Die skrywer Johannes

Die apostel Johannes, een van die seuns van Sebedeus (Mark 1:16-20), die sogenaamde “seuns van die donder” (Mark 3:17), word gewoonlik as die skrywer van die inhoud van die evangelie van Johannes aangedui, soos dit ook van vroeg af deur die kerkvaders aangegee is (Irenaeus, Klemens), hoewel dit duidelik is dat hy nie alles kon geskryf het nie (21:24 is ’n beskrywing van hom).

Johannes se naam word egter nêrens as skrywer in die evangelie genoem nie.  Die evangelie noem net ’n naamlose dissipel as bron van die inhoud van die evangelie.  Hy was ’n ooggetuie van onder andere die kruisdood (19:35)  sowel as die leë graf (20:2) en word die dissipel genoem vir wie Jesus baie lief was en aan wie Hy sy moeder toevertrou (19:26-27 – vgl ook 13:23; 20:2; 21:7).  Hy word beskrywe as: “die dissipel wat oor al hierdie dinge getuienis aflê en dit beskrywe het, en ons weet dat sy getuienis waar is” (21:24).  Die “ons”  wat dit skrywe, is egter waarskynlik die redakteur of selfs outeur van die evangelie. Maar die dissipel op wie se getuienis staatgemaak word, se naam word nêrens eksplisiet genoem nie.

Hoewel hierdie dissipel dus gewoonlik met Johannes verbind word, en sy getuienis die basis vorm  vir die evangelie, kan ons nie die outeurskap van Johannes bo alle redelike twyfel vasstel nie.   Wat ons wel  van seker is, is dat die evangelie op ’n ooggetuie verslag uit die tyd van Jesus berus, en daarom deur die kerk as gesaghebbend aanvaar is.  Die plek waar dit geskryf is, word gewoonlik as Efese aangedui, omdat dit die plek is waar Johannes lank gewerk het, voor hy na Patmos verban is  (Irenaeus).

Die meeste geleerdes dateer die evangelie van Johannes ná die ander sinoptiese evangelies, êrens tussen 70-100 n C.

View all posts in this series

Johannes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: