaak gee. Hier die wonder beleef ek dikwels en ook weer vandag.
2. Sy opstanding gee vrede en vreugde (die glimlae op mense se gesigte is slegs vreude wat Jesus kan gee) ook vir my
Reply
Lily
| #
Die beeldspraak van Jesus in die Ek is-uitsprake is so betekenisvol, prakties en allesomvattend. In die woorde van Louie Giglio sê ek: “I know I am not, but I know I AM”!!!
Dankie, Chris dat jy ons op hierdie reis begelei het.
Reply
Corneille
| #
Hallo Chris,
Ek’s besig om deur jou nota’s te werk. Dankie. Ken jy die kommentaar The Gospel according to John van DA Carson? Ek vind hom heel interessant en goed.
Reply
Chris van Wyk
| #
Hi Corneille – ek het so 7 boeke van hom, onder andere kommentare, wat interessant en insiggewend is. Ek het egter nie daardie kommentaar van hom nie. Jy moet self skryf, gegewe jou Griekse agtergrond!
Reply