Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
RUS
- Die is ’n mooi oggend met so ’n ligte briesie wat stoot.
- Ek loof die Here dat Hy alles onderhou.
HOOR
- Ek lees die verhaal van Jesus se inhegtenisname en verhoor.
- Die volgende aspekte tref my daarin:
Die verhaal van Getsemane tot net voor die kruisiging word in 6 episodes vertel:
- Jesus word gevange geneem– Joh 18:1-11;
- Jesus verskyn voor Annas, die vorige hoëpriester – Joh 18:12-14;
- Petrus verloën Jesus die eerste keer – Joh 18:15-18;
- Annas ondervra Jesus aangaande sy leer – Joh 18:19-24;
- Petrus verloën Jesus nog twee keer – Joh 18:25-27;
- Pilatus verhoor Jesus – Joh 18:28-40.
18:1-11: Let op dat Jesus nie terugdeins vir die inhegtenisneming nie, en Homself identifiseer aan die soldate en wagte. Sy beheer van die situasie blyk ook uit die toegestane versoek dat die dissipels nie ook gevange geneem sal word nie.
Hy kies dus om dié roete van die kruis te volg, en nie met geweld die koninkryk van God te vestig nie. Daarom keer Hy ook vir Petrus toe dié met geweld Hom probeer verdedig. Hy moet die lydensbeker drink – dit is sy opdrag en daaraan wil Hy gehoorsaam wees.
Let ook op hoe beide Judas en Petrus steeds ’n prominente rol speel soos in hoofstuk 13. Judas verraai Jesus, en verwerp daarmee die genade. Petrus verdedig Jesus deur Malgus se oor af te kap, en bevestig nog hier sy verbintenis aan Jesus, al is dit op ’n verkeerde manier.
18:12-14: Jesus verskyn voor Annas, die vorige hoëpriester en skoonpa van die huidige hoëpriester Kajafas. Hy was ’n besondere invloedryke man wat ook 5 seuns gehad het wat almal op ’n stadium hoëpriester was.
18:15-18: Petrus en Johannes (die “ander dissipel”) gaan agter Jesus aan, maar Petrus verloën Jesus dan wanneer die deurwagter diensmeisie hom konfronteer by die vuurtjie.
18:19-24: Dit is waarskynlik steeds Annas wat Jesus ondervra oor sy leer (vgl vers 24). Jesus verwys hom egter net na dié wat sy lering al tevore gehoor het, onder ander natuurlik Nikodemus, en wil niks meer daarby voeg nie. Let op hoe Jesus die onregverdige hou van die wag hanteer – hy slaan nie terug nie, maar vra na die logika daaragter en stel so die onreg daarvan bloot.
18:25-27: Petrus verloën Jesus nog twee keer teenoor mense wat saam met hom hulself warmmaak by die vuurtjie, waarvan die laaste een familie was van Malgus, en in die tuin teenwoordig was met Jesus se inhegtenisneming.
18:28-40: Die verskyning voor Kajafas word nie vertel nie, wel die volgende verskyning voor Pilatus die Romeinse goewerneur van 26-36 nC. Let op hoe skynheilig die Jode optree – hulle gee nie om om iemand ter dood ter veroordeel nie, maar is wel bekommerd dat hulle onrein sal word as hulle die ampswoning sou betree wat dan sou beteken hulle dan nie die paasmaaltyd kon eet en vir 7 dae nie aan die Paasfees kon deelneem nie.
Pilatus vra uit oor die aanklag, soos die wet vereis, maar kry nie baie detail by die Jode nie, net ’n verdediging van hulle optrede. Uit Jesus se skrapse antwoorde kan Pilatus ook nie sin maak nie, hoewel dit vir die ingeligte leser duidelik blyk dat Jesus ’n sinopsis gee van sy bediening, soos Johannes in die proloog (Joh 1:1-14) al bekend gemaak het. Hy praat oor sy koningskap wat nie van hierdie wêreld is nie, van die waarheid waarvan Hy kom getuig het, dat Hy van God af gekom het, en dat almal wat aan die waarheid behoort (onthou Jesus is self die Waarheid!) sal luister na wat Hy sê.
Pilatus vind – soos te verwagte – geen skuld in Jesus nie. Maar, sy oordeel laat hom liederlik in die steek. Hy wil nie moeilikheid van die Jode af hê nie, wat die gramskap van Rome sou kon ontlok, en kies om hulle tevrede te probeer stel, deur hulle ’n keuse tussen Barabbas, ’n bewese misdadiger, en Jesus te gee. Hy meen dat hy ’n uitweg vir homself gekry het uit die dilemma met hierdie troefkaart. Pilatus se keuse boemerang egter lelik deurdat die Jode kies om Barabbas los te laat word en nie Jesus nie. Dit beteken dat die tafel gedek is vir die kruisiging. Die Jode se keuse vir Jesus bevestig egter ook hulle eie misdadigheid.
LEEF
- Watter opeenstapeling van verspilde kanse. Judas verspeel sy kans op inkeer. Die Jode verspeel hul kans om hul Koning te vereer. Pilatus verspeel sy kans om Jesus ’n regverdige verhoor te gee. En in dit alles is Jesus eintlik besig om sy eie keuses uit te oefen. Hy gaan nie die verraaier teë nie. Hy dwing die Jode nie tot verering nie. Hy dwarsboom nie Pilatus se diplomatieke spel nie. Hy gee Homself oor aan die onreg omdat Hy die belofte van God het dat hierdie offer die weg tot lewe vir almal wat in Hom glo, sal word.
- Dankie, Here Jesus, vir hierdie keuse, wat ook ’n keuse vir my was.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011 - Apr 1, 2011
- Die skrywer Johannes - Apr 20, 2011
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36 - Apr 21, 2011
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels - Apr 22, 2011
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon - Apr 25, 2011
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my - Apr 26, 2011
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie - Apr 27, 2011
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11 - Apr 28, 2011
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde - Apr 29, 2011
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou - May 2, 2011
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou? - May 3, 2011
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie - May 4, 2011
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50 - May 5, 2011
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien - May 6, 2011
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem - May 9, 2011
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe - May 10, 2011
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra - May 11, 2011
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26 - May 12, 2011
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het - May 13, 2011
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe - May 16, 2011
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie - May 17, 2011
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk - May 18, 2011
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25 - May 19, 2011
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring! - May 20, 2011
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here - May 23, 2011
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg - May 24, 2011
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes - May 25, 2011
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub - Nov 26, 2012
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie - Apr 11, 2018
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus - Jan 18, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019