2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense

Midde in die strategiese en politiese spel van die onderskeie rolspelers, Dawid met Gusai en die priesters, Absalom met Agitofel en die opstandelinge – waarin Dawid die oorhand kry – staan die kort opmerking in 17:14 wat ‘n dieper perspektief gee op die verloop van sake:

“Maar eintlik was dit die Here wat die goeie raad van Agitofel verydel het, omdat die Here onheil oor Absalom wou bring.”

God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense.

Let op hoe verdraagsaam Dawid teenoor Simeï se vervloeking optree met ‘n beroep op die Here se regverdigheid, moontlik ook omdat hy dit as deel van God se oordeel oor sy eie wandade sien (1 Sam 12:10-12).  Hy sien die episode selfs oor as Simeï om verskoning vra (hoofstuk 19), moontlik as deel van sy belofte om goedgesind te wees teenoor Saul se nageslag en ter wille van goeie verhoudinge met die Benjaminiete. Let op hoe Dawid vir Abisai keer om Simeï dood te maak, net soos hy doen toe dieselfde Abisai vir Saul wou doodmaak (1 Sam 26).

Dit bly egter vir my ‘n raaisel dat wat hier ‘n lofwaardige en navolgingswaardige optrede is, so omvergewerp kan word deur die laaste opdragte aan  Salomo aan die einde van Dawid se lewe, waar Dawid onder andere vir Simeï laat boet vir sy wandade (1 Konings 2).  Dit lyk asof Dawid uiteindelik tog toegegee het aan wraakgedagtes.

Let ook op hoe slim Gusai optree.  Aanvanklik gaan hy nie vir Agitofel, oupa van Batseba, teë nie.  Eers later begin hy baie diplomaties en met baie woorde twyfel saai in Absalom se gemoed oor wat die beste optrede sou wees, streel selfs sy ego deur voor te stel dat Absalom self teen Dawid opruk, en slaag daarin om Agitofel se raad te verydel. Gusai maak selfs voorsiening vir geval sy raad nie gevolg word nie deur die twee priesterseuns opdrag te gee om Dawid deur die Jordaan, 30 km van Jerusalem af, te laat trek.

Om by Dawid se byvroue te slaap, was ‘n openlike bewys van die nuwe koningskap, en goeie raad van Agitofel.  Dit druis egter teen die ou tradisies van Israel in, soos verskeie kere te vore uitgespel: (Vgl Ruben se oortreding in Gen 35:22 met Jakob se straf daarvoor in 49:4; ook die verbod in Lev 18:8 en Deut 22:30).

Absalom word uiteindelik deur Joab doodgemaak in die Efraimsbos tot Dawid se groot verdriet.  Hy is selfs meer geraak deur Absalom se dood as deur die dood van die eerste kind by Batseba.

Agitofel se selfmoord is een van vier gevalle in die Bybel – Saul (1 Sam 31:4), Simri (1 Kon 16:18) en Judas (Matt 27:5).

View all posts in this series

Samuel


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • 2 Sam 18:21: Waarom probeer Joab verhoed dat Sadok se seun die nuus van Absalom se dood na Dawid neem? Was daar `n moontlikheid dat Dawid hom dalk kon laat doodmaak (soos met die nuus van Saul se dood)? En die Kussiet (swart man) dan?

  • Dawid het baie spesifiek gevra dat daar sag met Absalom gewerk word. Jy is heeltemal reg dat Joab dus bang was dat Dawid onbeheersd kon optree. Die Kussiet is verkies vir die boodskap, nie omdat hy swart was nie, maar omdat hy minder belangrik as die priesterseun geag is.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: