Skip to main content

Josua 3:1 – 5:1 – God lei Israel met ‘n wonder deur die Jordaan

Die volgende fase van Josua se veldtog breek aan met die vertrek die môre vroeg van Sittim af.  Hulle het tot by die Jordaan getrek en daar oorgebly in voorbereiding vir die Intog in Kanaän.  Dit was ‘n groot groep, want dit het drie dae geneem om almal daar te kry.

Die Leviete kry die opdrag om met die ark van die verbond – ‘n simbool van God wat die stryd voer –  omtrent ‘n kilometer voor die Israeliete uit te trek, sodat die Here so self die pad kon aanwys. Só was dit ook die geval met hulle reis deur die woestyn waar die Here op dié manier vir hulle oorbly plekke aangewys het (Num 10:33).

Trouens, die Here het hulle gestraf as hulle dit gewaag het om sonder sy leiding te beweeg (Num 14:44). Hierdie begeleiding van die Here deur die ark sou egter nooit ‘n magiese of outomatiese karakter aanneem nie, soos die Israeliete in die tyd van Samuel sou uitvind.  Daar is hulle verslaan ten spyte van die ark se teenwoordigheid, want hulle het die Here nie geraadpleeg nie (1 Sam 4). Gehoorsaamheid aan die Here bly die vereiste wat Hy stel vir elkeen wat Hom wil volg.

Ná hierdie instruksies is die volk gereinig in voorbereiding vir die Here se teenwoordigheid wat wonders gaan doen met hulle deurtog deur die Jordaan.  Die riglyne daarvoor is natuurlik alreeds gegee in die riglyne wat Moses deurgegee het, en in Levitikus opgeteken is.

Met die reiniging voltooi, bevestig die Here vir Josua in die oë van die volk deurdat Hy soos Moses die voorreg kry om ‘n mondstuk vir die Here te raak. Josua se aansien sou aansienlik versterk word daardeur, sowel as deur die wonders wat by die Jordaan en verder in Kanaän sou gebeur. Sy status as Godsman onder sy tydgenote was vir altyd gevestig.

Op bevel van die Here kan die Israeliete – met Ruben, Gad en die halwe Manassestam vooraan! – daarom droogvoets deur die Jordaan trek, gewapen vir die oorlog, deurdat die Here sorg dat die water van die rivier opdam by Adam, ‘n stad ‘n entjie boontoe in die Jordaan, ‘n plek waar aardbewings voorkom en die rivier op sy nouste is.  Soos die tog deur die Rietsee Moses se bediening gekenmerk het, só sou die tog deur die Jordaan Josua se bediening kenmerk.

Maar die gebeure sou uiteindelik ten diepste tot God se verheerliking dien. Wat Hy vir Josua gedoen het, dien tot ‘n bevestiging van sy goddelikheid, en dat Hy bó alles aanbid moet word.

Twaalf man uit die volk, een uit elke stam, neem op bevel van die Here twaalf klippe uit die Jordaan en pak hulle as herinneringsteken anderkant die Jordaan by hulle oornagplek, Gilgal vanwaar die Heilige Oorlog gevoer sou word.  Josua het dieselfde binne-in die Jordaan gedoen, iets wat latere geslagte kon nagaan, soos die redakteur(s) ons meedeel.

Hulle slaan kamp op by Gilgal op die tiende dag van die eerste maand, presies dieselfde dag 40 jaar tevore wat hulle begin regmaak het om uit Egipte uit te gaan deur ‘n lam vir die Paasfees gereed te kry (Eks 12:3 – dieselfde dag wat Esra eeue later die priesterlike geslag sou suiwer – Esra 10:16). Die paasfees viering sou vier dae later plaasvind, presies soos dit in die wet beskryf is.

Aanvanklik sou Gilgal ‘n belangrike geestelike rol speel in die lewe van Israel, met talle besoeke van Samuel daaraan in die era van koning Saul  (1 Sam 7:!6; 10:8; 11:!4-15). Met Dawid skuif die geestelike sentrum na Jerusalem op bevel van die Here, en verander Gilgal se funksie. Ongelukkig raak dit mettertyd ‘n plek waar afgode gedien is (Hos 9:15; 12:11; Amos 4:4; 5:5).

Die wonder van die Here se mag deur die Israeliete droogvoets deur die Jordaan te kry, het die moed van die Amoriete en Kanaäniete gebreek. ”Hulle harte het van angs verstyf.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Josua


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms