Skip to main content

Josua 2 – Ragab se ontsag vir Jahwe spaar die verkenners se lewe

Josua stuur van Sittim af twee verkenners om die land te gaan deurkyk.  Hy stel veral belang in Jerigo wat net anderkant die Jordaan en net noord van die Dooie See was.  Sittim was die plek waar die Israeliete moeilikheid met die Moabitiese vrouens onder Bileam se leiding opgetel het totdat Pinehas ‘n einde aan die afvalligheid gebring het (Num 25).

Die twee verkenners gaan tuis in die huis van die prostituut Ragab wat ‘n huis in die muur van Jerigo gehad het. In die Hebreeus is dit duidelik dat hulle daar, dws in die huis, geslaap het, en nie by haar nie (anders as in Rigt 16:1 met Simson in Gasa waar hy by haar, die prostituut, geslaap het).

Hulle teenwoordigheid gaan egter nie ongesiens verby nie, en die koning eis dat hulle uitgelewer word.  Hy was baie bewus van die gevaar wat die Israeliete net anderkant die Jordaan vir hom ingehou het.

Sy besluit om hulle weg te steek en die koning en sy manne om die bos te lei. Dit wil voorkom asof sy hulle eers êrens in die huis versteek het, en daarna op die dak laat klim het en onder oopgespreide vlasstoppels (gebruik om op te slaap en as voer) laat wegkruip het.

Let op hoe sy haar keuse motiveer in beide die vrees vir die Israeliete, sowel as in die vrees vir die Here waarvan sy bely dat Hy die land vir Israel gee.  Die verhale van die Uittog, die trek deur die Rietsee, en die oorlog teen die Amoriete oorkant die Jordaan, koning Sihon en Og, het haar, en talle ander, laat besef dat Israel se God die Here is, die Een wat bo in die hemel is, sowel as onder op die aarde.

Sy vra van hulle om ‘n eed voor die Here af te lê dat hulle haar en haar familie goed sal behandel en hulle lewens sal spaar.  Sy dring aan op ‘n betroubare belofte wat hulle dan ook gee met die versoek dat sy dieselfde bloedrooi tou sal vasbind aan die venster waardeur sy hulle uiteindelik laat afsak om weg te kom. Almal wat in dié huis met die oorlog sal skuil, sal deur hulle beskerm word.

Interessant hoe Ragab se perspektief op die vrees wat Kanaän vir beide die Israeliete en die Here gehad het, hulle geloof versterk dat die Here inderdaad die land vir Israel gee.

Uit die verhaal van die val van Jerigo weet ons dat Ragab gespaar is en uiteindelik deel van die geloofsgemeenskap geword het (Jos 6:25). Haar “beroep” en “leuens” word nie teen haar gehou nie, want sy het met haar keuse om haar by Israel en Jahwe te skaar, haar geloof en gehoorsaamheid getoon.

Meer nog, sy word in Jesus se geslagsregister genoem, deurdat sy met Salmon getrou het en ‘n seun Boas gehad het by hom.  Boas het natuurlik met Rut getrou.  Hulle seun Obed was die oupa van koning Dawid, die seun van Isai. Sy het dus volledig deel geword van ‘n stabiele familielewe en haar ou lewe verlaat.

Ragab word op twee verdere maniere in die NT geëer. Vir haar geloof in Hebreërs 11:31 waarin dit spesifiek haar vredevolle ontvangs van die verkenners is wat genoem word. Vir haar werke in Jakobus 2:25 waarin haar regverdiging aan die hulp aan die verkenners gewyt word.  Ragab word dus ‘n voorbeeld van hoe geloof en werke saamwerk in die verhouding met God.  Die een kan nie eintlik sonder die ander nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Josua


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.