Skip to main content

Josua 13 – Josua kry die opdrag om die hele land te verdeel

Die Here is bewus van die omvang van die uitstaande werk wat nog gedoen moet word in die land. Die Here deel dit met Josua. Hy erken dat Josua nie meer jonk is nie. Josua is immers al sedert die vroeë dae van die trek deur die woestyn ‘n gerekende krygsman (Eks 17). En daar wag nog ‘n groot deel van die land wat in ‘n “skoonmaak”-proses in besit geneem moet word.

Die Here beveel daarom vir Josua om dié hele gebied aan die volk toe te wys, selfs al is dit nog nie volledig onder hulle beheer nie. Hulle sou dit in die volgende fase van die “skoonmaak”-veldtog moes verower.

Gebruik gerus hierdie kaart om jou te help om die beskrywings hier geografies te plaas:

Die basis vir God se bevel bly die belofte

Die basis vir God se bevel bly die belofte wat Hy reeds in Numeri 34 (en vroeër aan Abraham) gegee het. Sy belofte sluit die gebied van die Filistyne in by die Middellandse see met hulle bekende vyf stede, die gebied van die Gesuriete oos van die See van Galilea, sowel as die twee ander groot streke onder die beheer van die Sidoniete (Fenesië en Lebanon) noord van die Filistynse gebied aan die kus, en die Amoriete in die noorde.

Die hele gebied van die Kanaäniete is alles deel van sy geskenk aan die volk, ‘n erfdeel wat Hy graag wil hê dat hulle in besit sal neem.

Die beloftes van God moet deur geloof in besit geneem word

Dit laat ‘n mens onmiddellik dink aan die wyse waarop die Here in die NT ook vir ons as gelowiges sy oorvloedige seën beloof. Maar, om die beloftes van God te beleef, moet dit deur geloof in besit geneem word.

Jesus loof daarom die mense wat hulle kragtig inspan om die koninkryk in besit te neem (Matt 11:12). Talle van sy gelykenisse spel dieselfde waarheid uit. Dit is die getroue slaaf wat aangestel word oor alles wat die Here besit (Matt 24:47). Dit is diegene wat die geringstes van die Here se broers met barmhartigheid hanteer wat die koninkryk in besit neem (Matt 25:34) en die ewige lewe as beloning ontvang (Matt 25:46; vgl Jak 2:5).

Paulus spel hierdie geestelike stryd uit as ‘n wedloop waarin ons só moet hardloop dat ons die prys sal behaal (1 Kor 9:24). Dit sluit in dat ‘n mens jou liggaam onder beheer bring en met alles in jou fokus op die redding van mense (1 Kor 9:19-23). So ook die skrywer van die Hebreërbrief (Hebr 12:1-3).

Paulus se raad aan Timoteus is dat hy al sy kragte moet inspan om die ewige lewe as prys te behaal, want God het hom daartoe geroep (1 Tim 6:12). Van homself is Paulus aan die einde van sy lewe oortuig dat hy die goeie wedloop afgelê het, die wenstreep bereik het, en gelowig end-uit volgehou het (2 Tim 4:7).

Die land oos van die Jordaan

Die eerste deel van die land wat uitgedeel word, lê eintlik buite die grense van die beloofde land. Moses het dié gedeelte alreeds aan die stamme Ruben en Gad, sowel as aan die halwe stam van Manasse uitgedeel. Josua begin daarmee om dié besitting te erken, hoewel die skrywer ook eerlik is oor die feit dat hulle nie al die mense van Gesur en Maäka verdryf het nie. Hulle het dus nog tussen die Israeliete gewoon met die gepaardgaande probleme wat dit vir hulle veroorsaak het.

Let op die stukkies historiese inligting wat tussen-in gegee word, bv die verwysing na Bileam.

In die verbygaan word ook die stam van Levi genoem wat nie ‘n eie erfdeel gekry het nie. Let weereens op hoe diepsinnig hulle beskrywe word: “Die Leviete is offers aan die Here die God van Israel en hulle ontvang van wat Hom toekom, soos Hy hulle beloof het.” Dit vorm die agtergrond vir Romeine 12:1-2 se oproep aan alle gelowiges om hulleself volledig aan God te offer, liggaam en denke.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Josua


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda