1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore
Die pad na die troon lê besaai met dorings! Saul se erkenning van Dawid as ‘n beter mens as hy hou nie lank nie (hfst 24). Op ‘n soortgelyke wyse as in die grot by die skaapkrale in En-Gedi, word Saul in Dawid se mag gegee, maar hy kies om nie vir Saul dood te maak nie. Hoewel Saul op soortgelyke wyse as by die grot teenoor Dawid reageer – let op hoe Saul sy eie optrede as dwaas beskryf – besluit Dawid om uit te wyk uit die grondgebied van Israel.
Die opmerking oor die Here wat dalk vir Saul aanhits (vers 19), sluit aan by ’n opvatting van dié tyd (vgl. 2 Sam. 24:1), dat God agter alles besig is, met die goeie dinge wat gebeur sowel as met die slegte. In 1 Kronieke 21, wat na die ballingskap geskryf is, is dié aksie, in die geval van Dawid in 2 Sam 24, egter aan Satan toegeskryf, omdat met tyd besef is dat sulke optredes nie direk aan God toegeskryf kan word nie, hoewel dit nie buite sy beheer geskied nie.
Let op hoe Dawid reken dat dit onmoontlik is om die Here te dien in ‘n vreemde gebied (vgl 20:6,29 waar Dawid die storie van sy familie wat op sy geboorteplek aanbid, gebruik om afwesig te kan wees by Saul). Daar is in dié tyd geglo dat die Here net binne die landsgrense gedien kan word. Selfs vir ‘n gelofte moes ‘n mens na die plek waar dit afgelê is, teruggaan (vgl Absalom in 2 Sam 15:7 wat dié storie van grond misbruik vir sy eie planne – amper soos Dawid, hoewel die motivering verskil). Dit lyk selfs asof Dawid reken dat hy nou verplig word om die afgode van daardie plekke te gaan dien. Dit gee ‘n interessante perspektief op sy behoefte om in die huis van die Here te wees, selfs ‘n huis vir Hom te bou: “Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as om te woon in huise sonder God” (Psalm 84:11).
Hy gaan bly in die land van die vyand, by dieselfde Akis waar hy hom tevore kranksinnig gehou het, dié keer met sy 600 man by hom. Hy mislei Akis deur steeds teen die Filistyne op te tree, al is hy op hulle grondgebied, maar telkens te sorg dat niemand van sy veldtogte vrykom nie. In wese is Dawid besig om ‘n deel van die land te verower vir sy toekomstige koningskap.
Dit tref my dat die pad na die vervulling van God se roeping nie ‘n maklike pad is nie. Maar selfs in hierdie haglike en gevaarlike situasie, kan dit net wees dat die kennis wat hy in dié tyd opdoen, hom uiteindelik goed te staan kom om die Filistyne vir goed uit die weg te ruim wanneer hy koning word na Saul se dood. Dit is in swaar tye wat die oorwinnings gebore word.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel - October 20, 2009
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes” - October 21, 2009
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink - October 22, 2009
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad - October 23, 2009
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel - October 26, 2009
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here? - October 27, 2009
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red … - October 28, 2009
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie - October 29, 2009
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes - October 30, 2009
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee - November 2, 2009
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe - November 3, 2009
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min - November 4, 2009
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike - November 5, 2009
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat - November 6, 2009
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos - November 9, 2009
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was - November 10, 2009
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God - November 11, 2009
- Die karakter van Dawid - November 12, 2009
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef - November 13, 2009
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore - November 16, 2009
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel - November 17, 2009
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar - November 18, 2009
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval - November 19, 2009
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig - November 20, 2009
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee - November 23, 2009
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het - November 24, 2009
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here - November 25, 2009
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied - November 26, 2009
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense - November 27, 2009
- Kanonvorming - November 29, 2009
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan - November 30, 2009
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af - December 1, 2009
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! - December 2, 2009