Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem
RUS
- Ek luister na die reën wat daarbuite val en raak bewus van God se grootheid.
HOOR
- Ek lees Johannes 10 en dink na oor die volgende aspekte van die verhaal wat my tref:
10:1-21: Jesus gebruik in vers 1-6 die beeld van die herder om sy eienaarskap, versorging en begeleiding van sy mense te beklemtoon. Die Jode verstaan egter nie wat Hy vir hulle daarmee wil sê nie – waarmee veral die leiers onder hulle, hulle valse herderskap bewys. Hulle ken nie vir God nie en werk nie vanuit ’n verhouding met Hom nie.
In vers 7-18 spel Jesus dit nog dieper uit, deurdat Hy ook die ingang vir die skape is (op soortgelyke wyse is Hy ook die leer na die hemel – Joh 1:51; en die weg na God – Joh 14:6), sowel as die Goeie Herder. Dit beklemtoon dat dit slegs in ’n verhouding met Hom moontlik is om deel van sy kudde te wees – Sy skape ken Sy stem. Vir dié gelowiges wat in Hom glo en Hom begin gehoorsaam, gee Hy lewe in oorvloed. Die ander skape waarvan hier gepraat word, dui op die heidene wat nog in Hom sou glo.
Om dit nog beter te verstaan: ’n skaapkraal het in daardie tyd baie keer verskillende kuddes geakkommodeer, veral wanneer dit nie aan ’n huis vas gebou was nie. ‘n Herder het dus baie tyd met sy skape deurgebring, sodat hulle sy stem kon leer ken. Dit het beteken dat hy hulle dus kon beheer met sy stem – net sy skape het agter hom uit geloop as hy hulle geroep het om uit die kraal te gaan vir weiding.
Dít is die tipe intieme prentjie wat vir ons Jesus se verhouding met ons teken – Hy wil hê elke gelowige moet Sy stem só goed leer ken (Sy Woord), dat Hy letterlik voor kan loop en ons begelei na die lewe en oorvloed wat Hy wil gee. En onthou, dit is met dié stem dat Jesus vir Lasarus uit die graf uit roep en opwek … dit is hoe kragtig Sy stem is!
Maar getrou aan wat Hy reeds met die beeld van die brood wat lewe gee, gesê het, hou Sy herderskap letterlik sy dood in, want Hy lê sy lewe af vir sy skape (Sag 13:7). Let op hoe Hy ook praat van sy lewe weer opneem, soos Sy Vader dit vir Hom moontlik sal maak – waarmee Hy sy eie opstanding uit die dood voorspel.
Die Jode het egter nog meer probleme met hierdie woorde, en dink dat Jesus óf van die duiwel besete is, óf mal – hoewel daar tog ook mense was wat gesê het, sy woorde bewys die teendeel.
10:22-42: Met die fees van die tempelwyding – die herdenking van die verlossing uit Siriese onderdrukking in die 2de eeu vC deur die Makkabeërs – gaan die gesprek voort, hierdie keer oor sy Messiaanse (=Christus) karakter, al dan nie. Weereens beklemtoon Jesus dat ’n mens sy Messiasskap net kan begryp, as jy in Hom glo, in in verhouding met Hom lewe – dws een van sy skape sou wees. En dit is die ongelowiges Jode nie. Daarom kan selfs die dade wat Jesus doen, wat bewys dat Hy God is, hulle nie oortuig nie.
Tussendeur verseker Hy dié wat wel in Hom glo dat dit vir hulle die ewige lewe beteken en dat niemand hulle uit Sy hand sal kan ruk nie. Dit is die enigste ware basis van sekerheid in hierdie lewe – dat God jou vashou. En Hy bevestig sy goddelikheid deur weer van Sy eenheid met Sy Vader te praat.
Die ongelowige Jode wil Hom egter stenig, selfs al kan Hy uit die einste wet waarop hulle soveel peil trek, bewys dat wat Hy sê waar is – immers, as die OT die benaming “gode” op mense van toepassing kan maak (Ps 82:6), hoeveel te meer kan dit nie op Jesus wat van God af kom, van toepassing gemaak word nie. En sy dade bevestig dit ook nog!
Tog lei dit steeds nie tot geloof by die Jode nie, waarvan die meeste waarskynlik deel van die leierskap was. Gewone Jode het steeds na Jesus gestroom, selfs toe Hy weer by die Jordaan, in die landstreek Perea, vir ’n tyd gaan bly het, maar die leiers het Sy dood beplan.
LEEF
- Dit tref my dat van die mooiste gedeeltes in die Bybel midde in strydgesprekke opgeteken is. Dit is terwyl die Jode net nie so ver kan kom om in Jesus te glo nie, dat Jesus ’n verhouding met Hom praat, en van Sy Goeie Herderskap praat, iets wat ook vir my bedoel is. En die hoofdoel van my lewe moet wees om Sy Stem só goed te leer ken, dat ek dit kan volg “ at a moment’s notice”. Niks is belangriker as dit nie.
- Ek loof die Here dat ek in ’n verhouding met Hom kan lewe en dat Hy ook vir my die Goeie Herder is. En ek verbind my opnuut om na Sy Stem te luister.
[1] Die fees van die tempelwyding het die Makkabeër-opstand in herinnering geroep. Hulle het Jerusalem bevry na ’n driejaar lange oorlog en die beeld van Zeus (Jupiter in Latyn) wat deur die Siriese koning Antiogos IV Epifanes (Daniël 7-12) in 168 vC in die tempel geplaas is, verwyder. Só het hulle die Joodse staat weer gevorm en die tempel se godsdienstige rol weer herstel. Die geskiedenis daarvan is opgeteken in die twee Makkabeër boeke wat in die Rooms-Katolieke OT verskyn, hoewel die Jode self dié twee boeke nie in die Hebreeuse kanon ingesluit het nie. Ons volg die Hebreeuse tradisie en nie die Rooms-Katolieke een nie.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011 - April 1, 2011
- Die skrywer Johannes - April 20, 2011
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36 - April 21, 2011
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels - April 22, 2011
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon - April 25, 2011
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my - April 26, 2011
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie - April 27, 2011
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11 - April 28, 2011
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde - April 29, 2011
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou - May 2, 2011
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou? - May 3, 2011
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie - May 4, 2011
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50 - May 5, 2011
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien - May 6, 2011
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem - May 9, 2011
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe - May 10, 2011
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra - May 11, 2011
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26 - May 12, 2011
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het - May 13, 2011
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe - May 16, 2011
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie - May 17, 2011
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk - May 18, 2011
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25 - May 19, 2011
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring! - May 20, 2011
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here - May 23, 2011
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg - May 24, 2011
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes - May 25, 2011
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub - November 26, 2012
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie - April 11, 2018
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus - January 18, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019