Josua 18-19 – Die sewe ander stamme kry ook hulle erfdeel

Josua bring die res van die stamme na Silo, die plek waar Samuel jare later sou optree. Dit is net noord-oos van Gilgal en net suid-wes van Sigem waar Josua finaal van die volk sal afskeid neem.

Die deurslaggewende “platvee”-veldtogte was gevoer. Die land wat onderwerp. Nou moes die sewe stamme ook hulle deel gaan “skoonmaak” sodat hulle dit as erfdeel in besit kan neem.

Josua kry vir die eerste keer kaartmakers bymekaar om die res van die land te karteer sodat dit uitgedeel kan word. Hy kies drie uit elke stam, 21 altesaam, om die land deur te gaan sodat ‘n verantwoorde keuse gemaak kan word wie wat kry met die loting in die teenwoordigheid van die Here.

Juda (vierde seun van Lea en vierde seun van Jakob) sou hulle deel in die suide behou en Josef (eerste seun van Ragel en elfde van Jakob – Efraim en die halwe stam van Manasse) hulle s’n in die noorde.

Die dele word daarna deur Josua en die hoëpriester Eleasar, ondersteun deur die familiehoofde, uitgedeel volgens die loting aan die sewe stamme met die grense wat in detail opgeteken is. Let op hoe belangrik dit vir die skrywers is om te beklemtoon dat die verdeling van die land afgehandel is deur die loting in Silo in die teenwoordigheid van die Here, “by die ingang van die tent van ontmoeting”.

Volg die indeling op die kaart wat ek ingesluit het by Josua 13.

  1. Benjamin (tweede seun van Ragel en twaalfde seun van Jakob) kry sy deel tussen dié van Juda en Josef, basies in die middel van die land.
  2. Simeon (tweede seun van Lea en tweede seun van Jakob) het hulle deel gekry binne dié van Juda, want Juda se grondgebied was eintlik vir hulle te groot. Simeon het egter mettertyd eintlik saamgesmelt met Juda, onder andere as gevolg hiervan.
  3. Sebulon (sesde seun van Lea en tiende seun van Jakob) kry die gebied tussen Aser en Issaskar net noord van Manasse en wes van die See van Galilea.
  4. Issaskar (vyfde seun van Lea en negende seun van Jakob) kry die gebied regs van Sebulon net noord van Manasse en suid van die See van Galilea.
  5. Aser (tweede seun van die slavin van Lea, Silpa, en agste seun van Jakob) kry die gebied links van Sebulon net noord van Manasse wat strek tot teen die Middellandse See wat die gebied van die Sidoniërs en Fenisiërs insluit met hulle hoofstede Sidon en Tirus.
  6. Naftali (tweede seun van die slavin van Ragel, Bilha, en sesde seun van Jakob) kry die gebied wat noord van Sebulon en Issaskar lê en die See van Galilea insluit. Hulle gebied was aangrensend aan dié van die Hetiete en Arameërs (Damaskus).
  7. Dan (eerste seun van die slavin van Ragel, Bilha, en vyfde seun van Jakob) kry die gebied wat oorbly links van Benjamin tot aan die Middellandse See net bó die gebied van die Filistyne.

Josua kry sy eie deel in die Efraimberge, die stad Timnat-Serag wat hy herbou en daarin gaan woon het.

Ruben (eerste seun van Lea en eerste seun van Jakob), Gad (eerste seun van die slavin van Lea, Silpa, en sewende seun van Jakob) en die halwe stam van Manasse het natuurlik alreeds hulle gebied gehad oos van die Jordaan.

Levi (derde seun van Lea en derde seun van Jakob) sou hierna ‘n paar stede en weiveld kry.

View all posts in this series

Josua


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: