2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid

Drie goed tref my in die gedeelte:

  1. Dawid doen niks sonder dat hy die Here raadpleeg nie.  En hy is baie spesifiek in sy vrae: 1) moet ek na Juda gaan, en nadat die Here positief gereageer het, 2) na watter stad in Juda moet ek gaan, waarop die Here Hebron antwoord.  Dit bly die sleutel kenmerk van Dawid wat hom onderskei van Saul.
  2. Hebron is natuurlik ