Die skrif stelling van die Bybelse verhale kom van baie vroeg af. Die Bybel self skryf daaroor alreeds in die verhale van Moses, Josua en Samuel. In Eksodus lees ons dat Moses daarmee besig was (Eks. 24:4), dat sy skryfwerk deur die Leviete bewaar is (Deut 31:9), deur hulle en die leiers bestudeer is, en die boek raak wat Josua sy eie maak (Jos 1:7). Die skryfwerk word ook later deur Josua aangevul (Jos 24:26). Die sogenaamde Josua-woorde vul dus die Moses-woorde aan. Dan lees ons onder andere ook nog van die Boek van die Opregte (Jos. 10:13) wat die verhaal van die stilstand van die son en maan vertel (vgl. ook 2 Sam 1:18 wat vertel dat ‘n lied van Dawid daarin opgeteken is).
Ons sien dus hier die begin van ‘n kern-kanon, die begin van die Bybel, wat veral met die berg Sinai verbind word. Later sou Samuel ook regsvoorskrifte, veral ten opsigte van die koning se verantwoordelikhede, byvoeg (1 Sam 10:25) en saam met Moses en Josua se geskrifte in die heiligdom bewaar. Van tyd tot tyd is die verhale van Josua opgedateer (van die stede in Jos. 15 het moontlik eers in die 8ste eeu v.C. tot stand gekom) om die relevansie daarvan vir die kultiese gebruik by hulle feeste te behou. Ons lees ook van die Annale van Salomo (1 Kon 11:41).
Uit die ontdekking van die Dooie See rolle in 1948 kom ons agter dat in die latere biblioteke veral op drie tipe boeke gekonsentreer is, die Bybelse tekste self, kommentare op die Bybel en teologiese geskrifte.
Die meeste Jode van die eerste eeu n.C. was geletterd en kon lees en skryf. Hulle kon ook meer as een taal verstaan, ten minste Aramees (spreektaal) en Hebreeus (OT). Baie kon ook Grieks, die wêreldtaal van die tyd, verstaan en het dit in die alledaagse kommunikasie gebruik. Die Griekse vertaling van die OT, die LXX of Septuagint, was ook baie gewild.
Shorthand is baie keer gebruik, weens die skaarsheid en prys van papier (papirus of leer [perkament]). Matteus, die belastinggaarder, was heel moontlik vaardig daarmee, en kan verklaar hoe hy die bergrede so volledig kon weergee in Matteus 5-7.
Daar was van die begin af ‘n hele paar mense wat verhale oor Jesus neergeskrywe het (Luk 1:1-2), wat gedien het as bronne vir die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes. Johannes skryf selfs met ‘n tikkie humor daaroor (Joh 21:25). En Paulus het skryf as ‘n baie belangrike deel van sy bediening gesien (2 Tim 4:13: “[bring] die boeke, veral die perkamente [saam].”)
Hierdie belangstelling in boeke en literêre werke het beteken dat tekste met groot sorg hanteer is en in biblioteke en argiewe opgeneem en bewaar is.
As ‘n mens natuurlik meer kopieë wou hê, moes dit natuurlik telkens met die hand oorgeskryf word.
Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.
I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.
Chris van WykonOpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
RonelonOpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
Chris van WykonOpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
Marie ElizabethonOpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
Chris van WykonGenesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
PetrusonGenesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
Tertia BothaonPsalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
Chris van WykonInleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
Chris van WykonPsalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
amandaonInleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.