Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop

RUS

  • My diepste behoefte is aan God se teenwoordigheid.
  • My gebed is dat die lees van Johannes my in God se teenwoordigheid sal bring.  Ek wil daarin leef.

HOOR

  • Ek lees die gedeelte stil, want alles is stil rondom my – huismense slaap rustig.
  • My nadenke:
Johannes begin nie by Jesus se geboorte nie.  Hy begin ook nie met ’n geslagsregister wat Jesus binne die geskiedenis van die mens en Israel sou plaas nie (anders as Matteus).  Hy begin selfs nie by Jesus se betrokkenheid by die skepping waarvan die Psalms (33:6) en die Pentateug (Gen 1:3) vertel nie (anders as Lukas).  Hy begin by God se tyd, die ewigheid, voordat alles gemaak is, voordat daar selfs iets soos ons tyd was.

Jesus is die Woord (logos[1]) van God, nie net goddelik nie, maar Godself (ook 1 Joh 1:1; Open 19:13)!  Uit Hom is alles gemaak, want Hy was die lewe van alles (Kol 1:16).  En dit skyn soos ’n lig in die duisternis wat ons lewens verlig (Joh 5:26 – vgl Spr 6:23 – “die tôrâ is ’n lig”).

Hierdie lewenslig is die kern van God se manier van kontak maak met ons (Ps 36:10).  Dit is van hierdie lig wat ons getuig, soos ’n Johannes die Doper, sodat mense in God kan glo (vgl ook Joh 20:31, waar Johannes dit as die doel van sy evangelie uitspel).  Hierdie lig is Jesus, die mensgeworde Woord van God.

Let egter op hoe Johannes onmiddellik die realiteit skets van die reaksie van die duisternis op die lig.  Dié mense wat deur Hom tot stand gekom het, het Hom nie erken nie.  Selfs sy eie mense, die Jode, het Hom nie aangeneem nie.

Dié wat Hom dus aanneem, is van meet af aan in stryd met dié wat Hom nie aanneem nie, al het hulle die voorreg van familie-van-God te wees (Joh 3:3) en die ewige lewe (Joh 5:24).  Die vreugde van kindskap word getemper met die wete dat die duisternis die lig verwerp en wil uitdoof, al kry die duisternis dit nie reg nie.

Jesus se menswording word met twee woorde beskrywe wat baie betekenisvol is, Hy het sarks (vlees) geword en eskênôsen (tent opgeslaan – die woord roep ook die tabernakel in die woestyn in herinnering) onder ons.  Dit beteken dat Hy volledig mens geword het, ons sondige vlees aangetrek het, en ’n menslike bestaan aanvaar het.  En let op dat dit iets is wat van hierdie punt af deel van Sy goddelike bestaan geword het.  Dit is nie iets wat Hy ooit weer gaan uittrek nie.  Hy IS nou ook mens.

Die wonder is dat ons nou die heerlikheid van God kan sien in ’n gewone mens.  En ons sien spesifiek sy genade en sy waarheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het.  Sy genade loop oor in die tekens van voorsiening (water in wyn, vermeerdering van brood) en verwondering (loop op water); genesing (siek seun, siek man, en blinde man) en oorwinning (opwekking uit die dood).  Dit nooi ons uit om Hom te vertrou vir ons lewe.  Sy waarheid word ervaar in ’n verhouding met God, iets wat die wet van Moses nooit kon gee nie. Ons kan God in Hom raaksien – iets wat Moses begeer het, maar nooit voluit kon beleef nie (vgl 1 Kor 3).

LEEF

  • Die beskrywing van Jesus se genade en waarheid sluit vir my evangelie van Johannes oop.  Elkeen van die tekens wat Jesus doen, wil my oortuig dat sy genade vir my ook genoeg is; dat ek Hom kan vertrou – dat Hy ook vir my in terme van my behoeftes (letterlik van partytjies – klein en groot – tot genesing op allerlei terreine) kan voorsien.  Maar die toppunt vir my is dat ek deur hierdie evangelie insig kry in die waarheid, die kern van die lewe.  In Jesus is daar lig en lewe, in Jesus is daar ’n verhouding met God te vinde – nêrens anders nie.
  • Daarvoor dank ek God en verbind ek my met my hart en lewe.

[1] Die Griekse woord logos word gebruik vir woorde en gedagtes.  Wanneer dit aan God gekoppel word, dui dit meesal die Woord van God in die prediking (Luk 5:1) of die inhoud van die evangelie, Christus (Hand 8:25), aan. Hier gebruik Johannes logos egter as eienaam vir Christus. Die Grieke sou in hierdie gebruik van die woord iets gehoor het van wat die filosoof Heraklitus van Efese reeds in die 6de eeu vC geskryf het, dat die logos die beginsel is waardeur orde uit chaos geskep word.  Die Jode wat met die Ou Testament bekend was, sou egter onmiddellik aan Genesis 1 gedink het (“laat daar lig wees”), die verwoording van die skepping deur die Psalmdigters (“deur die woord [dabar] van die Here is die hemele gemaak” – Ps 33:6) en die vele kere wat gepraat is van die woord [dabar] van die Here wat tot ‘n profeet gekom het (Jer 1:2).  In die Griekse vertaling van die Ou Testament is die vertaling logos dan ook vir die Hebreeuse woord dabar gebruik.

View all posts in this series

Johannes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

      • Goeie More Chris

        Ek loof en prys die Here vir Sy Groot Genade om deel te wees van die Bybel skool. Die Woord het lewend in my geword.

        Dankie dat jy my deur die Woord kon vat, ek leer elke dag vir Jesus net meer en is so dankbaar vir Sy liefde en genade.

        Mag die seen van die Here oorvloedig oor jou en familie wees. Ek wens julle n nuwe jaar vol hoop en meer wysheid in die Woord deur die openbaring van die Heilige Gees.

        Groete

        Engela

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: