Die eiename JHWH en Jesus

Iemand het ‘n vraag gevra oor die eiename JHWH en Jesus, waarop ek as volg geantwoord het:

Vertaling is ‘n kuns, want ‘n mens werk met dooie tale wat nie vandag meer lewende gebruikers het, vir wie jy kan gaan vra as jy twyfel nie.

JHWH

So ver my kennis strek, werk dit as volg:

  • In die Hebreeuse Bybel was daar aanvanklik net konsonante gebruik. Dit is hoe Jesus die Bybel geken het.
  • Die Eienaam vir God was weergegee met die volgende letters: JHWH (‘n mens noem dié weergawe met letters uit ons alfabet: getranskribeer).
  • Die naam kom die eerste keer voor in Eks 3:14-15.
  • God sê daar in vers 14 vir Moses: “Ek is (het jou gestuur)”.
  • In Hebreeus word dit met konsonante as volg getranskribeer: ‘HJH.
  • En in vers 15 gee God dan sy Eienaam as JHWH.
  • Die Jode wou egter nie dié naam uitspreek nie, omdat hulle bang was hulle gebruik Sy naam ydelik.
  • Daarom het hulle die naam Adonai gebruik as hulle die Bybel hardop gelees het, wat My Here/My Baas beteken (Adon = Here/Baas).
  • Toe die Joodse Masorete begin het om klinkers in te sit by die konsonante (tussen 6de en 10de eeu nC!), het hulle dus die JHWH gevokaliseer met die klinkers van Adonai (die i van dié woord is ‘n konsonant wat die vorige klinker a verleng, en wat “my” beteken).
  • Volgens die Hebreeuse taalreëls het dit gelei dat die woord JHWH dus as JEHOVAH uitgespreek is, en dit het dus die betekenis Here gekry het.
  • Die regte klinkers is tot vandag toe nie bekend nie, maar die waarskynlikste is Jahweh.
  • As ‘n mens Eks 3:14 as vertrekpunt neem, beteken die eienaam JHWH iets soos HY IS.
  • So, selfs die woord Here is eintlik ‘n geleende woord.  Dit beteken dat God se naam waarskynlik HY IS is, die Een wat teenwoordig is, die Een wat bestaan, die Een wat daar is (ens.).  Sy IS-heid defineer Sy wese.
  • Dit gee ‘n interessante perspektief op Jesus se EK IS uitsprake in die Johannes evangelie, waarmee Hy sy goddelikheid in geen onseker terme verklaar nie.

So, dit maak nie regtig saak of ‘n mens die woord vandag as Here of Jahwe sou vertaal nie, want die een werk nog met die Jehovah-Here interpretasie, en die ander werk met ‘n laat interpretasie van wat die klinkers sou wees.  Dit sou moontlik meer korrek wees om die Eienaam net met die konsonante JHWH voor te stel – dws presies soos dit aanvanklik in die Hebreeuse Bybel geskryf is.

Jesus

Die woord Iēsoûs (getranskribeer) is die Griekse vertaling van die Hebreeuse woord Jeshua (getranskribeer).  Omdat die NT in Grieks geskryf is, het ons die Griekse naam oorgeneem en as Jesus vertaal.  As ons met die Hebreeuse woord sou werk, sou ons dit waarskynlik met Josua weergee, want dit is hoe die woord Jeshua in Hebreeus in die OT vertaal is.

View all posts in this series

JHWH


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: