WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike
Drie dinge val my op in die gedeelte:
- Dat die verandering van koningskap met die Gees te make het. Met die salwing van Dawid is dit die Gees wat van die dag af kragtig in hom werk, en juis die Gees wat Saul verlaat en deur ‘n bose gees vervang word, interessant genoeg ook deur die Here gestuur; Alles hang van die Here af.
- Dat Dawid se verkiesing eers lank hierna tot sy werklike koningskap lei, waar hy erken word deur die hele volk; dis iets soortgelyks as wat met Samuel gebeur het, sy roeping kom eers 20 jaar na die ark geroof is tot volle ontplooiing. Verandering neem soms lank, maar daarop moet met geduld en gehoorsaamheid gewag word, totdat die Here dit laat gebeur.
- Mense kyk na uiterlike dinge: voorkoms, lengte, dapperheid, welsprekendheid (let op hoe selfs Dawid beskryf word in vers 18) – God kyk na die innerlike. Selfs Samuel het nodig dat die Here hom begelei om die verskil te kan raaksien om daarvolgens op te tree. Die Here se keuses moet die deurslag gee, en nie ons eie insigte nie.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes”
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here?
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red …
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God
- Die karakter van Dawid
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense
- Kanonvorming
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig!
Tags: Samuel
Trackback from your site.
Vinie Fürstenberg
| #
Met betrekking tot “die Gees van die Here” : Het begrip van die Gees as PERSOON hier al bestaan?
Reply
chrisvanwyk
| #
Die kort antwoord, Nee.
Die langer antwoord:
Die term ruach (Gees) het verskillende betekenisse in die OT:
1) WIND – 'n onsigbare, misterieuse en magtige krag wat baie keer destruktief is (Gen 8:1; Eks 10:13; Num 11:31; 1 Kon 18:45; Spreuke 25:23; Jer 10:13; Hos 13:15; Jona 4:8);
2) ASEM of GEES – dieselfde krag op kleiner skaal in die lewe en vitaliteit van 'n mens wat in 'n rigting beweeg kan word (Gen 6:17; Ps 31:5; Pred 3:19; Jer 10:14; Eseg 11:5);
3) GODDELIKE KRAG – waar 'n krag van buite mense self van hulle besit geneem het, soos in die charismatiese leiers en profete gesien kan word (Num 24:2; Rigt 3:10; 6:34; 11:29; 13:25; 14:6, 19; 15:14-15; 1 Sam 10:6,10; 11:6; 19:20, 23-24).
Soms is daar 'n oorvleueling van hierdie drie betekenisse, soos in Esegiël se bekende visioen van die vallei met die droë beendere (Eseg 37:9), waar ruach eintlik in al drie betekenisse vertaal sou kon word.
Hierdie vloeibaarheid van betekenis het beteken dat daar in die OT nie 'n waterdigte skeiding tussen die Goddelike ruach en die menslike ruach getref is nie (Gen 2:7 – vgl ook nog Joh 3:8, 20:22). Die idee bly egter voortbestaan dat die ruach die menslike dimensie is waar die Goddelik ervaar word (Rom 8:16).
Daar is selfs nie 'n waterdigte onderskeid getref tussen 'n ruach van God wat boos sowel as goed kon wees nie (Rigt 9:23; 1 Sam 16:14-16; 1 Kon 22:19-23).
Dit is eers in die Joodse tussen-testamentêre geskrifte en in die NT evangelies en Handelinge wat die onderskeid begin maak is, en die konsep van die pneuma (ruach) as 4) PERSOON, en meer spesifiek die Heilige Gees, na vore tree.
Wat wel interessant is, is dat selfs met dié ontwikkeling, ruach 'n eksistensiële term bly. Soos James Dunn hieroor skryf: “At its heart was the experience of a mysterious, awesome power (as) manifestations of divine energy.” (Michael Welker [ed] 2006 Towards the Spirit of Christ: The emergence of the distinctive features of Christian Pneumatology. The Work of the Spirit. Eerdmans).
Reply