Skip to main content

Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels

RUS

  • Ek sit by die venster en uitkyk na ’n grou bewolkte hemel.  Raak bewus van hoe afhanklik ons van God is vir alles wat belangrik is.
  • Bely my afhanklikheid van Hom.

HOOR

  • Ek lees Johannes 13 en die volgende val my op:

Die gedeelte beslaan twee hoofdele:

  • Jesus wat die Paasfees met sy dissipels vier en hulle wys hoe gemeenskap werk deur die voetewas simboliek – 13:1-17, en
  • Judas wat as Jesus se verraaier aangewys word – 13:18-30.
13:1-17: Johannes herinner ons daaraan dat Jesus doelbewus na Jerusalem gekom het vir die kruispad wat vir Hom voorgelê het.  Dit plaas sy lering in hoofstuk 14 – dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is – ook in ’n heel ander lig.  Waar ons Hom volg – as die weg – daar sal ons ook bereid moet wees om sy lydenspad te volg.

Dit is waarom Johannes ook klem lê op die uiterste liefde wat Jesus vir sy mense gehad het.  Dit is waarom Hy bereid is om die lydenspad te kies en te loop.  Maar, hy herinner ons ook daaraan dat Jesus dit kon doen, omdat Hy vas oortuig was dat God in beheer was van alles, en dat Hy die belofte gehad het dat Hy weer sal opstaan en na God toe sal teruggaan.  Dit is ook die kern van ons hoop – dat hierdie Jesus met dié belofte geleef het, die belofte as waar bewys het met sy eie opstanding, en daarom vir ons belofte van die opstandig en die lewe word.

Dit tref my dat Jesus – ten spyte van die feit dat Judas al klaar reëlings vir Jesus se gevangenisneming getref het – steeds vir Judas insluit in die voetewas simboliek.  Petrus maak eers beswaar (in alle ewigheid!) … en as hy begryp waaroor dit gaan, gaan oorboord en wil sommer heeltemal gewas word!

Dan spel Jesus die betekenis van die voetewas uit, iets wat vir alle tye geld.  As Hy ons voete gewas het – bereid was om te dien – dan moet ons dit ook vir mekaar doen – mekaar dien.  Dit is die weg tot ’n gelukkige lewe.

13:18-30: Jesus gebruik dan Ps 41:10 waar van Agitofel se verraad teen Dawid gepraat word (2 Sam 15:12) en maak dit van toepassing op Judas – dat Judas vir Jesus in die rug steek.  Sy dissipels is verward hieroor, waarop Jesus Judas met ’n stukkie brood aanwys as die een waarvan Hy praat.

Die stukkie brood is eintlik ryk aan betekenis, want ’n mens onthou die brood wat vermeerder is om ’n skare kos te gee.  Jy onthou ook die Nagmaalsbrood wat Jesus aan sy dissipels uitgedeel het om deel te hê aan sy liggaam en die verlossing waarvan dit praat. Daardie tekens van brood was tekens van seën en gemeenskap met Christus.

En die gasheer by sulke etes het baie keer – so vertel die historici ons – ’n stukkie brood gegee aan iemand aan die tafel, waarmee hy sy aanvaarding en sy guns betuig het met die persoon.  Hierdie stukkie brood word egter die middel waardeur die verraaier aangewys word, weens die agter-die-skerms gekonkelry van Judas.

Maar let op: dit is wanneer Judas die brood aanvaar – en baie bewus is dat Jesus weet wat hy beplan – dat daar eintlik vir hom geen omdraai meer moontlik is nie.  Hy aanvaar eintlik doelbewus die oordeel oor homself, en soos Johannes dit stel, die duiwel vaar in hom in en hy staan op om sy onheilsdaad te gaan voltrek.  Hy kon op hierdie punt nog tot bekering kom, maar hy weier.

En daarmee wys Jesus dat Hy tot op die einde toe nog vir hom ’n kans gee, wat Judas eintlik weier.  En dit wys ook dat Jesus in beheer is van die bose planne wat Judas hierna sou uitvoer – nie die beheer van die planne te wil fnuik nie, maar die beheer van Homself te onderwerp daaraan.  Die kruisdood is dus ’n doelbewuste vernedering, soos Paulus veel later aan die Filippense sou skryf (Fil 2:5-11).

Dit was nag … soos Johannes dié perikoop betekenisvol afsluit … vir Jesus, en ook vir Judas.

LEEF

  • Dit tref my dat Judas tot op die einde nog kans gehad het om tot inkeer te kom.  Dit tref my ook dat Jesus se beheer nie die een van magsvertoon is nie, maar van doelbewuste onderwerping aan vernedering.
  • Ek eer die Here in gebed – Sy pad bly die inspirasie vir my deur die dik en dun van die lewe.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Johannes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms