Die evangelie van Johannes – inleiding

5 boeke/briewe in die NT word aan Johannes toegeskryf: 1 evangelie, 3 briewe en die Openbaring.

Daar is groot onderlinge ooreenkomste in taal, styl en beelde.  Die 3 briewe van Johannes kan bv. die beste verklaar word wanneer dit saam met die evangelie van Johannes gelees word en uit daardie hoek verklaar word. Die Openbaring van Johannes gebruik unieke Johannese beelde: Jesus as die Woord (Logos – Joh 1:1; Open 19:13), die Lam (Joh 1:29, 36; Open 5:6-13 en nog verskeie ander plekke), en die Herder (Joh 10:1; Open 7:17).

Hoewel daar ook verskille is (in die evangelie word die woord amnos en in die Openbaring die woord arnion vir Lam gebruik) maak die ooreenkomste dit waarskynlik dat al 5 boeke/briewe uit die pen van dieselfde skrywer of ten minste redaksie-skool afkomstig is (Du Rand).

View all posts in this series

Johannes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: