Numeri 30 – Hou jou aan alles wat jy beloof

Ná die voorskrifte vir die kalenders vir die vyf offers en vyf feeste fokus Moses die aandag van die leiers op die betroubaarheid van elke lid van die volk se beloftes aan die Here, hetsy deur ’n gelofte te doen of ’n verpligting op te neem deur eedswering.  Jou woord is jou eer.  Dit is die basiese beginsel.  Jy moet doen wat jy beloof.  Jy mag nie jou eie woord verbreek nie, selfs al is dit onnadenkend gemaak. Jy moet jou aan alles hou wat jy beloof het.

Dit geld almal in die volk, mans en vroue.  Ook in die geval van weduwees en geskeides.  Die enigste uitsondering is ‘n jong vrou wat nog in haar ouerhuis is asook ‘n getroude vrou.  Die jong vrou se pa het ‘n vetoreg gehad, maar as hy dit nie uitgeoefen het nie, was haar woord ook steeds haar eer.  Dieselfde het ‘n getroude vrou gegeld.  Haar man het ‘n vetoreg gehad, maar moes dit onmiddellik uitoefen, anders was haar woord ook steeds haar eer en moes sy doen wat sy beloof het.

Moses sal weer hierop terugkom in sy laaste toesprake aan die volk.  Die feit dat geloftes aan die Here vrywillig gemaak is, het jou nie gevrywaar van die verbintenis aan die Here nie.  Trouens, dit is juis omdat dit vrywillig gemaak is, wat die Here van jou kon verwag om dit na te kom, soos Hy inderdaad ook sy beloftes aan ons vrywillig gemaak het, en ons ook van Hom kan verwag dat Hy sy beloftes sal nakom (Deut. 23:22-24).

Onthou ook dat geloftes aan die seën van die Here verbind was soos ons in Numeri 6 gelees het: Numeri 6 – Die impak van geloftes aan en die seën van die Here.

Boodskap

Geloftes het ‘n belangrike rol gespeel in die spiritualiteit van Israel. Ons lees daarvan by Jakob (Gen. 28:20-22), Jefta (Rigt. 11:30-31), Hanna (1 Sam. 1:11), Saul (1 Sam. 14:24), Dawid (Ps. 132:2), en Lemuel se ma (Spr. 31:2).  Ook Paulus het geloftes gemaak en selfs vir ander s’n betaal (Hand. 18:18; 21:23).

Indien ons hierdie manier van doen wil navolg, kan ons gerus die woorde van die Prediker in gedagte hou: “Moenie te gou praat nie, moenie oorhaastig ’n belofte aan God maak nie, want Hy is in die hemel en jy op die aarde.  Laat jou woorde daarom min wees.  2Baie doenigheid bring drome, baie praat lei tot onverstandige woorde.  3As jy aan God ’n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie. Hy hou nie van ligsinnige mense nie. Wat jy beloof het, moet jy betaal. 4Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. 5Moenie dat jou mond jou laat sondig sodat jy vir ’n priester moet sê: ‘Ek het my vergis’ nie. Waarom sal jy God laat kwaad word oor wat jy gesê het en Hom jou handewerk laat vernietig? 6Daar is baie drome, baie wat tot niks kom nie, ook baie woorde. Maar dien jy vir God!” (Pred. 5:1-6).

View all posts in this series

Numeri


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: