Skip to main content

Josua 16-17 – Josef kry hulle erfdeel met besondere vermelding van Selofgad se dogters

Ná die uitdeling van die land aan Juda kom die twee stamme van Josef, Efraim en Manasse, aan die beurt. Hulle kry ‘n groot deel van die noorde van die land met die suidelike grens van hulle meer bergagtige gebied wat van die Jordaan regdeur die gebied van Jerigo tot aan die see loop met die belangrike historiese plek Bet-El ingesluit, dié plek waar Jakob God ontmoet het en ‘n heiligdom vir Hom gebou het (Gen 28).

Let op dat die stamgebied van Efraim nou eerste beskryf word (Jos 16:5-10), in die orde soos Jakob aanvanklik sy seën bedoel het. Maar, die skrywer is ook nie onduidelik daaroor dat die Efraimiete nie die Kanaäniete verdryf het wat in Geser gewoon het nie (die plek waarheen Isak op ‘n keer weens hongersnood uitgewyk het). Met die gevolg dat die Kanaäniete nou nog tussen die Efraimiete woon.

Die feit dat hulle gedwing is om dwangarbeid te doen, is ‘n skrale troos. Nie net sou hulle teenwoordigheid uiteindelik tot die val van die noordelike stamme bydra weens hulle afgodsdiens en onsedelikheid nie, maar die dwangarbeid sou tot ‘n opstand in Salomo se tyd lei wat die ryk in twee sou laat skeur met Jerobeam in beheer van die tienstammeryk in die noorde (1 Kon 11 en 12).

Dit laat ‘n mens besef dat dwangarbeid nooit ‘n goeie opsie is nie. Dit het korttermyn voordele, maar op die lange duur bekom dit jou suur. Dit was die dood in die pot vir Israel ‘n paar eeue later. Dit is ‘n les vir alle nasies te alle tye.

In hoofstuk 17 word die gebied wat aan die ander helfte van die stam van Manasse toegeken is, beskryf. Dit is opmerklik hoe die verhaal van Selofgad se vyf dogters (Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa) hier opgetel word in opvolg van hulle aandrang in die woestyn dat hulle saam met die ander mag erf. Moses het daarom die erfreg uitgebrei na vroue (Num 27) en later ook verfyn toe dit blyk dat hulle daarmee ‘n onregverdige voordeel sou kon kry deur ander stamme se grondgebied in te palm (Num 36).

Hier is dit ook duidelik dat die mense van Manasse gesukkel het om vanuit die berglande die vlaktes waar die stede was te verower. Hulle kon selfs daarin slaag om van die Kanaäniete dwangarbeid te laat doen, maar het gesukkel om die stede in te neem.

Geen wonder dat hulle uiteindelik kla by Josua dat hulle meer grondgebied wil hê. Josua hanteer dit baie ewewigtig en laat hulle toe om ’n stuk boswêreld te gaan skoonmaak in die gebied van die Feresiete en die Refaïete. Hy bemoedig hulle deur te sê dat die teenstand wel sterk sal wees, maar dat hulle dit tog sal regkry om die Kanaäniete met hulle ysterstrydwaens uit te dryf.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Josua


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda