Skip to main content

Josua 11:16-12:24 – Josua het die hele land ingeneem en as besitting aan Israel gegee

Die skrywer neem bestek op van die hele gebied van Kanaän wat verower is deur Josua. Dit gee ‘n oorsig van al die oorwinnings wat behaal is. Let op dat dit twee keer vertel word. Die eerste keer word dit in breë trekke vertel: Jos 11:16-23. Die tweede keer word dit in meer detail vertel met ‘n lys van die gebiede en konings waarmee afgesluit word: Jos 12:1-24.

Die volgende twee kaarte kan jou help om ‘n prentjie te kry van wat hier gebeur het. Die eerste is van Kanaän vóór die Intog en Vestiging van Israel. Die tweede is van die drie oorhoofse veldtogte van Josua waar hy eers die middel van die land verower het, en daarna die suidelike en noordelike koalisies platgevee het.

J Grant “Notebook: The Conquest of Canaan” http://www.believersmagazine.com
J Grant “Notebook: The Conquest of Canaan” http://www.believersmagazine.com

‘n Paar opmerkings oor die beskrywing van die oorwinnings in Kanaän

  • Die teologiese perspektief op die oorloë was dat dit die Here was wat die stede en nasies in verset teen Israel laat kom het. Dit was deel van sy bedoeling dat hulle opstand teen sy wil daardeur duidelik sou wys. Hulle moes daarom ook sonder genade uitgeroei word om die land van hulle verderflike invloed te bevry.
  • Josua se oorwinning oor die Enakiete in die berge word uitgesonder, want dit was hulle wat die verkenners aanvanklik bang gemaak het en Israel 40 jaar in die woestyn gekos het (vgl Deuteronomium 9 – Moenie hardnekkig of verwaand raak nie).
  • Dit is duidelik dat die bergagtige gedeeltes eerste verower is en daarna die vlaktes.
  • Josua het die hele land ingeneem soos die Here vir Moses beveel het, en toe die land as besitting aan Israel gegee, vir elke stam ’n deel, iets wat in die volgende deel van Josua aandag sal kry.
  • Die land kon toe rus van oorlog”, hoewel die “skoonmaak”-veldtog nog aandag moes kry. Elkeen het egter voortaan in sy eie gebied geveg (vgl Kaleb in Hebron – Jos 14:6-15; Otniël in Debir – Jos 15:13-19), nie meer as ‘n geheel nie, behalwe as die Here dit van tyd tot tyd met die rigters van hulle gevra het.
  • Die finale vestiging in die land het dus langer geduur as wat ‘n mens uit die opsomming van hierdie oorwinnings sou kon aflei. Dit wys Josua 13 sowel as die boek Rigters.
  • Die vorige oorwinnings oor die konings oos van die Jordaan onder die begeleiding van Moses word ook genoem as grondslag vir die beskrywing van die uitdeling van die land ook aan die stamme Ruben en Gad sowel as aan die halwe stam van Manasse.
  • Die beskrywing van die oorwinnings onder die begeleiding van Josua sluit af met ‘n lys van die nasies en konings wes van die Jordaan wat deur Josua en die Israeliete verslaan is. Altesaam een en dertig konings word genoem.

Toepassing

Die verhaal van Josua en sy oorwinnings herinner ons as NT gelowiges aan die belangrikheid van die aflê van die ou sondige lewe en die opneem van die nuwe heilige lewe (Kolossense 3:1-4:1 – Leef as nuwe mense, veral Kol 3:5-17).

  • Dit is ‘n geestelike stryd onder leiding van die Heilige Gees wat in ons liggame sy intrek neem (1 Kor 6:19-20).
  • Dit is ‘n stryd teen die sondige praktyke van ons sondige natuur wat ons deur die Heilige Gees moet aflê en doodmaak (Rom 8:12-17).
  • Dit is ‘n offer van ons liggame aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is, soos dit eenmaal waar was van die Leviete wat as beweegoffer aan God gewy is. Dit sluit die vernuwing van ons denke in (Rom 12:1-2).
  • Dit is ‘n stryd teen die magte wat hierdie wêreld in hulle greep het waarin ons fokus op die sewe dinge van die geloofstryd: waarheid, vryspraak, getuienis, geloof, verlossing, God se Woord en gebed (Efesiërs 6:10-24 – Soek julle krag in die Here en in sy groot mag).

God se hemelse erfenis is daar vir almal wat in Jesus glo. Laat ons elke las van ons afgooi en die sonde wat ons so maklik verstrik en die wedloop wat vir ons voorlê, die inbesitneem van ons hemelse erfenis, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus die Begin en Voleinder van nie net óns geloof nie, maar van dié geloof (Hebreërs 12 – Hardloop die wedloop wat vir ons voorlê met volharding).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Josua


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.
  • Marius smit on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieHoekom beskerm die Here jou juis aan jou regterkant?
  • runawayjoyous2427b27b07 on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 daeBaie dankie!