1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was
Dit tref my in hoeveel detail hierdie laaste pleitdooi vir Dawid se lewe voor Saul vertel word. En hoe ingewikkeld die kommunikasie tussen Jonatan en Dawid beplan word – die “wit”-leuen oor Dawid se leë plek by die fees en die beplanning rondom die skiet van die pyle. Dit alles loop uit op ‘n finale breuk tussen Saul en Dawid, waarin Jonatan deur Saul verkwalik word as ‘n rebelse ellendeling vir sy verkiesing van Dawid.
Saul is natuurlik reg oor Jonatan, want hy hét gekies vir Dawid, nie net weens sy liefde vir hom nie, maar ook vanweë sy erkenning van God se keuse. Hoe roerend sê hy nie:
“Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was.”
‘n Tydperk van uiterste gevaar breek vir Dawid aan. Hy is ‘n uitgeworpene in die koningshuis, sonder sy wapens en kos, en op hierdie stadium sonder enige manskappe. En Doëg, een van Saul se manne, hou Dawid dop, as hy in Nob aankom.
Dan gebeur twee betekenisvolle goed, hy kry die swaard van Goliat en gewyde brood by die priester Agimelek. En net hierna sou manskappe by hom aansluit, selfs sy broers. Hy word hiermee dus toegerus vir die stryd wat kom. Die Here is dus by hom, terwyl hy in gevaar verkeer.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel - Oct 20, 2009
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes” - Oct 21, 2009
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink - Oct 22, 2009
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad - Oct 23, 2009
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel - Oct 26, 2009
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here? - Oct 27, 2009
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red … - Oct 28, 2009
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie - Oct 29, 2009
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes - Oct 30, 2009
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee - Nov 2, 2009
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe - Nov 3, 2009
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min - Nov 4, 2009
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike - Nov 5, 2009
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat - Nov 6, 2009
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos - Nov 9, 2009
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was - Nov 10, 2009
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God - Nov 11, 2009
- Die karakter van Dawid - Nov 12, 2009
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef - Nov 13, 2009
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore - Nov 16, 2009
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel - Nov 17, 2009
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar - Nov 18, 2009
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval - Nov 19, 2009
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig - Nov 20, 2009
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee - Nov 23, 2009
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het - Nov 24, 2009
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here - Nov 25, 2009
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied - Nov 26, 2009
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense - Nov 27, 2009
- Kanonvorming - Nov 29, 2009
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan - Nov 30, 2009
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af - Dec 1, 2009
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! - Dec 2, 2009