1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel

Dit is ‘n tragiese verhaal. Israel veg sonder om seker te maak die Here is met hulle. Hulle word verslaan. Dan neem hulle die Ark saam op die volgende veldtog, maar weereens sonder om die Here te raadpleeg. Hulle word weer verslaan en die ark buit gemaak. Die Here is wel “behind the scenes” in die oorlog betrokke … om sy oordeel oor Eli en sy seuns te voltrek. Daarmee wys die Here dat Hy nie gemanipuleer kan word nie.

Dit is die begin van dekades van oorlog teen die Filistyne (seevolke) wat eers in die tyd van Dawid tot ‘n einde kom. Die Filistyne het aan die kus gebly, nadat hulle min of meer dieselfde tyd as die Israeliete hulleself daar gevestig het.

Dit tref my hoe verweef die lewe is. Alles is met alles verbind. ‘n Klomp Israeliete gaan in die proses dood, weens hulle eie dwaasheid en bygeloof (Ark is ‘n soort talisman) , maar ook weens die priesters, Eli, Hofni en Pinehas se dwalings en sondes. Selfs die skoondogter, vrou van Pinehas, se swangerskap word daardeur geraak, en word op ‘n ontstellende grafiese manier ‘n verwoording van Israel se afgryse, toe sy die seun Ikabod (”Waar is die eer?”) noem, en sê:

“Die eer is weggevat uit Israel.”

Selfs Silo, as dorpie, het in die slag gebly, en speel hierna nie weer ‘n rol nie.

View all posts in this series

Samuel


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (7)

  • 'n Vraag is gevra of die Filistyne en die Feniciërs dieselfde volk was.
    Die kort antwoord is nee.
    So ver ek kon agterkom, was die Filistyne moontlik van die omgewing van Griekeland afkomstig. Interessant dat in Joël 3:4 vv die Filistyne juis met Griekeland verbind word, as sou hulle Israeliete as slawe daarheen verkoop het.
    Die Feniciërs, aan wie ons heel moontlik ons alfabet te danke het, het ook aan die kusstrook gewoon, maar hoër op by die stede van Tirus en Sidon, min of meer waar Lebanon vandag is.

  • Wat is “die ark”? Ja, ek weet wat is die ark, maar wat is die werklike simboliek van die ark dat daar so ‘n groot bohaai van gemaak word, en waar dit moet staan? Ek dink ek sal die hele storie beter verstaan as ek ‘n beter begrip van “die ark” het.

  • Die bou van die ark word in Eks 25:10 vv (en 37:1 vv) beskrywe. Dit was van doringhout gemaak met goud oorgetrek en relatief klein: 1.25 m lank, 0.75 meter hoog en 0.75 m breed, waarbinne die wet gebêre is, en waarop twee gerubs geplaas is. Dit was dié plek van ontmoeting met die Here: “Al my bevele vir die Israeliete sal Ek jou van daar af gee” sê die Here vir Moses (25:22). Dit moes in die Allerheiligste deel van die tabernakel (en ook later van die tempel) geplaas word, en was dus simbool van God se lewende teenwoordigheid in Israel. Kyk ook in Eks 40:34-38 na hoe 'n belangrike rol dit gespeel het in die trek deur die woestyn. Baie voorskrifte het die hantering van die ark vergesel, en wanneer dit nie nagekom is nie, het mense gesterf. Die Here het bepaal dat met die vestiging van Israel in Kanaän die ark uiteindelik in Jerusalem moes tereg kom, hoewel ander heiligdomme natuurlik ook 'n kleim daarop wou afsteek. Dit was eintlik die mees waardevolle besitting van Israel. Niks anders was naastenby so heilig as die ark nie.

  • Ek het al my Engelse vriende hoor praat van die Ark se deksel as “the mercy seat of God”. Ken jy dit, en waarop sou dit slaan?

  • Ekskuus, maar hierdie maklike manier om jou te vra word te maklik, en ek was te lui om self soekwerk te doen. Ek sien nou dat die King James Version en ander ou vertalings “mercy seat” gebruik waar ons huidige vertaling “deksel” gebruik, en die ou Afrikaanse Vertaling “versoendeksel” gebruik. Bv Eks25 e.v, Lev 16, Num 7:89 en 1 Kron 28:11. Interesant genoeg, gebruik die nuwe vertaling wel “versoendeksel” in Hebr 9:5. (Jammer vir hierdie onnodige en irrelevante ekskursie)

  • Die woord mercy seat kom eintlik van 'n Duitse vertaling Gnadenstuhl af wat vir die Hebreeuse woord gebruik word, kapporeth, en maar net deksel beteken.

  • Ek het die afgelope ruk na 2 verskillende “teachings” oor Ikabod geluister. Het dit baie interessant gevind. Ons hoef gelukkig nooit , as vrygekoopte kinders van God, Ikabod oor ons of ons lewens te skryf nie.te skryf

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: