Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie

RUS

  • Ek raak stil voor die Here en wy my aan Hom toe.

HOOR

  • Ek lees Johannes 16.  Die volgende aspekte tref my:
Die hoofstuk val in vier dele uiteen: 

  • In aansluiting by die vorige waarskuwing dat die wêreld hulle sal haat, moedig Jesus hulle aan om nie afvallig te raak weens vervolging nie – 16:1-4;
  • Jesus belowe dat die Heilige Gees sal kom wat die gelowiges in die volle waarheid sal lei – 16:5-15;
  • Jesus gebruik beeldspraak om sy opstanding na ’n “klein rukkie” te voorspel wat tot groot blydskap vir hulle sal lei asook vrymoedigheid in gebed – 16:16-24;
  • Jesus moedig hulle weereens aan om moed te hou, want Hy het die wêreld klaar oorwin en hulle sal die vrug daarvan geniet – 16:25-33.

16:1-4: Dit tref my hoe pertinent Jesus die dissipels waarsku om nie afvallig van Hom te raak nie.  Om Jesus te volg, is nooit eenvoudig nie.  Daarvoor sal daar altyd te veel teenstand wees teen die ware gelowiges wat aan Jesus getrou wil bly.  En in die dissipels se geval sal die teenstand kom van die Joodse leiers (ban uit die sinagoges) en die Romeinse ryk (vervolging het amper 4 eeue voortgeduur).

16:5-15: Jesus praat hier oor Sy hemelvaart wat die voordeel het dat Hy die Heilige Gees dan kan stuur.  Die Heilige Gees se funksie sal wees om aan die een kant die sondigheid van die wêreld aan te toon, sowel as die oordeel van die duiwel (negatiewe funksie) en daarteenoor aan die ander kant dat die reg aan Jesus se kant is (positiewe funksie).

Let op dat die Gees nie net ’n interne private funksie in die gelowiges het nie, maar ook ’n publieke funksie.  Maar Hy lei ook elke gelowiges in die volle waarheid deurdat alles wat Jesus vir die gelowiges verwerf het, deur die Gees aan hulle gegee sal word.

16:16-24: In ’n stuk beeldspraak praat Jesus dan van sy opstanding na ’n “klein rukkie” wat die dissipels egter nie mooi begryp nie.  Dan brei Jesus verder daarop uit en praat van hulle hartseer oor sy dood, wat egter net die geboorte van die nuwe koninkryk sal wees.  Hulle droefheid sal in blydskap verander.  En dié blydskap sal hulle ’n nuwe vrymoedigheid gee in hulle gebede.  In Jesus se naam sal God hulle gebede verhoor.

16:25-33: Jesus los dan die beeldspraak en praat reguit oor sy aanvanklike koms van die Vader af en sy komende terugkeer na Hom toe.  Let op hoe dit hulle in geloof laat reageer – hoewel hulle steeds nie standvastig kon wees in die Lydenstyd wat binnekort in Getsemane sou verdiep (daarvoor het hulle die inwoning van die Gees nodig gehad), soos Jesus inderdaad weer voorspel.

LEEF

  • Dit is so wonderlik dat Jesus van die dissipels se oorwinning praat terwyl Hy weet dat hulle binne ’n paar uur liederlik sal faal.  Enigiets goeds wat in my lewe gebeur (of wat ek dink ek reggekry het), kom uiteindelik en in die laaste instansie van die Here af.
  • Ek loof die Here vir Sy Gees wat in my woon en my in die oorwinning van Jesus laat deel.
View all posts in this series

Heilige Gees, Johannes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: