Skip to main content

Josua 11:16-12:24 – Josua het die hele land ingeneem en as besitting aan Israel gegee

Die skrywer neem bestek op van die hele gebied van Kanaän wat verower is deur Josua. Dit gee ‘n oorsig van al die oorwinnings wat behaal is. Let op dat dit twee keer vertel word. Die eerste keer word dit in breë trekke vertel: Jos 11:16-23. Die tweede keer word dit in meer detail vertel met ‘n lys van die gebiede en konings waarmee afgesluit word: Jos 12:1-24.

Die volgende twee kaarte kan jou help om ‘n prentjie te kry van wat hier gebeur het. Die eerste is van Kanaän vóór die Intog en Vestiging van Israel. Die tweede is van die drie oorhoofse veldtogte van Josua waar hy eers die middel van die land verower het, en daarna die suidelike en noordelike koalisies platgevee het.

J Grant “Notebook: The Conquest of Canaan” http://www.believersmagazine.com
J Grant “Notebook: The Conquest of Canaan” http://www.believersmagazine.com

‘n Paar opmerkings oor die beskrywing van die oorwinnings in Kanaän

  • Die teologiese perspektief op die oorloë was dat dit die Here was wat die stede en nasies in verset teen Israel laat kom het. Dit was deel van sy bedoeling dat hulle opstand teen sy wil daardeur duidelik sou wys. Hulle moes daarom ook sonder genade uitgeroei word om die land van hulle verderflike invloed te bevry.
  • Josua se oorwinning oor die Enakiete in die berge word uitgesonder, want dit was hulle wat die verkenners aanvanklik bang gemaak het en Israel 40 jaar in die woestyn gekos het (vgl Deuteronomium 9 – Moenie hardnekkig of verwaand raak nie).
  • Dit is duidelik dat die bergagtige gedeeltes eerste verower is en daarna die vlaktes.
  • Josua het die hele land ingeneem soos die Here vir Moses beveel het, en toe die land as besitting aan Israel gegee, vir elke stam ’n deel, iets wat in die volgende deel van Josua aandag sal kry.
  • Die land kon toe rus van oorlog”, hoewel die “skoonmaak”-veldtog nog aandag moes kry. Elkeen het egter voortaan in sy eie gebied geveg (vgl Kaleb in Hebron – Jos 14:6-15; Otniël in Debir – Jos 15:13-19), nie meer as ‘n geheel nie, behalwe as die Here dit van tyd tot tyd met die rigters van hulle gevra het.
  • Die finale vestiging in die land het dus langer geduur as wat ‘n mens uit die opsomming van hierdie oorwinnings sou kon aflei. Dit wys Josua 13 sowel as die boek Rigters.
  • Die vorige oorwinnings oor die konings oos van die Jordaan onder die begeleiding van Moses word ook genoem as grondslag vir die beskrywing van die uitdeling van die land ook aan die stamme Ruben en Gad sowel as aan die halwe stam van Manasse.
  • Die beskrywing van die oorwinnings onder die begeleiding van Josua sluit af met ‘n lys van die nasies en konings wes van die Jordaan wat deur Josua en die Israeliete verslaan is. Altesaam een en dertig konings word genoem.

Toepassing

Die verhaal van Josua en sy oorwinnings herinner ons as NT gelowiges aan die belangrikheid van die aflê van die ou sondige lewe en die opneem van die nuwe heilige lewe (Kolossense 3:1-4:1 – Leef as nuwe mense, veral Kol 3:5-17).

  • Dit is ‘n geestelike stryd onder leiding van die Heilige Gees wat in ons liggame sy intrek neem (1 Kor 6:19-20).
  • Dit is ‘n stryd teen die sondige praktyke van ons sondige natuur wat ons deur die Heilige Gees moet aflê en doodmaak (Rom 8:12-17).
  • Dit is ‘n offer van ons liggame aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is, soos dit eenmaal waar was van die Leviete wat as beweegoffer aan God gewy is. Dit sluit die vernuwing van ons denke in (Rom 12:1-2).
  • Dit is ‘n stryd teen die magte wat hierdie wêreld in hulle greep het waarin ons fokus op die sewe dinge van die geloofstryd: waarheid, vryspraak, getuienis, geloof, verlossing, God se Woord en gebed (Efesiërs 6:10-24 – Soek julle krag in die Here en in sy groot mag).

God se hemelse erfenis is daar vir almal wat in Jesus glo. Laat ons elke las van ons afgooi en die sonde wat ons so maklik verstrik en die wedloop wat vir ons voorlê, die inbesitneem van ons hemelse erfenis, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus die Begin en Voleinder van nie net óns geloof nie, maar van dié geloof (Hebreërs 12 – Hardloop die wedloop wat vir ons voorlê met volharding).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Josua


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.