Skip to main content

Josua 3:1 – 5:1 – God lei Israel met ‘n wonder deur die Jordaan

Die volgende fase van Josua se veldtog breek aan met die vertrek die môre vroeg van Sittim af.  Hulle het tot by die Jordaan getrek en daar oorgebly in voorbereiding vir die Intog in Kanaän.  Dit was ‘n groot groep, want dit het drie dae geneem om almal daar te kry.

Die Leviete kry die opdrag om met die ark van die verbond – ‘n simbool van God wat die stryd voer –  omtrent ‘n kilometer voor die Israeliete uit te trek, sodat die Here so self die pad kon aanwys. Só was dit ook die geval met hulle reis deur die woestyn waar die Here op dié manier vir hulle oorbly plekke aangewys het (Num 10:33).

Trouens, die Here het hulle gestraf as hulle dit gewaag het om sonder sy leiding te beweeg (Num 14:44). Hierdie begeleiding van die Here deur die ark sou egter nooit ‘n magiese of outomatiese karakter aanneem nie, soos die Israeliete in die tyd van Samuel sou uitvind.  Daar is hulle verslaan ten spyte van die ark se teenwoordigheid, want hulle het die Here nie geraadpleeg nie (1 Sam 4). Gehoorsaamheid aan die Here bly die vereiste wat Hy stel vir elkeen wat Hom wil volg.

Ná hierdie instruksies is die volk gereinig in voorbereiding vir die Here se teenwoordigheid wat wonders gaan doen met hulle deurtog deur die Jordaan.  Die riglyne daarvoor is natuurlik alreeds gegee in die riglyne wat Moses deurgegee het, en in Levitikus opgeteken is.

Met die reiniging voltooi, bevestig die Here vir Josua in die oë van die volk deurdat Hy soos Moses die voorreg kry om ‘n mondstuk vir die Here te raak. Josua se aansien sou aansienlik versterk word daardeur, sowel as deur die wonders wat by die Jordaan en verder in Kanaän sou gebeur. Sy status as Godsman onder sy tydgenote was vir altyd gevestig.

Op bevel van die Here kan die Israeliete – met Ruben, Gad en die halwe Manassestam vooraan! – daarom droogvoets deur die Jordaan trek, gewapen vir die oorlog, deurdat die Here sorg dat die water van die rivier opdam by Adam, ‘n stad ‘n entjie boontoe in die Jordaan, ‘n plek waar aardbewings voorkom en die rivier op sy nouste is.  Soos die tog deur die Rietsee Moses se bediening gekenmerk het, só sou die tog deur die Jordaan Josua se bediening kenmerk.

Maar die gebeure sou uiteindelik ten diepste tot God se verheerliking dien. Wat Hy vir Josua gedoen het, dien tot ‘n bevestiging van sy goddelikheid, en dat Hy bó alles aanbid moet word.

Twaalf man uit die volk, een uit elke stam, neem op bevel van die Here twaalf klippe uit die Jordaan en pak hulle as herinneringsteken anderkant die Jordaan by hulle oornagplek, Gilgal vanwaar die Heilige Oorlog gevoer sou word.  Josua het dieselfde binne-in die Jordaan gedoen, iets wat latere geslagte kon nagaan, soos die redakteur(s) ons meedeel.

Hulle slaan kamp op by Gilgal op die tiende dag van die eerste maand, presies dieselfde dag 40 jaar tevore wat hulle begin regmaak het om uit Egipte uit te gaan deur ‘n lam vir die Paasfees gereed te kry (Eks 12:3 – dieselfde dag wat Esra eeue later die priesterlike geslag sou suiwer – Esra 10:16). Die paasfees viering sou vier dae later plaasvind, presies soos dit in die wet beskryf is.

Aanvanklik sou Gilgal ‘n belangrike geestelike rol speel in die lewe van Israel, met talle besoeke van Samuel daaraan in die era van koning Saul  (1 Sam 7:!6; 10:8; 11:!4-15). Met Dawid skuif die geestelike sentrum na Jerusalem op bevel van die Here, en verander Gilgal se funksie. Ongelukkig raak dit mettertyd ‘n plek waar afgode gedien is (Hos 9:15; 12:11; Amos 4:4; 5:5).

Die wonder van die Here se mag deur die Israeliete droogvoets deur die Jordaan te kry, het die moed van die Amoriete en Kanaäniete gebreek. ”Hulle harte het van angs verstyf.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Josua


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Welkom, stuur sommer vir my die aangepaste een ook, asb. Laai dit hier af:Eenjaar Bybellees program 2020
  • Elmarie Allies on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankie
  • Chris van Wyk on SpreukeHi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.
  • Retha Roux on SpreukeSal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha Roux
  • Chris van Wyk on Psalm 6Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.
  • Japie Martin on Psalm 6Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die Psalm
  • Chris van Wyk on Genesis – Die oorsprong van alle dingeHi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedeni…
  • Louis Scheun on Genesis – Die oorsprong van alle dingeEk het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.
  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