1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink
Die verhouding tussen Elkana en Hanna spreek my nogal aan. Hy was regtig lief vir haar, al kon hulle nie kinders hê nie. Eli het ‘n sagte hart gehad. Hoewel dit beteken het dat hy sy seuns nie aanspreek vir hulle sonde nie, het hy vir Hanna met ‘n goeie gemoed laat weggaan: “Die God van Israel sal aan jou gee wat jy van Hom afgesmeek het.”
Dit is wonderlik hoe hierdie gesin die Here aanbid het – in teenstelling met die priesters Hofni en Pinehas. Jaarliks het hulle die tog aangepak na Silo toe om die Here te aanbid. En die Here het hulle toewyding raakgesien en aan haar (hulle) gedink.
En dieper nog, Samuel is die begin van beide die profeteskool beweging sowel as die monargie in Israel. Die Here het dus nie net aan Hanna gedink nie, maar ook aan sy volk en wat Hy vir hulle beplan!
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel - October 20, 2009
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes” - October 21, 2009
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink - October 22, 2009
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad - October 23, 2009
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel - October 26, 2009
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here? - October 27, 2009
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red … - October 28, 2009
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie - October 29, 2009
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes - October 30, 2009
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee - November 2, 2009
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe - November 3, 2009
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min - November 4, 2009
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike - November 5, 2009
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat - November 6, 2009
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos - November 9, 2009
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was - November 10, 2009
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God - November 11, 2009
- Die karakter van Dawid - November 12, 2009
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef - November 13, 2009
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore - November 16, 2009
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel - November 17, 2009
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar - November 18, 2009
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval - November 19, 2009
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig - November 20, 2009
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee - November 23, 2009
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het - November 24, 2009
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here - November 25, 2009
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied - November 26, 2009
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense - November 27, 2009
- Kanonvorming - November 29, 2009
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan - November 30, 2009
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af - December 1, 2009
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! - December 2, 2009
juriejurgens
Toe ek gisteraand deur 1 Sam 1 lees, het die woord “tempel” my opgeval, en het ek begin dink oor die oorgang van tabernakel na tempel. Ek was nog altyd onder die indruk dat Salomo se tempel die eerste tempel was. Ek het bietjie op my “e-sword” gesoek, en die volgende gesien:
1. 1 Sam 1:9 is die tweede plek in die Ou Testament waar die woord “tempel” voorkom – die eerste is in Rigt 9:46 waar van 'n heidense tempel gepraat word – sommige vertalings het dit as “the house of the god Berith” en in daardie vertalings kom “tempel” vir die eerste keer in 1Sam 1 voor.
2. Die laaste keer wat ek kon kry waar na die tabernakel verwys word, is in Jos 22:19 & 29.
3. In 1 Sam 2:22 word egter weer gepraat van die ” tent van ontmoeting”, en nie “tempel” nie – ek wonder hoe mens dit moet verstaan? (Ander vertalings gebruik tabernacle)
4. In 2 Sam 7:6 se God vir Natan dat Hy nog nooit in in huis gewoon het nie, maar in 'n tent en tabernakel.
Oppervlakkig gesien kan mens amper die indruk kry dat “tempel” in 1Sam1 “uit plek” is, en ek wonder of mens hoegenaamd veel hiervan moet maak? Is dit dalk deel van die oorgang – dat die tabernakel mettertyd plek-plek versterk is met meer permanente boumateriaal, en dus van tent na tempel gegroei het? Ek sal sal graag jou ekspert opninie wou verneem.
chrisvanwyk
Jou gedagte dat daar 'n meer permanente struktuur mettertyd gebruik is, kan bes moontlik in die kol wees.
'n Bietjie agtergrond: Die woordjie הֵיכָל (hê∙ḵāl) word gebruik in 1 Samuel 1:9. Dit kan vier betekenisse hê: 1) tempel, heiligdom of aanbiddingsplek (soos hier in Samuel); 2) paleis, plek waar ‘n koning of ander hooggeplaaste woon (bv. 1 Kon 21:1; 2 Kon 20:18; Ps 45:9; Dan 1:4); 3) hoofsaal of gebouekompleks (1 Kon 6:3); 4) ’n ander gebou by die tempel wat deel is van ‘n tempelkompleks (Eseg 41:1–25). Die woord vir tabernakel is tabernakel אֹהֶל (’ohel)
Sommige geleerdes dink, soos jy aanvoel, dat 'n meer permanente (hout-)struktuur die tabernakel vervang het (vgl die deurkosyn waarvan gepraat word), wat moontlik tot hierdie meer algemene aanduiding aanleiding kon gegee het. Silo is in elk geval verwoes met die buitmaak van die ark (Samuel gaan bly in Rama – 1 Sam 7:15-17), wat kon beteken het dat die tabernakel óf êrens gebêre is (onwaarskynlik) of tot niet gegaan het.
Wanneer die ark terugkom in Jerusalem (2 Sam 6) word dit geplaas in die tent (’ohel) wat Dawid daarvoor gereed gemaak het, moontlik weer gebou op die patroon wat in Eksodus voorgeskryf is.
Dalene Dippenaar
Liewe Chris,
Hanna het diep in my hart gekruip. Sy het haar losgemaak van die kind wat sy van die Here afgesmeek het en hom aan die Here gewy. Hy was nog 'n klein seuntjie toe sy hom weggebring het na die tempel toe, maar sy het elke jaar vir hom 'n manteltjie gemaak.
Ons het saam met Ds. Marais ook 'n kind afgesmeek van die Here en moes ons ook losmaak van hom sodat hy verstandig kon raak. Ek het hierdie week ook weer vir hom '' 'n manteltjie gemaak'' toe ek sy kamer skoongemaak het en 'n nuwe skildery teen die muur opgesit het.
Dankie vir die voorbeelde van omgee wat ons in die bybel aantref.
Groete,
Dalene
chrisvanwyk
Ek onthou die verhaal baie goed van julle seun. Dit bly vir my beide 'n voorbeeld van gebedsverhoring en hoe 'n “priester” teenwoordig moet wees by sy mense en by God. Ds Dave wat regtig 'n inspirasie vir my in my eerste jaar van bediening.