Skip to main content

Bybelskool oor Josua en Rigters hervat 17 Januarie 2018

Ek beplan om Josua in die eerste kwartaal 2018 hoofstuk vir hoofstuk deur te lees. Ek begin DV 17 Januarie 2018.  Daarna beplan ek om Rigters deur te lees vanaf 21 Februarie 2018.

‘n Lusmaker

Die boek Josua is die eerste een van die Vroeë Profete in die Ou Testament.  Die ander is Rigters, 1-2 Samuel, en 1-2 Konings (wat jy by die skakels kan bereik en hoofstuk-vir-hoofstuk kan deurlees).

Die boeke word profeties genoem omdat die doel van die beskrywing van dié verhale van Israel was om vanuit ‘n teologiese en Goddelike perspektief te beskrywe wat en hoe dinge gebeur het sodat dit as geestelike onderrig vir die volk kan dien.

In Josua handel die profetiese onderrig oor die inname en verdeling van die land Kanaän, veral uit die hoek van die suksesse wat onder die leiding van Josua behaal is in hulle gehoorsaamheid aan die roeping en begeleiding van die Here self.

Interessant is dat ons met die boek Josua ‘n duidelike proses begin raaksien van die skrifstelling van die uiteindelike OT. Die skrifstelling van die Bybel is deur Moses begin (Eks 24:4) en het die hart van die wetboek gevorm wat deur die Leviete bewaar is in die Tabernakel (Deut 31:9).  Die wetboek was bedoel om deur hulle en die ander leiers bestudeer te word as rigsnoer vir die lewe.

Onthou ook dat die naam van die boek Deuteronomium die “tweede wet” beteken. ‘n Afskrif van die wetboek is aan die leiers gegee – veral later ook aan die koning – om gereeld te lees en in alles as rigsnoer te gebruik: “Wanneer hy as koning oor sy ryk regeer, moet hy vir hom ’n afskrif van hierdie wet maak. Hiervoor moet hy die eksemplaar van die Levitiese priesters gebruik. Hy moet die afskrif by hom hou en sy lewe lank moet hy dit gereeld lees sodat hy kan leer om die Here sy God te dien deur gehoorsaam te wees aan alles in hierdie wet en om volgens al hierdie voorskrifte te lewe.” (Deut 17:18-19).

Hierdie wetboek raak dus die boek wat Josua sy eie maak (Jos 1:7). Hy kry ook die voorreg om later die wetboek aan te vul (Jos 24:26). Die sogenaamde Josua-woorde vul dus die Moses-woorde aan. In sy tyd was daar ook nog die Boek van die Opregte (Jos 10:13) wat die verhaal van die stilstand van die son en maan vertel (vgl. ook 2 Sam 1:18 wat vertel dat ‘n lied van Dawid daarin opgeteken is).

Ons sien dus hier by Josua die begin van ‘n kern-kanon (kanon beteken “maatstaf“), die begin van die Bybel. Later sou Samuel ook regsvoorskrifte, veral ten opsigte van die koning se verantwoordelikhede, byvoeg (1 Sam 10:25) en dit saam met Moses en Josua se geskrifte in die heiligdom bewaar.  Van tyd tot tyd is die verhale van Josua opgedateer (van die stede in Jos 15 het moontlik eers in die 8ste eeu v.C. tot stand gekom) om die relevansie daarvan vir die kultiese gebruik by hulle feeste te behou.

Continue reading

Die vervulling van die belofte

Ek begin die lees van die boek Josua met ‘n inleiding wat in ses bydraes gelewer gaan word.

Die boek Josua is die eerste een van die Vroeë Profete in die Ou Testament. Die ander Vroeë Profete is Rigters, 1-2 Samuel, en 1-2 Konings.  Josua is ook die eerste boek in die Bybel wat die naam van die hoofkarakter dra, soos dit later die gebruik met die Skrifprofete geraak het.

Die Vroeë Profete word profeties genoem omdat die doel van die beskrywing van dié verhale van Israel nie in die eerste plek was om ‘n historiese verloop van die Intog en Vestiging in die land te beskryf nie. Die doel van hierdie 6 boeke was om die verhale van die vervulling van God se belofte vanuit ‘n teologiese en Goddelike perspektief te beskrywe.

Die boeke wys hoe die wil van God, soos Hy in die eerste weergawe van die “wetboek” aan hulle deurgegee het, in die praktyk gewerk het, sodat dit vir altyd as geestelike onderrig vir die nageslag van die volk kan dien.

In Josua handel hierdie profetiese onderrig oor die inname en verdeling van die land Kanaän, veral uit die hoek van die suksesse wat onder die leiding van Josua behaal is in hulle gehoorsaamheid aan die roeping en begeleiding van die Here self.

