Skip to main content

Josua 5:2-12 – Die Godsvolk word bevestig deur die besnydenis en die viering van die paasfees

Let op hoe die Here die hele Israel se geestelike verbintenis aan Hom al hoe stewiger maak.

  1. In die eerste plek was daar die belofte van God se teenwoordigheid saam met die opdrag om nougeset volgens sy Woord op te tree (Jos 1).
  2. In die tweede plek het die verkenners die volk laat moed skep met die verhaal van Ragab dat daar alreeds mense in Kanaän was wat, soos hulle, die Here gedien het, en deur Hom beskerm is (Jos 2).
  3. In die derde plek het die Here die absolute gehoorsaamheid aan sy begeleiding onderstreep met die verbondsark wat die voortou in die volk se Intog moet neem. In gelid daarmee het die reiniging van die hele volk gevolg om hulle voor te berei vir die tog deur die Jordaan. Dit is gevolg deur die wonder van die opdamming van die rivier gebeur sodat hulle droogvoets kon deurtrek (Jos 3-4).

Dit word nou deur drie ander geestelike insette in hulle lewens gevolg, die bevestiging van die volk se inlywing in die verbond met God deur die besnydenis (Jos 5:2-9), die hou van die eerste Paasfees in Kanaän as teken van hulle voortgaande inblywing in die verbond (Jos 5:10-12) en laastens die openbaring van die bonatuurlike leëraanvoerder van die Here (Jos 5:13-15) wat ons as deel van die oorlog teen Jerigo gaan lees.

Dit is immers ‘n “Heilige Oorlog” waarin die geestelike verbintenis aan God die praktiese gehoorsaamheid aan en uitvoering van sy opdragte bepaal.

Die “Heuwel van besnydenis” by Gilgal – Josua 5:2-9

Josua kry die opdrag om klipmesse (van vuurklip) te maak en al die Israeliete te besny. Die klipmesse bring onmiddellik die soortgelyke handeling van Sippora in herinnering wat haar seun Gersom se voorhuid afgesny het om die gramskap van die Here oor Moses (of oor Gersom – die teks is dubbelsinnig) af te weer. Lees meer in my bydrae oor Eksodus 4.

Dit verkondig aan ons dat die besnydenis regtig ‘n fundamentele vereiste vir die volk van God was. Daarom moes die laksheid van die eerste geslag Israeliete in die woestyn met die besnydenis van hulle kinders reggestel word. Geen wonder dat dié geslag ook op ander punte die Here nie kon navolg nie, want hulle het die mees basiese vereiste om deel van hierdie volk te wees, nie nagekom nie.

Die tweede geslag het dus as onbesnedenes die land betree.  Hulle word nou net ná die Intog in die beloofde land opgeroep om dit reg te stel. Anders sou hulle nie aan die “Heilige Oorlog” kon deelneem nie. “Daar moet weer ‘n besnydenis wees”, sê die Here.  En ‘n volkswye besnydenis volg.

Daarmee het die Here die Israeliete bevry van “die smaad wat van Egipte se tyd af op julle rus.”  Letterlik staan daar dat die smaad van Egipte “weggerol” is van hulle, ‘n woord wat ook die stam (gll) vir die naam Gilgal (gilgāl) vorm.

Gilgal word daarmee ook hulle basis. As heilige plek vir Israel speel dit ‘n rol in Samuel se bediening (1 Sam 7:16) en word Saul se koningskap daar bevestig (1 Sam  11:14).  Ná Jerusalem as die plek van God uitgekies is, het dit ‘n sinkretistiese plek geword waar onder andere tempelprostitusie hoogty gevier het (Hos 4:15; Amos 4:4).

Die eerste paasfees in die land Kanaän – Josua 5:10-12

Net hierna word die eerste paasfees in die land Kanaän gevier waarmee die bevryding uit Egipte herdenk is. Omdat hulle die ongesuurde brood en gebraaide koring van die opbrengs van die land kon gebruik, het die manna weggebly, want dit was nie meer nodig vir dié wondervoorsiening van die Here nie. Hulle was in die land van melk en heuning.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda