Numeri 18 – Israel word ‘n gemeenskap van gee en neem

Die Here volg die bevestiging van Aäron se verkiesing as hoëpriester op met ‘n beklemtoning van die verantwoordelikhede wat saam met die voorreg van priesterskap gaan.  Dit sluit in om seker te maak dat die volk nie teen die priesterskap oortree nie, want die Here wou nie die hele volk uitwis nie – Num. 18:1-7!  Die Here volg dié beklemtoning van verantwoordelikhede op met sy geskenk aan hulle.  Die priesters kry deel aan die ongeveer tien tipe offers wat gebring is, en die Leviete die tiendes van die volk.  Dit was in ruil vir die feit dat hulle nie enige grond sou kry met die aanvanklike indeling van die beloofde land nie – Num. 18:8-32.

Die Leviete is ‘n geskenk aan die priesters soos priesterskap ‘n geskenk van God is – Num. 18:1-7

Die Here begin deur die verantwoordelikhede te beklemtoon wat saam met die voorreg van priesterskap gaan (vgl. Eks. 28:38; Lev. 22:15-16).  Dit sluit in om seker te maak dat die volk nie teen die priesterskap oortree nie, want die Here wou nie die hele volk uitwis nie!  Dit het ook die begeleiding van die Leviete in hulle dienswerk ingesluit wat bedoel was om die hande van die priesters ligter te maak.

Dit is ‘n beginsel wat in die NT ook deur die gemeente in Jerusalem gevolg word toe daar voorsiening gemaak is vir die versorging van die weduwees deur verkose “diakens” sodat die apostels op die gebed en verkondiging van die Woord kon fokus (Hand. 6).

Let op die verdeling van pligte wat nie net tot ordelikheid gelei het nie, maar ook sinergie bewerk het tussen die onderskeie bedieninge in die Tabernakel.

Hierdie onderskeid is ook ‘n beginsel wat in die NT deur Paulus aan alle gemeentes neergelê is, soos hy in sy brief aan die Efesiërs geskrywe het: “En dit is die ‘gawes’ wat Hy ‘gegee het’: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.” (Ef. 4:11-12).

Maar let op dat die hiërargie omgedraai is in die NT.  Dit is die “gawes” wat die gewone gelowiges as “priesters” toerus vir hulle dienswerk!  Hierin speel die Here Jesus ‘n sentrale rol: “Uit Hom groei die hele liggaam.  Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ’n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.” (Ef. 4:16).

In Numeri 18 is die Leviete ‘n geskenk aan die priesters.  In Efesiërs 4 is die “gawes” ‘n geskenk aan die gewone gelowiges.  Gewone gelowiges is immers die “koninklike priesterdom”, soos Petrus so passievol skrywe (1 Pet. 2:9).

‘n Deel van die offers word aan die priesters geskenk en die tiendes aan die Leviete – Num. 18:8-32

God se geskenk aan die mense wat Hy afgesonder het vir die dienswerk by die Tabernakel sluit verder in dat die priesters deel kry aan die ongeveer tien tipe offers wat gebring word, en die Leviete die tiendes van die volk.  Dit was in ruil vir die feit dat hulle nie enige grond sou kry met die aanvanklike indeling van die beloofde land nie.

Drie van die offers was besondere gewyde offers waarvan net die mans onder die priesters kon eet: graanoffers, sondoffers, en skuldoffers.

Sewe van die offers was gewone gewyde offers waarvan elkeen wat deel was van die priesterlike families kon eet: beweegoffers, eerstelinge van olie, wyn, koring en ander landbouprodukte, banoffers, en eerstelinge van mens en dier.  Die normale loskoop prosedure vir eerstelinge van mens en dier het gegeld.

Die Leviete het die tiendes van die volk ontvang as God se geskenk aan hulle.  Die Leviete moes op hulle beurt weer ‘n tiende van die tiendes vir die priesters gee.

Boodskap

Numeri 18 gee ons ‘n perspektief op die elemente wat nodig is om ‘n geloofsgemeenskap te laat floreer.  Al is die riglyne vir ‘n ander tyd, kan ons baie leer uit die gee en neem wat hier voor die aangesig van die Here geïllustreer word.

Van wat die volk vir die Here gegee het in terme van offers, gee Hy ‘n deel vir die priesters wat juis aangestel is om Hom daarmee te bedien.  Wat God weer vir die Israeliete in terme van ‘n opbrengs op hulle lande en in die ekonomie gegee het, deel hulle met die Leviete in terme van tiendes.  En die Leviete deel weer met die priesters, soos die priesters ook weer verantwoordelikheid neem vir die begeleiding en toerusting van die Leviete.

Dit is beginsels wat die toets van die tyd deurstaan het.  Die een hand was die ander.  Soos wat ons vir ander gee uit wat ons ontvang, word vrygewigheid deel van ons bestaan.  Hoe beter ons hieraan gehoorsaam is, hoe beter kry ons ‘n begrip van die God van wie ons vir alles wat ons het en is, afhanklik is.  Soos Hy gee, gee ons vir mekaar en sluit ons hegte bande nie net met Hom nie, maar ook met mekaar.  Soos Hy ons seën, raak ons tot ‘n seën vir ander, en uiteindelik vir die wêreld.  Want, ons is na alles ‘n “koninklike priesterdom”.

View all posts in this series

Numeri


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d