Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here
RUS
- Ek dink terug aan die vorige 24 uur en wat ek van God se teenwoordigheid in my lewe kon agterkom.
- Ek dank Hom vir wie Hy vir my is.
HOOR
- Ek lees Johannes se opstandingsverhaal.
- Die volgende dinge tref my daarin:
Let op dat Johannes niks vertel van die opstandingsgebeure self nie, net van die leë graf en van Jesus se verskynings daarna aan hulle. Nie een van die ander evangelies sê vir ons meer oor die opstandingsgebeure as sodanig nie. Daar is ’n bietjie meer getuienis oor die aardbewing wat die klip weg laat rol het, van die engele wat betrokke was, maar niks oor die opwekking as sodanig nie. Dit is ’n daad van God wat wel duidelik is uit die feit dat hulle Jesus se verskynings hierna kan waarneem, maar deel van die misterie van die opstanding sal bly tot aan die einde van die tyd.
Die leë graf met die opgerolde grafdoeke is natuurlik belangrik omdat dit die werklikheid en historisiteit van die feit van die opstanding aandui. Maar dit is veral Jesus se verskynings na sy dood wat belangrik is, omdat dit die belofte en betekenis van die opstanding vir ons beklemtoon. Uit Johannes se beskrywing van die opgestane Jesus kan ’n mens agterkom dat Jesus herkenbaar is, steeds kommunikeer soos ons dit doen, en ’n fisiese/werklike (by gebrek aan ’n beter woord) liggaam het, want ’n mens kan aan hom vat, en hy gee vir hulle kos om te eet. Maar hy is ook anders, omdat hy kan verskyn en verdwyn soos Hy wil. Hy is dus nie aan ruimte gebonde soos die dissipels nie. En telkens verander Hy die lewe van dié aan wie Hy verskyn het.
Daarmee lewer Johannes getuienis af van die werklikheid van Jesus se opstanding uit die dode en van die wyse waarop Jesus se opstanding alles verander.
Hy troos bv. vir Maria Magdalena en verseker haar dat God daar is vir haar. Haar eerste gedagte toe sy die leë graf sien, was dat iemand Jesus se liggaam weggevat het. Dit is ook wat sy vir Petrus en Johannes gaan sê het en waarna hulle kom kyk het. Die leë graf kon ook net soveel sê, daarom sê Johannes dat hulle haar geglo het, maar nog nie verstaan het dat Hy opgestaan het nie.
Dit is egter eers wanneer Jesus aan Maria verskyn in die tuin en met haar praat en sy die werklikheid van sy teenwoordigheid ervaar, dat sy Hom kan herken en as Here kan vereer. Let op hoe dít is hoe sy Jesus aan die dissipels hierna gaan bekendstel: “Ek het die Here gesien!”
En dit is dieselfde vir die dissipels. Dit is eers wanneer Hy self aan hulle verskyn, dat die dissipels rus en vrede ervaar, en hulle vrees in blydskap kan verander. Netso Tomas. Jesus openbaar Homself aan Tomas sodat sy twyfel in geloof kan verander en Hy met oortuiging deel kan wees van die groeiende getuienis van sy opstanding.
En let op dat Jesus nie net vir hulle troos en versterk in hulle geloof nie. Nee, Hy stuur hulle ook, waarmee Hy hulle roeping bevestig om die wêreld met die boodskap van vergifnis in te gaan. En later doen Hy dieselfde met Petrus en gee Hom ’n soortgelyke opdrag as wat Jesus self gehad het, om vir die skape weiding te gee. (Joh 10).
Daarmee bereik Johannes se evangelie dan ook sy hoogtepunt, want Hy skryf juis hierdie klompie verhale van Jesus se wondertekens, sy gesprekke, en sy verskynings om ons te oortuig dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat ons deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê (Joh 20:31). Jesus staan op om as die teenwoordige Here ons lewens betekenis te gee.
LEEF
- Ons praat te veel oor die historisiteit en werklikheid van die opstanding, en hopeloos te min oor die teenwoordigheid van die Here Jesus. Die leë graf fassineer ons miskien te veel. Dit is immers die teenwoordige Jesus wat ons lewens verander en wat ons fokus moet wees. Jy kan natuurlik nie die teenwoordige Jesus hê sonder ’n leë graf nie – die graf was immers leeg. Maar jy kan die teenwoordige Jesus mis as jy te veel klem lê op die dogma van die leë graf.
- Ek loof daarom Jesus dat Hy my ook troos, in my geloof versterk, en my stuur om die werk te doen wat Hy vir my het. En dat dit in real-time gebeur, nou, vandag.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011 - Apr 1, 2011
- Die skrywer Johannes - Apr 20, 2011
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36 - Apr 21, 2011
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels - Apr 22, 2011
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon - Apr 25, 2011
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my - Apr 26, 2011
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie - Apr 27, 2011
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11 - Apr 28, 2011
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde - Apr 29, 2011
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou - May 2, 2011
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou? - May 3, 2011
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie - May 4, 2011
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50 - May 5, 2011
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien - May 6, 2011
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem - May 9, 2011
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe - May 10, 2011
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra - May 11, 2011
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26 - May 12, 2011
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het - May 13, 2011
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe - May 16, 2011
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie - May 17, 2011
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk - May 18, 2011
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25 - May 19, 2011
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring! - May 20, 2011
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here - May 23, 2011
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg - May 24, 2011
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes - May 25, 2011
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub - Nov 26, 2012
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie - Apr 11, 2018
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus - Jan 18, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019