Skip to main content

Bybelskool oor Numeri

Die Bybelskool hervat 24 Julie 2017 met die boek Numeri.  Die boek is ‘n reisverhaal van twee generasies.  Die eerste generasie verbeur die land weens hulle gebrek aan vertroue op God se belofte.  Dit kos hulle veertig jaar in die woestyn.  Die tweede generasie leer wat gehoorsaamheid behels en kom op die grens van die land aan gereed om in te trek.  Hulle ervaringe is steeds konkrete voorbeelde vir ons eie geestelike reisverhaal soos die NT aan ons voorhou.

Skryf in by bybelskool.com/subscribe.  Dit is gratis.  Die eerste byeenkoms in die gemeente Somerstrand is 2 Augustus 18:00-19:00.  Verdiep jou geloof met hierdie leesprogram.  Dit sal sewe weke duur.

Inleiding – ‘n reisverhaal

Numeri vertel die verhaal van Israel se veelbewoë veertig jaar trek deur die woestyn tot by die vlaktes van Moab vanwaar die Intog in Kanaän plaasgevind het.  Die verhale van hulle wel en weë word telkens op betekenisvolle wyse aangevul deur verdere voorskrifte vir hulle reis en die uiteindelike Intog in die land, sowel as met twee sensuslyste wat die militêre, sosiale en geestelike ordes van die volk vaslê.

Die Griekse titel van die boek Arithmoi is afgelei van die Hebreeuse woord Syfers na aanleiding van dié twee sensuslyste.  Die naam Numeri kom van die Latyn daarvoor.  Die Hebreeuse titel van die boek is gepas: “ In die woestyn” (בְּמִדְבַּר).

‘n Reisverhaal

Die boek is saamgestel rondom twee dele van hierdie reisverhaal.

  • Die eerste deel (hfst. 1-14) vertel die verhaal van die trek van die eerste generasie van die volk van Sinai tot by die oostekant van die beloofde land. Dit eindig met die gebrek aan vertroue in God om die land in te neem en is die begin van die gevolglike verdere dekades lange omswerwinge in die woestyn.
  • Die tweede deel (hfst. 15-36) fokus op kwessies van leierskap en priesterskap, met die gepaardgaande voorskrifte, ‘n aantal oorwinnings in die woestyn en eindig met die aankoms van die tweede generasie van die volk in Moab, oos van die Jordaan, gereed om die beloofde land in te neem.

Continue reading

Indeling – twee generasies

Die boek kan ingedeel word volgens die verhale van die twee generasies wat telkens die fokus van die twee dele van die boek vorm:

  1. Die verhaal van die eerste generasie se mislukte Intog

Die eerste deel (hfst. 1-14) vertel die verhaal van die eerste generasie van die volk se trek van Sinai tot by die oostekant van die beloofde land.  Dit eindig met hulle gebrek aan vertroue in God om die land in te neem en is daarom ook die begin van die gevolglike verdere omswerwinge in die woestyn terwyl die fokus skuif na die volgende generasie.  Dit sluit die volgende temas in:

Continue reading

Ekskursie – geweld in die OT

Die boek Numeri begin al hoe meer verhale van geweld vertel.  Ons sien dit alreeds in beginsel in die sensus van Numeri 1-2 waar die eerste generasie in leërafdelings opgestel word.  Hulle word ook mettertyd ingespan in oorloë teen die Kanaäniete (Num. 21:1-3), die Amoriete (Num. 21:21-32), en koning Og van Basan, soos dit in die “Boek van die Oorloë” van die Here beskrywe is (Num. 21:14).

Dieselfde geld die sensus van mans uit die tweede generasie wat vir militêre diens geskik is in Numeri 26.  Hulle word ook redelik gou ingespan in ‘n wraakoorlog teen die Midianiete (Num. 31).  Al twaalf stamme word ook ingespan in die beplanning vir die gewapende stryd van die Intog wat in Josua vertel word, selfs al het sommige stamme reeds grondgebied oos van die Jordaan beset (Num. 32).

In Josua en Rigters sal dié verhale van geweld natuurlik nog ‘n groter rol speel in die wel en weë van die volk van God.

Dit is nie maklik, veral uit ‘n moderne hoek gesien, om dié rol van geweld in die voorsiening van die Here te verstaan nie.  Trouens, al die prentjies van God waarin Hy by geweld betrek word en selfs geweld beoefen, is vir baie gelowiges problematies, veral gesien vanuit die openbaring van die Here Jesus as die Dienskneg wat Homself tot in die kruisdood toe aan ons geoffer het.

Hoe kan ’n God van liefde opdrag gee dat ’n nasie soos die Midianiete op gewelddadige wyse uitgewis word?  Hoe kan ’n God van oorvloed toelaat dat Hy as ’n God van oorlog geteken word?

Regdeur die eeue het gelowiges en teoloë hiermee geworstel.  Daar was drie hoof maniere waarop sin van dié ontstellende idees oor God gemaak is; verwerping, versagting en versoening.

Continue reading

Ekskursie – Numeri in die NT

Die boek Numeri en verwysings daaruit word op drie maniere in die NT gebruik, as agtergrond vir die boodskap, as oorhoofse metafoor vir die geloofsreis en as konkrete voorbeelde vir die geestelike lewe.

Agtergrond vir die NT boodskap

Daar is in die eerste plek verwysings na gebeure of beskrywings uit Numeri wat die agtergrond verskaf vir die boodskap van die NT.  ‘n Mens kry bv.:

  1. ‘n verwysing na die priesterlike voorskrifte uit Numeri 28:9-10 vir die bevestiging van Jesus se lering oor die Sabbat (Matt. 12:5),
  2. ‘n verwysing na die Paaslam se bene wat nie gebreek is nie uit Numeri 9:12 as bevestiging vir die gebeure rondom Jesus se kruisdood (Joh. 19:36; vgl. ook Eks. 12:46; Ps. 34:20),
  3. ‘n verwysing na die woestyngebeure in die toespraak van Stefanus as veroordeling van die Joodse leiers (Hand. 7:36, 39, 45), sowel as
  4. die verbintenis van die Aäronitiese seën uit Numeri 6:24-26 aan die wederkoms en nuwe hemel en aarde: “die Here God sal hulle verlig” (Openb. 22:5).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda