Indeling – twee generasies
Die boek kan ingedeel word volgens die verhale van die twee generasies wat telkens die fokus van die twee dele van die boek vorm:
- Die verhaal van die eerste generasie se mislukte Intog
Die eerste deel (hfst. 1-14) vertel die verhaal van die eerste generasie van die volk se trek van Sinai tot by die oostekant van die beloofde land. Dit eindig met hulle gebrek aan vertroue in God om die land in te neem en is daarom ook die begin van die gevolglike verdere omswerwinge in die woestyn terwyl die fokus skuif na die volgende generasie. Dit sluit die volgende temas in:
- Ingedeel as ‘n militêre gemeenskap – hfst. 1
- Ingedeel as ‘n familie gemeenskap – hfst. 2
- Die Levitiese gemeenskap – hfst. 3
- Die ampspligte van die onderskeie Levitiese groepe – hfst. 4
- Die reinheid van die geloofsgemeenskap – hfst. 5
- Die voorskrifte vir die Nasireërs – hfst. 6
- Die voorsiening vir die Levitiese werk – hfst. 7
- Die reiniging van die Leviete – hfst. 8
- Die viering van die tweede Paasfees – hfst. 9
- Die reis deur die woestyn – hfst. 10
- Die rebellie van die volk by Tabera en Kibrot-Taäwa – hfst. 11
- Die rebellie van Mirjam en Aäron teen Moses – hfst. 12
- Die verkenning van die land – hfst. 13
- Die rebellie van die volk en die nederlaag by Gorma – hfst. 14
- Die verhaal van die tweede generasie se voorbereiding vir die Intog
Die tweede deel (hfst. 15-36) vertel die verhaal veral van die tweede generasie van die volk se voorbereiding vir beide die vier dekades lange trek deur die woestyn wat eindig met die aankoms van die volk in Moab, oos van die Jordaan, en die voorbereiding om die beloofde land in te neem. Dit fokus daarom op belangrike kwessies van leierskap en priesterskap, met die gepaardgaande voorskrifte. Daar is ook ‘n aantal oorwinnings in die woestyn wat deel van hulle voorbereiding vir die Intog is. Dit sluit die volgende temas in:
- Godsdienstige voorskrifte vir die toekoms in die land – hfst. 15
- Die rebellie van Korag, Datan en Abiram – hfst. 16
- God bevestig sy keuse van Aäron – hfst. 17
- Die ampspligte van en voorsiening vir die priesters en Leviete – hfst. 18
- Die reinigingswater vir onreines – hfst. 19
- Moses en Aäron se sonde met die water uit die rots – hfst. 20
- Die verlossing deur die koperslang – hfst. 21
- Balak span Bileam in teen die Israeliete – hfst. 22
- Bileam se eerste twee uitsprake – hfst. 23:1-26
- Bileam se laaste twee uitsprake – hfst. 23:27-24:25
- Afgodsdiens en onsedelikheid by Sittim – hfst. 25
- Ingedeel as ‘n militêre familie gemeenskap met die oog op die Intog – hfst. 26
- God kies Josua as leier van die Intog – hfst. 27
- Die normale daaglikse, weeklikse en maandelikse offers – hfst. 28:1-15
- Die buitengewone offers vir die vyf verskillende feeste – hfst. 28:16-29:46
- Die voorskrifte oor geloftes binne die familie – hfst. 30
- Die wraakoorlog op die Midianiete – hfst. 31
- Die ooreenkoms met Ruben en Gad oos van die Jordaan – hfst. 32
- Die opsomming van die reis deur die woestyn – hfst. 33
- Die riglyne vir grense in die land – hfst. 34
- Die stede vir die Leviete en vir asiel soekers – hfst. 35
- Die finalisering van die erfreg van vroue – hfst. 36
Dit is daarom geen wonder nie dat Moses in Deuteronomium terugverwys na hierdie veelbewoë verhaal van die woestyn deur op talle plekke na die gebeure van Numeri te verwys. Wanneer ons later Deuteronomium sal lees, sal Numeri ‘n belangrike agtergrond gee (soos Eksodus en Levitikus natuurlik ook sal doen) in terme van die verhale en voorskrifte.
Hier is ‘n lysie van die belangrikste verwysings na Numeri in Deuteronomium:
- Mirjam se melaatsheid – vgl. Num. 12 met Deut. 24:9;
- Die mislukte eerste Intog in Kanaän – vgl. Num. 13-14 met Deut. 1:19-46;
- Die trek deur die woestyn – vgl. Num. 20:14-21:20 met Deut. 2:1-25;
- Die inname van die streek oos van die Jordaan – vgl. Num. 21:21-35 met Deut. 2:26-3:10;
- Die verhaal van Bileam – vgl. Num. 22-24 met Deut. 23:4-5;
- Die voorsiening vir die priesters – vgl. Num. 18 met Deut. 18:2;
- Die gebeure by die Meribawaters by Kades – vgl. Num. 20:12 met Deut. 32:51-52;
- Die voorskrifte oor geloftes – vgl. Num. 30 met Deut. 23:21-23;
- Die asielstede – vgl. Num. 35:9-34 met Deut. 19:1-13;
- Die oorlog teen die Midianiete – vgl. Num. 13-14 met Deut. 3:12-29.
