Josua 16-17 – Josef kry hulle erfdeel met besondere vermelding van Selofgad se dogters

Ná die uitdeling van die land aan Juda kom die twee stamme van Josef, Efraim en Manasse, aan die beurt. Hulle kry ‘n groot deel van die noorde van die land met die suidelike grens van hulle meer bergagtige gebied wat van die Jordaan regdeur die gebied van Jerigo tot aan die see loop met die belangrike historiese plek Bet-El ingesluit, dié plek waar Jakob God ontmoet het en ‘n heiligdom vir Hom gebou het (Gen 28).

Let op dat die stamgebied van Efraim nou eerste beskryf word (Jos 16:5-10), in die orde soos Jakob aanvanklik sy seën bedoel het. Maar, die skrywer is ook nie onduidelik daaroor dat die Efraimiete nie die Kanaäniete verdryf het wat in Geser gewoon het nie (die plek waarheen Isak op ‘n keer weens hongersnood uitgewyk het). Met die gevolg dat die Kanaäniete nou nog tussen die Efraimiete woon.

Die feit dat hulle gedwing is om dwangarbeid te doen, is ‘n skrale troos. Nie net sou hulle teenwoordigheid uiteindelik tot die val van die noordelike stamme bydra weens hulle afgodsdiens en onsedelikheid nie, maar die dwangarbeid sou tot ‘n opstand in Salomo se tyd lei wat die ryk in twee sou laat skeur met Jerobeam in beheer van die tienstammeryk in die noorde (1 Kon 11 en 12).

Dit laat ‘n mens besef dat dwangarbeid nooit ‘n goeie opsie is nie. Dit het korttermyn voordele, maar op die lange duur bekom dit jou suur. Dit was die dood in die pot vir Israel ‘n paar eeue later. Dit is ‘n les vir alle nasies te alle tye.

In hoofstuk 17 word die gebied wat aan die ander helfte van die stam van Manasse toegeken is, beskryf. Dit is opmerklik hoe die verhaal van Selofgad se vyf dogters (Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa) hier opgetel word in opvolg van hulle aandrang in die woestyn dat hulle saam met die ander mag erf. Moses het daarom die erfreg uitgebrei na vroue (Num 27) en later ook verfyn toe dit blyk dat hulle daarmee ‘n onregverdige voordeel sou kon kry deur ander stamme se grondgebied in te palm (Num 36).

Hier is dit ook duidelik dat die mense van Manasse gesukkel het om vanuit die berglande die vlaktes waar die stede was te verower. Hulle kon selfs daarin slaag om van die Kanaäniete dwangarbeid te laat doen, maar het gesukkel om die stede in te neem.

Geen wonder dat hulle uiteindelik kla by Josua dat hulle meer grondgebied wil hê. Josua hanteer dit baie ewewigtig en laat hulle toe om ’n stuk boswêreld te gaan skoonmaak in die gebied van die Feresiete en die Refaïete. Hy bemoedig hulle deur te sê dat die teenstand wel sterk sal wees, maar dat hulle dit tog sal regkry om die Kanaäniete met hulle ysterstrydwaens uit te dryf.

View all posts in this series

Josua


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: