Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my
RUS
- My diepste behoefte vanoggend is vrede.
- Ek bid daarvoor en bring my behoeftes voor God met danksegging en smeking, soos Filippense 4 my leer.
HOOR
- Ek lees die Skrifgedeelte hardop in my kantoor.
- Die volgende aspekte tref my:
Baie is al geskryf om hierdie verskil te verklaar. Daar is redelike konsensus dat daar net een só ‘n gebeurtenis was, dat dit wel in die laaste week van Jesus se bediening was, en dat Johannes ‘n teologiese punt probeer maak deur die verhaal hier te plaas – Jesus wil die ware aanbidding van God herstel, soos ‘n mens ook in die gesprek met Nikodemus en die Samaritaanse vrou hierna agterkom. Die reiniging van die tempel is dus in daardie konteks vir hom belangrik.
Let op dat Johannes van die Paasfees “van die Jode” praat, wat aandui dat hy as Christen skryf, dws na die dood en opstanding van Christus. Die Christene het na die opstanding ‘n ander inhoud aan die hele Paasgebeure gegee.
Johannes noem ten minste 3 verskillende Paasfeeste waarvoor Jesus na Jerusalem toe is (2:13; 6:4, 11:55 [13:1] en moontlik selfs 5:1). Daaruit kan ‘n mens aflei dat Jesus se bediening waarskynlik tussen 2 en 4 jaar duur, terwyl die ander evangelies net van een reis na Jerusalem vertel, waaruit ’n mens kan aflei dat sy bediening nie veel langer as 1 jaar geduur het nie (Mark 10:32; Matt 16:21; Luk 9:51).
Geldwisselaars was nodig omdat die Jode nie hulle eie geldeenheid kon gebruik nie, en die Romeinse geldeenheid vir die Jode se gevoel lasterlik was deur die kop van die keiser te vertoon wat vir die Romeine goddelike eienskappe gehad het. Die geldeenheid van Tirus kon egter gebruik word, waarvoor jy dan Romeinse geldstukke kon ruil (Beasley-Murray).
Jesus se aksie is duidelik nie gemik teen die aanbidders self nie, maar net teen die verkopers en geldwisselaars wat van God se huis ‘n handelsplek maak.
Die vraag na ‘n teken deur die Jode was waarskynlik as ‘n toets bedoel, om agter te kom of Jesus die gesag het om te doen wat Hy doen. Jesus antwoord met ‘n raaisel wat eers na sy opstanding reg verstaan sou kon word, soos Johannes dit tereg verwoord.
Johannes verwys waarskynlik in vers 17 na Psalm 69:10. Dit is interessant dat die Psalm juis ook daar oor die lyding praat van dié een wat lief is vir God se huis – ‘n heel gepaste aanhaling in die lig van Jesus se raaisel-teken wat op sy eie lyding dui.
LEEF
- Dit is vir my roerend om dié gedeelte te lees terwyl ons in die Paasfeestyd is (die fees het 7 dae geduur). Dat Jesus met die water-in-wyn van gister die oorvloed wat Hy bring demonstreer, word deur hierdie gedeelte onmiddellik ook aan sy lyding en opstanding gekoppel. Hy, die Lam van God, bring oorvloed deur sy lyding heen.
- Dit tref my en bring rus in my gemoed – as Hy soveel vir my gedoen het, kan ek vasstaan en Hom vertrou vir my lewe.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011 - April 1, 2011
- Die skrywer Johannes - April 20, 2011
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36 - April 21, 2011
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels - April 22, 2011
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon - April 25, 2011
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my - April 26, 2011
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie - April 27, 2011
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11 - April 28, 2011
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde - April 29, 2011
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou - May 2, 2011
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou? - May 3, 2011
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie - May 4, 2011
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50 - May 5, 2011
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien - May 6, 2011
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem - May 9, 2011
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe - May 10, 2011
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra - May 11, 2011
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26 - May 12, 2011
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het - May 13, 2011
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe - May 16, 2011
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie - May 17, 2011
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk - May 18, 2011
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25 - May 19, 2011
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring! - May 20, 2011
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here - May 23, 2011
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg - May 24, 2011
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes - May 25, 2011
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub - November 26, 2012
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie - April 11, 2018
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus - January 18, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019