Dit beteken ook dat alles wat in Numeri beskryf is, vóór die toesprake van Moses in Deuteronomium plaasgevind het. Trouens, Numeri vorm ‘n noodsaaklike agtergrond vir Moses se toespraak. Daarsonder sou wat hy sê min sin maak.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Numeri - July 20, 2017
- Inleiding – ‘n reisverhaal - July 24, 2017
- Indeling – twee generasies - July 25, 2017
- Ekskursie – geweld in die OT - July 26, 2017
- Ekskursie – Numeri in die NT - July 27, 2017
- Numeri 1-2 – Elkeen kry sy plek in die kamp - July 28, 2017
- Numeri 3-4 – Elke Leviet kry ‘n taak en verantwoordelikheid - July 31, 2017
- Numeri 5 – Elke Israeliet moet rein leef, veral in die huwelik - August 1, 2017
- Numeri 6 – Die impak van geloftes aan en die seën van die Here - August 2, 2017
- Numeri 7 – Die Tabernakel word toegewy en ingewy - August 3, 2017
- Numeri 8 – Die Leviete word afgesonder en gereinig vir hulle dienswerk - August 4, 2017
- Numeri 9 – Wanneer God beweeg, beweeg die geloofsgemeenskap - August 7, 2017
- Numeri 10 – Die tyd vir die reis na Kanaän het aangebreek - August 8, 2017
- Numeri 11 – Die Here troef die gulsige verset van die volk met sy Gees en ‘n oordaad vleis - August 9, 2017
- Numeri 12 – God bevestig Moses as sy betroubaarste dienaar - August 10, 2017
- Numeri 13 – Ons was soos sprinkane in ons eie oë - August 11, 2017
- Numeri 14 – Hoe lank sal hierdie volk my almag bly onderskat? - August 14, 2017
- Numeri 15 – Verdere riglyne vir die hantering van sondes - August 15, 2017
- Numeri 16 – Verset lei tot veroordeling wat net getroef word deur voorbidding en versoening - August 16, 2017
- Numeri 17 – Aäron se kierie met ryp amandels boesem ontsag in - August 17, 2017
- Numeri 18 – Israel word ‘n gemeenskap van gee en neem - August 18, 2017
- Numeri 19 – God voorsien reinigingswater sodat hulle met Hom in gemeenskap kan lewe - August 21, 2017
- Numeri 20 – God se soewereine transformasie troef ongehoorsaamheid en onbarmhartigheid - August 22, 2017
- Numeri 21 – God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou - August 23, 2017
- Numeri 22 – Die Here gebruik die bose Bileam om Israel te seën - August 24, 2017
- Numeri 23:1-26 – Niemand kan God se seën tot niet maak nie - August 26, 2017
- Numeri 23:27-24:25 – Geseën is dié wat jou seën; Vervloek dié wat jou vervloek - August 28, 2017
- Numeri 25 – Pinehas se passie vir God stop die plaag as straf vir afgodery en onsedelikheid - August 29, 2017
- Numeri 26 – Elkeen kry sy plek in die land - August 30, 2017
- Numeri 27 – God handhaaf die erfreg van vroue en stel Josua as leier aan - August 31, 2017
- Numeri 28-29 – Die daaglikse, weeklikse, maandelikse en jaarlikse kalenders vir die vyf offers en vyf feeste - September 1, 2017
- Numeri 30 – Hou jou aan alles wat jy beloof - September 4, 2017
- Numeri 31 – Die Here straf die Midianiete met ‘n grootskaalse uitwissing - September 5, 2017
- Numeri 32 – Ruben, Gad en die helfte van Manasse kry grondgebied oos van die Jordaan - September 6, 2017
- Numeri 33 – God is getrou deur die volk se omswerwinge en wil hulle veilig in die land laat woon - September 7, 2017
- Numeri 34-35 – God beskerm die volk met grense en asielstede. Die Leviete kry ook stede en weiveld - September 8, 2017
- Numeri 36 – Elke Israeliet moes vashou aan sy deel van die stam se grond - September 9, 2017
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Jan Louw
Chris, Ek het die dokument oor Numeri met die twee generasies afgetrek. Ek is besig met ‘n Bybelstudie by ons huis vir bejaardes en dit lyk vir my na ‘n uiters waardevolle indeling om te gebruik.