Die boek is egter ook helder daaroor dat dié suksesse net behaal is wanneer hulle gehoorsaam was aan die Here (Jerigo). Wanneer hulle ongehoorsaam was aan die Here (Ai) het hulle nederlae gely, ‘n werklikheid wat in die res van die Vroeë Profete telkens verder beskryf sal word.

Continue reading

Die leier Josua en die hoëpriester Eleasar

Josua is uiteraard die hoofkarakter van die boek. Hy was die seun van Nun, en oorspronklik Hosea (“verlossing”) genoem. Moses het egter sy naam op betekenisvolle wyse verander na Josua (“die Here is verlossing” – Num 13:8,16), die Hebreeuse naam wat Jesus (Grieks vir Josua) ook uiteindelik sou kry!

Josua is deur Moses uitgekies om die aanvoerder te wees in die geveg teen die Amalekiete (Eks 17), waar hy dan ook die oorwinning behaal. Hy het saam met Moses op die berg van God geklim (Eks 24) en het weer saam met hom na 40 dae en nagte afgeklim (Eks 32).

Daar is daarom ook talle parallelle met Moses.  Ek noem ses:

  • Die ontmoeting met God (Eks 3:2-5 en Jos 5:13-15);
  • Die bevestiging in sy teenwoordigheid (Eks 3:12 en Jos 1:5);
  • Die tog deur die Rietsee en Jordaan onderskeidelik (Eks 14 en Jos 3);
  • Voorbidding vir Israel (Num 14:13-19 en Jos 7:6-9);
  • Verbondsluiting (Eks 24 en Jos 24);
  • Afskeidsgesprekke (Deut 31 [eintlik die hele Deuteronomium!] en Jos 23)

Dié skakel tussen hulle dien as verdere getuienis van die belofte-vervulling verband tussen die Pentateug en Josua.  Die God van die belofte en die God van die vervulling is dieselfde God.

Continue reading

Die viering van die Intog en Vestiging in die Psalms

Daarom dat só baie van die Psalms die Israeliete gehelp het om die teologie agter die Intog en Vestiging in die land nie net te begryp nie, maar ook te vier as herinnering daaraan dat die land deel van God se voorsiening in vervulling van sy belofte was aan hulle.

Die nasies is uitgedryf uit sy land” (Ps 10:16) sodat dié wat die Here vrees en hulle nageslag die land kan besit (Ps 25:13), het hulle gesing. Daarom kon hulle opgeroep word om hulle identiteit te vind in ‘n rustige lewe in die land waar hulle met integriteit kon lewe (Ps 37:3).

Reg deur hulle hele lewe in die land kon hulle dus opgeroep word om God se dade in die geskiedenis te verheerlik waarin die land van die heidene wat vir Israel gegee is, ‘n sentrale rol sou speel (Ps 111:6).  Israel moes met hulle hele lewe die Here verheerlik wat die land van die heidene as erfdeel vir hulle gegee het (Ps 135:12; 136:21).

Die doel wat God met die vervulling van die belofte gehad het, en met die heerlike uitkoms dat Israel nou die land van die heidene besit het, was: “sodat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar!” (Ps 105).

Continue reading

Twee fases: ‘n “platvee”-veldtog en ‘n “skoonmaak”-veldtog

Sommige geleerdes maak baie van die feit dat daar verskillende perspektiewe in die Bybel self oor die Intog en Vestiging is. Hulle vergelyk bv Josua 11:23 en 21:43–45, wat stellig verklaar dat die hele land ingeneem is, met Josua 13:1–7, 15:63, 16:10 en 17:12–13 wat van ‘n onvolledige inname praat. Dieselfde geld die verskillende perspektiewe oor die volledige verwoesting van Hebron (deur Kaleb) Josua 10:36–39 wat blyk in Rigters 1:10–15 onvolledig te wees.

Kaufmann, ‘n Joodse geleerde, wys egter daarop dat ‘n mens duidelik in Josua ‘n eerste “platvee” veldtog kan identifiseer, wat daarna deur ‘n “skoonmaak” veldtog opgevolg is, soos die boek Rigters dit vertel.  Sy interpretasie van die interne gegewens van die Bybel maak goeie sin van die verhale, en maak selfs uit ‘n logiese hoek sin vanuit ons kennis van die komplekse aard van sulke oorloë reg deur die eeue.

Dink maar terug aan die oorlog in Irak ‘n paar dekades gelede.  Daar was die aanvanklike besetting van die land, waarna dit jare geneem het om ‘n nuwe stelsel te vestig.  Nie dat ek met dié oorlog saamgestem het nie!  Maar, ek gebruik dit net as illustrasie.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms