Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie
RUS
- Die huis is stil, dit is pragtig buite. En ek het net ’n behoefte aan God se teenwoordigheid – om Hom as naby te ervaar.
- Ek gee hierdie behoefte van my in gebed aan Hom met die verwagting dat dié Skrifgedeelte iets van Hom vir my sal gee.
HOOR
- Ek lees die gedeelte, een van my geliefdes.
- Die volgende aspekte tref my (met ’n bietjie insette van kommentare na die tyd daarby ingewerk, soos ek dit altyd doen):
Drie reaksies op Jesus word in hierdie gedeelte vertel: 1) mense wat tot geloof in Hom kom op grond van die wondertekens wat Hy gedoen het – 2:23-25, en 2) die gesprek wat Nikodemus, die Fariseër en bekende leermeester, met Jesus een nag kom voer het – 3:1-22 en 3) die getuienis van Johannes die Doper oor Jesus – 3:22-36.
Let op dat die wonderteken van die water wat in wyn verander is, hou verband met die persoonlike geloofsvernuwing wat in die beoordeling van die wondergelowiges sowel as die geloofsgesprek met Nikodemus aangeroer word. Net so hou die reiniging van die tempel verband met die godsdiensvernuwing wat in die gesprek met die Samaritaanse vrou by die put net hierna in hoofstuk 4 aangeroer sal word.
Onlangse kommentaar