Skip to main content

2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan

Joab se geslaagde poging om Dawid uit sy treurmare oor Absalom te ruk om waardering vir die lojaliteit en ondersteuning van die manskappe te toon, boemerang aanvanklik op hom.  Dawid stel vir Amasa, neef van Absalom, in die plek van Joab as hoof van sy leër aan om 1) sy misnoë met Joab se optrede te wys, en 2) só Absalom se volgelinge aan sy kant te kry.  Joab maak egter korte mette met Amasa en konsolideer eenvoudig met mag en geweld sy houvas op die hele leër van Israel.

Dis insiggewend dat Dawid vanuit die noorde, uit die stad Maganajim, terugkeer na Jerusalem.  Hoewel dit dieselfde plek is waar Is-Boset vroeër deur Israel koning gemaak is en vanwaar Dawid se koningskap uitgedaag is, word dit nou die basis vanwaar Dawid weer die troon bestyg.  Omdat Absalom se opstand uit die suide geloods was, vanaf Hebron waar Dawid se koningskap amptelik begin het, doen Dawid moeite om die Judese leiers weer aan sy kant te kry.  Hulle aanvaarding van hom lei wel aanvanklik tot konflik met Israel, met Seba wat voordeel daaruit probeer trek.  Seba se opstand word egter deur Joab en ‘n wyse vrou van die stad Abel in die kiem gesmoor.  (Joab het self tevore ‘n wyse vrou gebruik tot Absalom se voordeel.)  Seba se woorde sou egter bly voorbestaan en met die skeuring van die ryk onder leiding van Rehabeam weer aangehaal word om hulle optrede te verwoord (1 Kon 12:16).

Let op hoe twee Benjaminiete,  Saul se mense, in hierdie terugkeer na Jerusalem Dawid se guns probeer wen: Simeï en Mefiboset. Die politieke pendulum het weer teruggeswaai na Dawid met die ondersteuning van al die stamme van Israel, maar die onderliggende konflik sou bly voortbestaan tot Israel ná die regering van Salomo onherstelbaar in twee ryke sou skeur.  Dit is hartseer dat die byvroue, wat op geen manier verkeerd opgetree het, moet boet vir wat Absalom aan hulle en Dawid gedoen het.

Die verhaal van Rispa (byvrou van Saul oor wie Is-Boset en Abner gestry het) en Merab (eers belowe aan Dawid, en toe aan iemand anders gegee) en hulle seuns word nie gedateer nie.  Geleerdes meen dat dit vroeër gebeur het, waarskynlik voor Dawid se begenadiging van Mefiboset (2 Sam 9).  Die hongersnood word gewyt aan die Here se ingrype weens Saul se moord op die Gibeoniete.  Ironies dat Dawid die Here raadpleeg oor die rede vir die droogte, maar nie dieselfde doen om te hoor wat gedoen moet word om die oordeel af te wend nie.  Hy vra die Gibeoniete wat om te doen, en op grusame wyse word dan op hulle aandrang ‘n vonnis op 7 seuns uit Saul se nageslag uitgevoer, nogal “voor die Here”, moontlik in navolging van die wetsvoorskrif: “‘n oog vir ‘n oog”.  Rispa se aangrypende onverpoosde beskerming van die lyke word beloon met ‘n ordentlike begrafnis vir hulle sowel as vir Saul en Jonatan by die graf van Kis, die stamvader.

Die Filistynse oorloë wat hier vertel word, gaan eintlik om vier besondere Filistyne, almal reuse en uit die geslag van die Refaïete (Gen 14), wat deur Israel oorwin is.  Die Goliat episode is in konflik met die bekende Dawid-Goliat verhaal.  Dit kan wees dat hier Goliat se broer, Lagmi, bedoel word (1 Kron 20:5).  Goliat word ook soms as ‘n titel van ‘n baasvegter geïnterpreteer.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Samuel


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…