Skip to main content

Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou?

RUS

  • Ek bid om verdere insig in die gawes wat God gee in Jesus.

HOOR

  • Die volgende aspekte tref my in dié gedeelte:
7:1-9: Let op hoe die eerste perikoop aanhak by die vorige hoofstuk se beskrywing van die ongeloof van die Jode en die dissipels van Jesus – Jesus se broers glo ook nie in Hom nie – 7:1-9.  En die eerste perikoop se beskrywing van ongeloof antisipeer op sy beurt die beskrywing van die meningsverskil by die mense wat na Hom by die fees geluister het en die ongeloof van die Joodse leiers aan die einde van die hoofstuk – 7:40-52.

Niemand kan in Jesus se teenwoordigheid kom en onaangeraak bly nie.  Neutraliteit is onmoontlik.  En daar is meer ongeloof en teenstand merkbaar as wat daar geloof en gehoorsaamheid is, selfs onder sy bloedfamilie.

7:10-24: Die konteks is die huttefees – een van die drie groot jaarlikse feeste van die Jode:

  • die Paasfees het die Uittog uit Egipte herdenk (Eks 12 – in April-Mei);
  • die Pinksterfees het die einde van die oestyd gedenk, 50 dae (die woord pentekoste = 50 in Grieks, vanwaar ons woord pinkster afgelei is) of 7 weke na die begin van die oes, wat getel is vanaf die 2de dag van die Paasfees (Lev 23:15-21 – Junie-Julie);
  • die Huttefees het die omswerwinge in die woestyntyd uitgebeeld (Lev 23:40-43 – September-Oktober) – daarom het hulle vir 7 dae lank in hutte van takke en blare gewoon.

Jesus weier om op sy broers se uitdaging te reageer, en gaan later op eie inisiatief na die fees, maar aanvanklik sonder om die aandag te veel op Homself te laat val.  God bepaal sy agenda, nie sy broers of iemand anders se behoeftes nie.  Tog bly Hy die persoon wat uitgesoek word deur dese en gene, hoewel hulle ook nie te veel aandag op hulleself wil vestig deur hulle menings oor Hom nie.

Halfpad deur die fees begin Jesus wel om die mense in die tempel te leer en fokus op die bron van sy lering (God) en die inkonsekwentheid van die Jode deurdat hulle kla oor Hy iemand op ’n sabbatdag genees (man by Betesda – Joh 5), maar in die praktyk wel die besnydenis op ’n sabbatdag toepas, wat ook tegnies ontoelaatbaar is, as jy met ’n rigiede toepassing van die sabbatswetgewing werk, maar toegelaat word omdat dit so ’n belangrike godsdienstige betekenis gehad het.

Let op die baie belangrike beginsel wat Jesus gee om die waarheid wat Hy verkondig te toets – doen wat God vra, dan sal jy weet of dit waar is of nie.

7:25-31: Jesus se lering is op hierdie punt só oortuigend dat die mense begin dink dat selfs die Joodse leiers na sy kant toe oorgehaal word.  Maar hulle is helaas verkeerd, want die Joodse leiers probeer om Hom in hegtenis te neem, omdat dit die enigste manier is waarmee hulle dink dat hulle Jesus se oortuiging kan troef.

7:32-36: Jesus steek niks weg van sy roeping nie, maar omdat die Fariseërs en priesterhoofde nie met “geestelike ore” luister nie, kan hulle Jesus se woorde nie verstaan nie.  Hulle bly vasgevang in hulle “van onder” denke wat nie ontvanklik is vir Jesus se “van bo af” herkoms en boodskap nie.  Daarom dat hulle sy boodskap misverstaan dat Hy Griekssprekende Jode in die buiteland wil gaan dissipel, terwyl Hy van die hemel praat.

Dit gebeur vandag nog, dat mense God se woorde misverstaan, veral as hulle met ’n geslote wêreldbeeld werk, waarbinne daar per definisie geen plek vir God meer is nie.

7:37-39: Gedurende die huttefees was daar ’n spesiale ritueel waarin water uit die Siloam poel by die altaar uitgegooi is as teken van die water wat God uit die rots in die woestyn gegee het (Eks 17).  Jesus se lering op die laaste dag van die fees (die 8ste dag – Lev 23:36) oor die Gees wat strome lewende water uit gelowiges sal laat vloei (Jes 58:11 – vgl Joh 4:10), staan dus in direkte verband daarmee.  Soos God toentertyd gewone water gegee het, só gee Jesus geestelike water vir dié wat in Hom glo (Jes 55:1; Open 22:17).  En soos Johannes dit verklaar, dit verwys na die Heilige Gees wat God aan elkeen gee wat in Jesus glo.

7:40-44: Weereens vertel Johannes ons van die verskil van mening oor wie Jesus nou eintlik is.  Sommige sê die Profeet (Deut 18:15; Mal 3:1; 4:5), en ander die Messias (Christus is die Grieks vir dié Hebreeuse woord en beteken gesalfde).  Hulle kennis van Sy afkoms en hoe die Skrif dit voorspel, is egter gebrekkig.

7:45-52: Ironies genoeg is dit nou die wagte wat Jesus gevange geneem het, wat nie hulle taak kan uitvoer nie, omdat hulle aangegryp is deur sy woorde.  Nikodemus kom egter vir Jesus op as die Joodse Raad met afgryse hierop reageer en Jesus veroordeel, sonder dat hulle hulle eie reëls nakom om eers ook na die ander kant van die saak te luister. In hulle haas maak hulle ook ’n denkfout deur te sê dat geen profeet ooit uit die gebied Galilea afkomstig was nie, omdat die profeet Jona juis uit die gebied afkomstig was (Gat-Gefer, 3 km noord van Nasaret! – 2 Konings 14:25).

LEEF

  • Dit is lewensveranderend hoe verskillende mense op Jesus reageer.  Sommige dink Hy is ’n goeie man waarna geluister moet word, ander dat Hy ’n misleier is en daarom weggesluit moet word.  Sommige dink dat Hy eintlik van die duiwel besete is, terwyl ander wel sy ware Messiaanse karakter raaksien.  Maar in dié menings oor Jesus, lê die mense se toekoms letterlik opgesluit – in ’n geloofsverhouding met Hom wat vir ewig sal bestaan of nie.  Wie Jesus is en veral wie Hy vir my is, is van kardinale belang vir my lewe.
  • Ek loof die Here dat Hy vir my die Messias is, en dat Hy vir my die Heilige Gees gegee het wat my vas laat staan in ’n verhouding met die lewende God.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Johannes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda