Josua 20-21 – Die asielstede en die stede van die Leviete

Die asielstede kom volgende aan die beurt.

Die Here het reeds hierdie voorsiening bó aan die lys geplaas van die genadige sorg wat daar vir mense moes wees waar hulle deur toevallige onbeplande moord die sesde gebod (jy mag nie doodslaan nie) oortree het (Eks 21).

Moses het aanvanklik ses stede uitgesit vir hierdie doel – drie wes en drie oos van die Jordaan – sodat daar ‘n regverdige beslissing in die geval van moord gevel kon word, sodat die familie van die oorledene nie onregverdige wraak sou neem nie (Num 35). Hy het in sy eerste preek oor die wet uitgebrei oor die drie stede oos van die Jordaan toe Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse die gebied vir hulleself toegeëien het (Deut 4) en in sy laaste afskeidspreek die praktyk daarvan met voorbeelde uitgespel (Deut 19).

Die Here beveel Josua nou om uitvoering aan dié reëling te gee sodat iemand wat hieraan skuldig is, na een van dié stede toe kan vlug. By die ingang van die stadspoort kan hy sy saak aan die leiers van die stad stel waarop hulle hom dan asiel kan verleen in die stad. Dit het ‘n woonplek ingesluit.

Interessant genoeg moes die persoon dan daar bly vir so lank as wat die hoëpriester wat hom vrygespreek het, sou lewe. Eers as die hoëpriester dood is, kon die persoon na sy plek van oorsprong terugkeer en mag die ander familie nie meer teen hom opgetree het nie.

Dit wil voorkom asof die hoëpriester se dood ‘n soort versoening gedoen het vir die lewe van die oortreder, ‘n verskuilde tipe van Christus se soendood in die NT. In Christus het ons as gelowiges die asiel vir al ons sonde, want Hy is ons volkome versoening (Hebr 9:11-10:28).

Kedes in Naftali, Sigem in Efraim, en Hebron in Juda is binne die beloofde land afgesonder. Beser in Ruben, Ramot in Gad en Golan in Manasse is oos van die Jordaan afgesonder.

Die stede van die Leviete kom volgende aan die beurt.

Die stede wat deur die familiehoofde afgestaan is aan die Leviete was ‘n manier waarop hulle dankie gesê het vir die erfdeel wat die Here vir hulle gegee het. Hulle kom by die heiligdom van Silo bymekaar en loot hoe die stede verdeel sou word tussen die drie Levitiese groepe (vgl Numeri 3-4 vir ‘n beskrywing van hulle verantwoordelikhede).

  • Die Kehatgroep – hulle het in die woestyn vir die Tabernakel self, die heiligdom en sy meubels gesorg – kry dertien stede met hulle weivelde in die stamgebied van Juda, Simeon, en Benjamin, dws in die suide van die land naby Jerusalem. Daarby kom tien stede in die noorde in Efraim, Dan en die halwe Manasse wes van die Jordaan.
  • Die Gersongroep – hulle het in die woestyn vir die bedekking van tente en seile van die Tabernakel gesorg, die besondere gewyde voorwerpe – kry dertien stede met hulle weivelde in die stamgebied van Issaskar, Aser, Naftali en die halwe Manassestam oos van die Jordaan.
  • Die Merarigroep – hulle het in die woestyn vir die struktuur van die Tabernakel, die raamwerk en gereedskap, gesorg – het twaalf stede met hulle weivelde gekry in die stamgebied van Ruben en Gad oos van die Jordaan, en ook in Sebulon binne die land.

Hulle het dus altesaam 48 stede met hulle weivelde gehad.

Die skrywer sluit dié verdeling van die land af met die teologiese perspektief dat dit alles in vervulling was van die Here se belofte:

Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het. Hulle het dit in besit geneem en daar gaan woon. Die Here het hulle na alle kante toe rus gegee soos Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het. Nie een van al hulle vyande kon teen hulle standhou nie. Die Here het al hulle vyande in hulle mag oorgegee. Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom.

Inderdaad! Op God se beloftes kan ‘n mens staatmaak.

View all posts in this series

Josua


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: