1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee
Let op dat hierdie oorwinning die werk van die Gees van begin tot einde is. Dit is die Gees wat kragtig in Saul begin werk en hy gee aan God die eer vir die oorwinning:
Vandag het die Here uitkoms gegee.
Dit is eintlik so logies, maar ons vergeet dit so maklik.
Saul tree hier ook SAAM met Samuel op. Hy kom van agter die osse af, waaruit ‘n mens aflei dat koningskap nog nie na sy kop toe gegaan het nie. Hy gebruik ook die osse om ‘n helder boodskap aan die hele Israel en Juda te stuur, wat die twee dele van die volk agter hom verenig.
Ek hou van die dubbelsinnigheid van die boodskap van Jabes aan Nagas die Ammoniet (afstammelinge van Lot se bloedskande met sy jongste dogter – Gen 19) – dit klink wanhopig, maar is eintlik strategies belangrik. Dit laat hulle houtgerus vir Saul om hulle voor dagbreek te betrek.
Die uiteinde van die geveg is nie net die afweer van die gevaar nie, maar ook die bevestiging van Saul se koningskap in Gilgal.
Let ook op die grootmoedigheid van Saul waarmee hy sy teenstanders hanteer … maar Gilgal sou ook die plek wees van sy eerste ongehoorsaamheid, net ‘n jaar of twee later.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes”
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here?
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red …
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God
- Die karakter van Dawid
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense
- Kanonvorming
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig!
Tags: Samuel
Trackback from your site.
Vinie Furstenberg
| #
Noord- en Suidryk? 1Sam 11:8
Was die stamme in Saul se tyd ook bekend as Israel en Juda? Ek was onder die indruk dat die benaming eers na Salomo met die skeuring gebruik is.
Reply
chrisvanwyk
| #
Die verdeling het met tyd ontstaan en in Rehabeam se tyd 'n voldonge staatkundige feit geword. By Debora (Rigters 4 en 5) al kan 'n mens die verdeling sien tussen dié wat saamveg en dié wat by die huis bly. Dit wil dus voorkom asof op hierdie bestaande onderskeidings ingespeel word, eerder dat dit 'n redaktor se terugskouende benamings sou wees.
Reply