Josua 10 – Josua loop die suide plat in een deurslaggewende veldtog
Die nuus van Josua se beheer van drie stede in die middel van Kanaän – Jerigo, Ai en Gibeon – het koning Adoni-Sedek van Jerusalem tot aksie laat oorgaan om ‘n koalisie te vorm met die konings van vier ander stede in die suide: Hoham van Hebron, Piram van Jarmut, Jafia van Lakis en Debir van Eglon. Hierdie vyf Amoritiese konings het teen Gibeon opgetrek om só Josua in ‘n geveg in te trek (vgl die soortgelyke verhaal van Abram in Genesis 14).
Op versoek van Gibeon en in opdrag van die Here het Josua die uitdaging aanvaar en deur die nag getrek – 35 km ver van Gilgal na Gibeon! – om die Amoriete te verras. Israel het ‘n groot slagting onder hulle aangerig en hulle verslaan. Let op dat die Here eintlik meer van die Amoriete doodgemaak het met haelstene – een van die plae van Egipte – as wat Israel met die swaard doodgemaak het.
Toe Josua egter sien dat die tyd uitloop om die geveg te voltooi, het hy die Here gevra om die son te laat stilstaan in Gibeon en die maan in Ajalonlaagte. En dit is presies wat gebeur het. Die Here het vir Josua geluister en op dié manier verder vir die Israeliete oorlog gevoer. Hulle het amper nóg ‘n twaalf uur bykomende daglig gekry om die oorlog af te handel.
‘n Mens kan hierdie wonderwerk probeer verklaar uit natuurlike oorsake, bv dat die aarde se draaibeweging vertraag is, of dat daar op een of ander manier ‘n weerkaatsing van die son van êrens af was. Maar sulke natuurlike verklarings is baie keer net te spitsvondig. Dit is beter om te aanvaar dat dit God se handewerk is waarin Hy gesorg het dat daar genoeg daglig was vir Israel om hulle werk klaar te maak. Hoe weet ons nie presies nie.
Die vyf konings is gevang waar hulle in ‘n grot in Makkeda gaan wegkruip het. Die oorwinning oor die vyf konings is gevier deur die simboliese minagtende voete op hulle nekke waarna hulle opgehang is en in die grot begrawe is.
Josua het dié gebeurtenis aangegryp om ‘n verdere veldtog te voer teen sewe van die stede in die suide. Die eerste twee was Makkeda en Libna. Volgende aan die beurt was twee van die stede van die suidelike koalisie, Lakis en Eglon, sowel as Geser. Hierna het die ander twee stede van die suidelike koalisie, Hebron en Debir, geval, sowel as die inwoners van die buitedorpe.
Uit Josua 12:14-15 bly dit dat nog vier stede geval het: Geder, Gorma, Arad, Adullam, sowel as Jarmut wat nie hier spesifiek genoem is nie.
Josua het dus die hele suidelike gebied platgeloop, soos die teks sê: “die Bergland, die Suidland, die Laeveld, die Hange, al die konings daar. Hy het niemand laat vrykom nie. Hy het alles wat asem het, uitgeroei, soos die Here die God van Israel beveel het.”
Josua het hulle platgeloop van Kades-Barnea af tot by Gasa, ook die hele Gosengebied en tot by Gibeon. Hy het al die konings en hulle lande in een veldtog oorwin, want die Here die God van Israel het die oorlog vir Israel gevoer. Daarna is Josua, en die hele Israel saam met hom, terug na die kamp toe in Gilgal.
Net Jerusalem het vrygekom. Dit is eers in Dawid se tyd onder Israelitiese beheer gebring.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Josua en Rigters hervat 17 Januarie 2018
- Die vervulling van die belofte
- Die leier Josua en die hoëpriester Eleasar
- Die viering van die Intog en Vestiging in die Psalms
- Twee fases: ‘n “platvee”-veldtog en ‘n “skoonmaak”-veldtog
- Die relatiewe waarde van argeologiese en historiese getuienis
- Josua in die res van die Bybel
- Josua 1 – Wees sterk, wees vasberade, veral in die uitvoering van die wetboek
- Josua 2 – Ragab se ontsag vir Jahwe spaar die verkenners se lewe
- Josua 3:1 – 5:1 – God lei Israel met ‘n wonder deur die Jordaan
- Josua 5:2-12 – Die Godsvolk word bevestig deur die besnydenis en die viering van die paasfees
- Josua 5:13-6:27 – Die Here self voer die oorlog teen Jerigo
- Josua 7 – Die Here wys met die nederlaag teen Ai dat sy heiligheid ononderhandelbaar is
- Josua 8 – Die Here oorwin Ai met leierskap en vernuf
- Josua 9 – Die Israeliete tree dwaas op, maar slim vang sy baas
- Josua 10 – Josua loop die suide plat in een deurslaggewende veldtog
- Josua 11:1-15 – Josua vee die grootste deel van Kanaän plat
- Josua 11:16-12:24 – Josua het die hele land ingeneem en as besitting aan Israel gegee
- Josua 13 – Josua kry die opdrag om die hele land te verdeel
- Josua 14 – Die verdeling van die land wes van die Jordaan begin met Kaleb
- Josua 15 – Juda kry hulle erfdeel met besondere vermelding van Kaleb en Aksa sy dogter
- Josua 16-17 – Josef kry hulle erfdeel met besondere vermelding van Selofgad se dogters
- Josua 18-19 – Die sewe ander stamme kry ook hulle erfdeel
- Josua 20-21 – Die asielstede en die stede van die Leviete
- Josua 22 – Die volk vind hulle identiteit en eenheid in die wet van God
- Josua 23 – Josua roep die leiers op tot gehoorsaamheid aan die Here
- Josua 24 – Die leiers en die volk word aan God self verbind in ‘n verbondshernuwing
Tags: Josua
Trackback from your site.
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik