Skip to main content

Die eiename JHWH en Jesus

Iemand het ‘n vraag gevra oor die eiename JHWH en Jesus, waarop ek as volg geantwoord het:

Vertaling is ‘n kuns, want ‘n mens werk met dooie tale wat nie vandag meer lewende gebruikers het, vir wie jy kan gaan vra as jy twyfel nie.

JHWH

So ver my kennis strek, werk dit as volg:

  • In die Hebreeuse Bybel was daar aanvanklik net konsonante gebruik. Dit is hoe Jesus die Bybel geken het.
  • Die Eienaam vir God was weergegee met die volgende letters: JHWH (‘n mens noem dié weergawe met letters uit ons alfabet: getranskribeer).
  • Die naam kom die eerste keer voor in Eks 3:14-15.
  • God sê daar in vers 14 vir Moses: “Ek is (het jou gestuur)”.
  • In Hebreeus word dit met konsonante as volg getranskribeer: ‘HJH.
  • En in vers 15 gee God dan sy Eienaam as JHWH.
  • Die Jode wou egter nie dié naam uitspreek nie, omdat hulle bang was hulle gebruik Sy naam ydelik.
  • Daarom het hulle die naam Adonai gebruik as hulle die Bybel hardop gelees het, wat My Here/My Baas beteken (Adon = Here/Baas).
  • Toe die Joodse Masorete begin het om klinkers in te sit by die konsonante (tussen 6de en 10de eeu nC!), het hulle dus die JHWH gevokaliseer met die klinkers van Adonai (die i van dié woord is ‘n konsonant wat die vorige klinker a verleng, en wat “my” beteken).
  • Volgens die Hebreeuse taalreëls het dit gelei dat die woord JHWH dus as JEHOVAH uitgespreek is, en dit het dus die betekenis Here gekry het.
  • Die regte klinkers is tot vandag toe nie bekend nie, maar die waarskynlikste is Jahweh.
  • As ‘n mens Eks 3:14 as vertrekpunt neem, beteken die eienaam JHWH iets soos HY IS.
  • So, selfs die woord Here is eintlik ‘n geleende woord.  Dit beteken dat God se naam waarskynlik HY IS is, die Een wat teenwoordig is, die Een wat bestaan, die Een wat daar is (ens.).  Sy IS-heid defineer Sy wese.
  • Dit gee ‘n interessante perspektief op Jesus se EK IS uitsprake in die Johannes evangelie, waarmee Hy sy goddelikheid in geen onseker terme verklaar nie.

So, dit maak nie regtig saak of ‘n mens die woord vandag as Here of Jahwe sou vertaal nie, want die een werk nog met die Jehovah-Here interpretasie, en die ander werk met ‘n laat interpretasie van wat die klinkers sou wees.  Dit sou moontlik meer korrek wees om die Eienaam net met die konsonante JHWH voor te stel – dws presies soos dit aanvanklik in die Hebreeuse Bybel geskryf is.

Jesus

Die woord Iēsoûs (getranskribeer) is die Griekse vertaling van die Hebreeuse woord Jeshua (getranskribeer).  Omdat die NT in Grieks geskryf is, het ons die Griekse naam oorgeneem en as Jesus vertaal.  As ons met die Hebreeuse woord sou werk, sou ons dit waarskynlik met Josua weergee, want dit is hoe die woord Jeshua in Hebreeus in die OT vertaal is.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

JHWH


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlDankie! Waardeer.
  • originalblizzard19aaa84c56 on DaniëlDankie Chris, jou uiteensetting is baie goed en help om die tye waarin ons leef beter te hanteer. Volharding en gebed.
  • Chris van Wyk on DaniëlEk is bly die pennie het vir jou gedrop. Dit is só 'n kosbare boek.
  • originalblizzard19aaa84c56 on DaniëlChris, dankie vir jou studie leiding. Ek het, of die Here se redding vir my het gekom in Mei 1973. Baie geleer uit die Heilige Skrif, maar Daniël vermy, behalwe die maklike begin dele. Vir die eerste keer maak Daniel 8 ev baie sin met jou studiegids. Baie, baie dankie. Dolf
  • Marinda Hattingh on Openbaring 21Dankie vir die verduideliking.
  • Chris van Wyk on Openbaring 21Nee, dit is ook nie wat die teks sê nie. Dit gaan oor mense wat towerspreuke en dwelms gebruik om met geeste kontak te maak en nie dit aflê en tot bekering kom nie.
  • Chris van Wyk on Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leefEk hoop jy geniet dit, Elsie.
  • Marinda Hattingh on Openbaring 21Sekerlik kan die afleiding tog nie gemaak word dat dwelmverslaafdes nie hemel toe gaan nie?!
  • Elsie on Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leefDankie sien uit na die saamreis om te lees, te leer en te leef
  • Chris van Wyk on Openbaring 22My voorreg.
  • Doreen Snyders on Openbaring 22Net om baie baie dankie te sê vir die wonderlike voorreg om elke dag se reis mee te maak . Dit is só insiggewend en besonders. Ek besef dit verg baie tyd en toewyding en waardeer dit opreg . Sien uit na die volgende aflewerings. Met dank. Doreen Snyders.
  • Chris van Wyk on Openbaring 22Ek is dankbaar.
  • Chris van Wyk on Openbaring 22My vreugde.
  • Albertus Van Schalkwyk on Openbaring 22Dankie Chris, ek het teen die einde van die Ou Testament eers ingeval, maar dit was (is) voorwaar sielsvereikend en het die Woord soos nooit tevore vir my oopgemaak. Bybel lees in die konteks van die tydlyn om die Drie-enige God waarlik te leer ken. Weer dankie!
  • runawayjoyous2427b27b07 on Openbaring 22Dankie Dr. Chris, vir die voorreg om saam met jou en ander gelowiges deur die Woord van God te stap. Ek het redelik laat (by Handelinge) van Bybelskool gehoor, en het begin om dit saans en soggens te lees. Ek leer so baie. Erna.