Numeri 19 – God voorsien reinigingswater sodat hulle met Hom in gemeenskap kan lewe

Die Here gee in hierdie hoofstuk vir Moses en Aäron opdrag om die riglyne rondom die sondoffer (Levitikus 4:1-5:13 – Die sondeoffer as reiniging en vergifnis van konkrete sondes) uit te brei.  Dit moes die problematiek van ‘n al hoe groter voorkoms van onreinheid die hoof bied, omdat daar so ‘n groot klomp mense weens hulle verset teen God en sy leiers dood is.  Enige kontak met die dood het jou immers onrein gemaak, sodat jy nie die Here by die Tabernakel kon dien nie.  Selfs die tente van die families waarin iemand dood is, het onrein geword, sowel as almal wat in aanraking met lyke gekom het.

Polariteit van lewe of dood

Jy kan jou geheue verfris om net weer te lees wat ek oor heiligheid en reinheid geskrywe het in my bydrae daaroor by Levitikus: “Wees heilig, want Ek is heilig”.  Dit help om oor rein en onrein te dink as ‘n polariteit van lewe of dood.  Dit wat lewe gegee en bevorder het, was rein.  Dit wat die lewe bedreig en die dood gebring het, was onrein.  Daarom het die aanraking van ‘n lyk of ‘n dooie dier jou onrein gemaak.  Soortgelyk een of ander velsiekte of gebrek.  Wanneer daar egter genesing ingetree het óf jy deur ‘n proses van reiniging gegaan het, is jy weer rein verklaar.

Israel het ‘n groter behoefte aan reiniging gehad weens die groot kontak met die dood

Die groot hoeveelheid mense wat in hierdie tyd dood is, het tot gevolg gehad dat baie mense nie offers kon bring nie en ook nie die Here by die Tabernakel kon aanbid nie, weens hulle kontak met die dood.  Daar moes dus ekstra reinigingsmaatreëls geskep word, sodat die geloofsgemeenskap kon voortgaan om deel te neem aan die normale geloofsaktiwiteite en veral die offers en liturgie by die Tabernakel.

Reinigingswater het hulle gemeenskap met God herstel

‘n Spesiale sondoffer is dus gebring, ‘n rooi koei (waarskynlik ‘n vers) wat buite die kamp verbrand is, saam met sederhout, hisop en bloedrooi wolstof, waarvan die as gebêre en in reinigingswater gebruik is.  Dit ritueel het behels dat ‘n rein persoon van die as geneem en in ‘n pot gesit het, vars water daaroor gegooi, en daarna die reinigingswater op die onrein persone gesprinkel het op die derde en sewende dag van die tyd van hulle onreinheid, waarna hulle weer rein sou wees.

Die feit dat die koei ‘n rooi kleur (waarskynlik bruin-rooi) moes hê, sou die volk herinner aan die bloed van die versoening deur die offerkultus en die priesterlike bediening, soos dit ook die geval was met binneste bedekking van die Tabernakel van rooi gekleurde ramsvelle (Eks. 26).

Ook Jesaja verbind eeue later versoening aan die rooi van sonde wat wit word deur die Here se genade: “Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu.  Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.” (Jes. 1:18).

Boodskap

Weereens is hierdie reinigingsritueel ‘n skadubeeld van die werklikheid van die Here Jesus Christus wat nie net ons uiterlike reinig nie, maar ons binnekant, ons gewete.  Soos die Hebreërskrywer skrywe: “Maar Christus het gekom as Hoëpriester van die weldade wat nou verwesenlik is. Hy dien in die verbondstent wat groter en volmaakter is en nie deur mense gemaak is nie, dit wil sê wat nie tot hierdie wêreld behoort nie. Met sy eie bloed en nie met dié van bokke en kalwers nie, het Hy net een maal die heiligdom binnegegaan en ’n ewige verlossing tot stand gebring.

Hy vergelyk dan spesifiek hierdie reinigingsritueel van Numeri 19 met die veel beter reiniging wat die Here Jesus bring vir gelowiges: “Wanneer die bloed van bokke en bulle en die as van ’n vers op die onreines gesprinkel word, maak dit hulle uiterlik rein. Hoeveel te meer sal die bloed van Christus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien! Hiervoor het Christus immers Homself as volkome offer deur die ewige Gees aan God geoffer.” (Hebr. 9:11-14).

Die doop is natuurlik by uitstek die sakrament in die NT wat ons van ons sonde red en reinig en die gemeenskap met God herstel, vir ewig.  Petrus noem daarom die doop nie net: “’n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ’n bede tot God om ’n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus.” (1 Pet. 3:21b).

Oordink vandag die wonder van nie net die vergifnis van die Here nie, maar ook die reiniging wat Hy bring van die sonde, dit waaraan die doop jou ook herinner.  Soos Johannes sê: “Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Joh. 1:9).

View all posts in this series

Numeri


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: