WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied
Joab, seun van Dawid se suster Seruja, bewerk versoening tussen Absalom en Dawid op ‘n manier wat herinner aan die storie wat Natan gebruik het in hoofstuk 10 met Dawid se sonde met Batseba. Hoewel Dawid aan die versoek toegee dat Absalom weer mag terugkom, neem dit twee jaar voor hy met die verdere bemiddeling van Joab voor sy pa mag verskyn. Let op hoe berekend Absalom optree met die verbranding van Joab se stuk land om hom te dwing om op te tree.
Die breuk blyk egter nie volledig herstel te wees nie, want oor die volgende 4 jaar werk Absalom onverpoos daaraan om die harte van die volk te steel en sy troonopvolging te verseker. Dat Absalom na Hebron toe gaan om sy opstand te beplan, is baie betekenisvol, gegewe die Abraham-verbintenis aan die plek. Dit is ook die plek waar Dawid as koning deur die volk gesalf is.
Agitofel, Batseba se oupa, word ook meegesleur in die sameswering. Hy laat dit toe, moontlik vanweë die Batseba-episode. Dawid vlug uit die stad Jerusalem, moontlik om die stad ‘n beleg en inval te spaar. Dit kan ook wees dat hy interne verraad gevrees het. Daardeur kry hy ook die voordeel dat hy plek waar die uiteindelike botsing sou plaasvind, kan bepaal. Die Filistyn Ittai, ‘n belangrike leiersfiguur (2 Sam 18:2), beloof trou aan Dawid, amper soos Rut dit vir Naomi gedoen het.
Dawid stuur die twee priesters, Abjatar en Sadok, met hulle twee seuns terug om ‘n kommunikasie-kanaal te skep sodat hy kon hoor wat in die stad aangaan. Ook Gusai, sy vriend, word agtergelaat om Agifofel se raad te verydel. Let op hoe Dawid tot die Here bid om hulp, bv. om Agifofel se raad te verydel EN strategies beplan en dan die planne in werking stel om die situasie die hoof te bied. Die ark word ook teruggestuur, heel moontlik om Absalom gerus te stel oor die priesters wat agterbly in Jerusalem, maar ook omdat Dawid weet die opstand is een van die gevolge van sy sonde, en dat dit net die genade van die Here self sal wees wat hom in dié situasie kan red, nie ‘n simbool van God nie (anders as in 1 Sam 4).
Dawid verwoord sy gevoelens oor hierdie gebeure op besondere wyse in Psalm 3 en heel moontlik ook in Psalm 41, 61, 62, 63.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel - October 20, 2009
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes” - October 21, 2009
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink - October 22, 2009
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad - October 23, 2009
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel - October 26, 2009
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here? - October 27, 2009
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red … - October 28, 2009
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie - October 29, 2009
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes - October 30, 2009
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee - November 2, 2009
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe - November 3, 2009
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min - November 4, 2009
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike - November 5, 2009
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat - November 6, 2009
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos - November 9, 2009
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was - November 10, 2009
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God - November 11, 2009
- Die karakter van Dawid - November 12, 2009
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef - November 13, 2009
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore - November 16, 2009
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel - November 17, 2009
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar - November 18, 2009
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval - November 19, 2009
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig - November 20, 2009
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee - November 23, 2009
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het - November 24, 2009
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here - November 25, 2009
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied - November 26, 2009
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense - November 27, 2009
- Kanonvorming - November 29, 2009
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan - November 30, 2009
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af - December 1, 2009
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! - December 2, 2009