1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad

Hanna se blydskap oor die uitkoms wat die Here gee, laat haar God beskryf as die een wat die normale orde omkeer, van wie belangrik is en wie nie. En dan die vers wat my besonders tref, vers 9:

“Hy bekerm sy troue dienaars op hulle pad.”

Dit is vir my ‘n groot troos en aanmoediging om te volhard op die pad wat die Here met my loop – en om dit met Hom te loop, en nie volgens my eie goeddunke nie.

Die res van die verhaal in hoofstuk twee bewys eintlik dié punt, want Eli se seuns bewys met hulle dade dat hulle nie God se troue dienaars is nie. Hulle het nie met die Here rekening gehou nie

Dit is tragies hoe die verkeerde optrede van die priesters die mense hulle agting vir die offer aan die Here laat verloor het. En die oordeel wat God oor Eli en sy huis bring, is ‘n les vir enigeen wat ooit in hierdie besondere diens aan die Here staan.

Die ligpunt is dat Samuel die Here gedien het.

View all posts in this series

Samuel


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Jy verwys baie na die feit dat Eli nagelaat het om sy seuns te berispe, en ek verstaan dit. Was dit werklik baie erg?

  • Eli se seuns se sondes word net in hoofstuk 2 en 3 uitgespel:

    1) Hulle het net rou vleis van die Israeliete gevat en nie gekooktes nie, en ook met geweld gedreig om dit af te vat; daarmee het hulle nie net die wet oortree nie, maar die mense ook hulle agting laat verloor vir die offer van die Here; die hele idee van versoening met God het daarmee gedreig om in diskrediet te kom (2:15-17);

    2) Hulle het by die vrouens geslaap wat by die ingang van die tent van ontmoeting diens doen, wat nie net immoreel was nie, maar ook die Israelitiese godsdiens daarmee tot dieselfde vlak as die Kanaänitiese vrugbaarheidsgodsdiens laat daal, en die volk verlei om God te dien, soos wat Baäl onder die Kanaäniete gedien is (2:22-25). Eli se sonde in dié verband was dat hy net gekla het daaroor, maar nie opgetree en dit voorkom het nie, wat hy in staat was om te doen.

  • Ek het jou kommentaar asook die van Jurie en Johan op die blog gelees.

    Ek het ook `n paar opmerkings: Met betrekking tot die gebruik van tempel en Tent van Samekoms , sou dit nie ook te wyte wees aan verskillende bronne waaruit die boek(e) Samuel saamgestel is nie? Ek kan nie altyd onthou waar ek spesifieke inligting vandaan kry nie. Iewers gelees dat vir die Griekse vertaling die bronne tydens/ na Ballingskap gebruik is, toe die Tempel van Salomo dus bekend was. Vir die Hebreeuse is bronne afkomstig uit Palestina gebruik, en dus dalk nader aan die werklikheid.

    Dan wonder ek ook oor die priesters: God se belofte aan El nl. dat sy huis en nageslag God altyd in die tempel sal dien, word tog opgehef (1 Sam 2:30-31). Is dit reg om te sê Samuel, `n afstammeling van Josef (Efraim ), word dan as priester in Eli se plek aangewys, dus nie `n Leviet nie! Was dit nie vir die volk `n probleem nie? Sou vers 33 verwys na die priester Abjatar (afstammeling van Eli) van wie ons wel later hoor?

    Ons kan maar Woensdagaand verder hieroor gesels!

    Sterkte

  • Oor jou eerste opmerking:

    Die Griekse Septuaginta is vertaal uit 'n Hebreeuse teks. Omdat daar 'n hele paar verskille tussen die Septuaginta en die Masoretiese Hebreeuse teks is, beteken dit heel moontlik dat daar verskillende Hebreeuse tekste in omloop was. Of dit tekste egter uit Babilon of uit Palestina was, is moeilik om te sê. Maar die benaming tempel kan te wyte wees aan óf 'n “slip of the tongue” met die laaste redaksie van die teks in of na die Ballingskap óf te wyte wees aan die feit dat daar 'n meer permanente struktuur (bo-oor?) die tabernakel was wat as 'n “tempel” geïnterpreteer kon word.

    Oor jou tweede opmerking:

    God se belofte aan Eli word wel opgehef, sodat sy nageslag behalwe een uitgewis word. Dit het gebeur met die bloedbad op die priesters van Nob (22:6–18), toe daar net een uit Eli se nageslag vrygekom het, naamlik Abjatar (22:19-23), soos jy tereg na verwys. Hy het egter nie lank hierdie posisie beklee nie, maar is verban na Anatot toe (1 Kon 2:26) en Sadok, die “betroubare priester” (2:35), is in sy plek aangestel (1 Kon 2:25).

    Met die hervormings van Josia is sy afstammelinge nie toegelaat om langer op die platteland werksaam te wees nie (2 Kon 23:8-9), maar is na Jerusalem toe verskuif waar hulle van die Sadokitiese priesters afhanklik was (vgl 2:36). Nogal 'n hele omkeer in hulle hele verhaal.

    So “all in all” was daar maar baie onderlinge struwelinge tussen die verskillende priesterlike families … !

    Samuel was dus nooit 'n priester nie, hoewel hy as profeet en rigter priesterlike funksies uitgevoer het.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: