2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig

Die lys seuns wat vir Dawid in Hebron gebore is (die lys word in 1 Kron 3 aangevul) is nie om dowe neute hier geplaas nie.  Drie van die ses seuns sou Dawid in die skande steek.  Amnon, die oudste, sou sy suster Tamar verkrag.  Absalom, die derde seun, sou nie net vir Amnon doodmaak daaroor nie, maar Dawid uitdaag vir die koningskap.  En Adonia, die vierde seun, sou Salomo uitdaag vir die koningskap, en deur Salomo doodgemaak word.

Dawid het dus onderliggend dieselfde probleme met sy seuns as wat Eli en Samuel met hulle s’n gehad het.  Ironies dat dit juis Salomo is, gebore na Dawid se donkerste uur, wat die patroon deurbreek, en so die eerste word wat met onderskeiding die koningskap erf.  Let ook op dat Absalom se ma ‘n Aramese prinses was, ‘n dogter van koning Talmai van Gesur, ‘n stadstaat net noord van Galilea.  Laat ‘n mens wonder oor die wysheid van sulke politiese huwelike gegewe Absalom se geskiedenis.  Hierdie tipe verbintenisse word eintlik deurgaans afgekeur (1 Kon 11:4).

Die gevolge van Abner se keuse vir Is-Boset, Saul se seun, in hoofstuk 2, het hier ‘n ironiese en tragiese nadraai.  Deur ‘n verbintenis met Rispa, die byvrou van Saul, van wie ons later weer gaan hoor (2 Sam 21), maak Abner eintlik ‘n aanspraak op die troon, soos Absalom ook later sou doen.  Die gevolglike breukspul tussen hom en Is-Boset verenig ironies genoeg die Benjaminiete en die res van Israel onder Dawid se koningskap, maar lei op tragiese wyse tot Abner se dood aan Joab se hand uit weerwraak vir sy broer Asael se dood.  Is-Boset word ook wreed deur twee bendeleiers vermoor.  Let op hoeveel detail die skrywer oor Dawid se onskuld en smart oor albei gebeure gee.  Dit is die enigste optrede wat kan sorg dat die brose verenigingsproses nie uitmekaar val, voor dit nog behoorlik gebeur het nie.

Twee goed tref my:

  • die smart van Palti oor sy vrou Mikal wat deur Dawid teruggeneem word.  Midde-in die groter politiese spel, kry doodgewone mense seer, en dit roer my hart.
  • die inkonsekwentheid van Dawid in 1) sy vrees vir sy susterskinders, die seuns van Seruja, “Hulle is vir my te hard”, wat lei tot ‘n “hands-off” benadering teenoor Joab, teenoor 2) sy onmiddelike teregstelling van die twee bendeleiers.  ‘n Mens kan nie help om te dink aan die feit dat Dawid deurgaans militêre, politiese en strategiese voordeel uit dié wrede leiers se optredes sou trek nie.  Eers aan die einde van Dawid se lewe sou hy vir Joab terugkry deur Salomo opdrag te gee om Joab vir sy wandade te vergeld.  Dit bly ‘n uitdaging om konsekwent die regte ding te doen, veral as ‘n mens voordeel kan trek daaruit om sekere dinge oor te sien.
View all posts in this series

Samuel


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Goeiedag Chris,

    In die hoofstukke van hierdie week is daar nogal `n hele aantal rolspelers. Dankie vir die inligting wat jy deurgee en ook vir kruisverwysings na ander boeke bv Konings. Eintlik moes ons seker nou met Konings aangegaan het om by slothoofstukke uit te kom.

    Met betrekking tot Joab: Nadat hy Abner vermoor kom die uitspraak van Dawid: “Mag die Here self die saak regstel deur die moordenaar vir sy misdaad te straf “(2 Sam 3:39). Daarna speel Joab nog `n sleutelrol vir `n geruime tyd, vermoor vir Amasa en is tevrede dat `n vrou Seba se kop afsny terwyl hy in Dawid se diens staan. Hy word dan self eers NA Dawid se dood deur Salomo se toedoen om die lewe gebring! (Konings)

    Waarom sien ons Joab steeds in `n belangrike pos in Dawid se koninkryk, na grusame moorde wat hy gepleeg het? Sou die wette van die tyd dan nie op hooggeplaaste amptenare van toepassing wees nie?

  • Joab – dit wil lyk asof Dawid doodgewoon bang was vir Joab en die ander broers van Seruja, sy neefs. Niemand het kans gesien om hom aan te vat nie. Hy was geslepe en geweldadig. En het daarmee weggekom totdat sy ouderdom (en Salomo) hom ingehaal het.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: