Verhouding met die Sinoptiese evangelies
Ooreenkomste
Heelwat detail kom ooreen:
- die bediening van Johannes die Doper (Joh 1:29 vv – Mark 1:2-11),
- die doop van Jesus (Joh 1:32 – Mark 1:9),
- die reiniging van die tempel (Joh 2:13-22 – Mark 11:15-17 – hoewel Johannes dit aan die begin van sy evangelie plaas en die Sinoptici in die laaste week van Jesus se lewe),
- die loop op die water en die vermeerdering van die brood (Joh 6:1-40 – Mark 6:35-53) en
- Jesus se salwing in Betanië (Joh 12:1-8 – Mark 14:3-9).
Verskille
Belangrike elemente van die sinoptiese evangelies se detail beskrywing van Jesus se lewe word weggelaat:
- die versoeking in die woestyn (vgl wel 4:31-32 waar die dissipels Hom iets probeer gee om te eet, en Hy dit weier),
- die verheerliking op die berg (vgl wel 12:20-36 waar van verheerliking sprake is),
- die instelling van die nagmaal (vgl wel 13:1-38 waar Jesus sy dissipels se voete was en die verhaal van Judas se verraad vertel word).
Heelwat detail word egter heeltemal verskillend aangebied:
- Johannes verskil in sy beskrywing van Johannes die Doper deur hom nie met Elia te vereenselwig nie (1:20-21) terwyl die ander evangelies dit eksplisiet doen (Mark 9:13; Matt 11:14; Luk 1:17).
- Johannes beskryf veral Jesus se bediening in Jerusalem, teenoor die sinoptiese evangelies wat meer fokus op Jesus se bediening in die platteland in Galilea.
- Jesus se identiteit as Messias is van die begin af Johannes se hooffokus, teenoor die sinoptiese evangelies wat baie maak van die Messiaanse geheim ter wille van die voortgang van die bediening.
- Jesus reinig die tempel aan die begin van sy bediening, terwyl die sinoptiese evangelies dit aan die einde van sy bediening plaas.
- Jesus se bediening duur waarskynlik 3 jaar weens die noem van 3 verskillende Paasfeeste waarvoor Hy na Jerusalem toe is (2:13; 6:4, 11:55 en moontlik selfs 5:1), terwyl die ander evangelies net van een reis na Jerusalem vertel, waaruit ’n mens kan aflei dat sy bediening net 1 jaar geduur het (Mark 10:32; Matt 16:21; Luk 9:51).
- Jesus vertel geen gelykenisse nie, anders as die sinoptiese evangelies, hoewel die taal en beelde wat Hy gebruik, sowel as die wonderwerke wat Hy doen ryk aan betekenis is.
- Jesus dryf geen duiwels uit in hierdie evangelie nie, terwyl dit ’n belangrike element in die sinoptiese evangelies is.
- Johannes plaas die kruisigingsgebeure op die dag van die Paasmaaltyd self (Joh 18:28 – die 14de Nissan [1ste maand] volgens die wet), anders as die ander 3 evangelies wat dit ná die Paasmaaltyd plaas (Mark 14:16; Matt 26:20; Luk 22:7 – die 15de Nissan). Al vier evangelies is dit egter eens dat die kruisiging self op die Vrydag plaasgevind het, die dag voor die sabbat (Matt. 27:62; Mark. 15:42; Luk. 23:56; Joh. 19:31). Die verskil lê dus in die dag waarop die laaste paasmaaltyd geëet is.
Dié probleem het geleerdes baie besig gehou en daar is ’n magdom van verklarings beskikbaar. Die verduideliking wat vir my die meeste sin maak, is die een van Morris:
“The most natural reading of the Synoptists shows the meal there to be the Passover. The most natural reading of John shows Jesus as crucified at the very time the Passover victims were slain in the temple. While it is undoubtedly possible so to interpret the evidence as to make both tell the same story it seems preferable to see them as following different calendars. According to the calendar Jesus was following the meal was the Passover. But the temple authorities followed another, according to which the sacrificial victims were slain the next day. John appears to make use of this to bring out the truth that Christ was slain as our Passover.” (1971: 785).
Uit ’n teologiese hoek is Johannes se beskrywing dus uiters betekenisvol dat Jesus sterf op dieselfde dag as wat die paaslam geslag is – en die 4 evangelies kom ooreen in terme van die dag waarop dit gebeur het.
Die ooreenkomste en verskille kan die beste verklaar word uit ’n gemeenskaplike bron van mondelingse verhale en oorlewerings waaruit Johannes sommige op dieselfde manier as die ander sinoptiese evangelies aangebied het, maar ook baie daarvan volgens ’n eie unieke perspektief (Du Rand).
Die ooreenkomste moet nie ten koste van die verskille of andersom beklemtoon word nie. Die historisiteit van die onafhanklike verhaal van die Samaritaanse vrou by die put word bv. gerugsteun deur die akkuraatheid van die beskrywing van hulle godsdiens en aanbiddingsplek (Joh 4). Dieselfde geld die beskrywing van die bad van Betesda (Joh 5). Die beskrywing in die evangelie van Johannes word argeologies bevestig. Ook die beskrywing van die feeste klop met wat ons uit ander bronne weet.
Daarby verskil die sinoptiese evangelies ook onderling van mekaar ten opsigte van sekere detail, wat eerder die betroubaarheid van ’n eie perspektief op gebeure bevestig as om daaraan afbreek te doen. Die evangelie van Johannes het dus ’n unieke beskrywing van die verhaal van Jesus wat in hoofsaak ooreenkom met die hoof momente van Jesus se geboorte, lewe, bediening, lyding, kruisdood, en opstanding – maar ook verskil in ’n hele aantal ander detail sowel as in die interpretasie van die betekenis daarvan.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011 - April 1, 2011
- Die skrywer Johannes - April 20, 2011
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36 - April 21, 2011
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels - April 22, 2011
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon - April 25, 2011
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my - April 26, 2011
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie - April 27, 2011
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11 - April 28, 2011
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde - April 29, 2011
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou - May 2, 2011
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou? - May 3, 2011
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie - May 4, 2011
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50 - May 5, 2011
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien - May 6, 2011
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem - May 9, 2011
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe - May 10, 2011
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra - May 11, 2011
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26 - May 12, 2011
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het - May 13, 2011
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe - May 16, 2011
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie - May 17, 2011
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk - May 18, 2011
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25 - May 19, 2011
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring! - May 20, 2011
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here - May 23, 2011
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg - May 24, 2011
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes - May 25, 2011
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub - November 26, 2012
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie - April 11, 2018
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus - January 18, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019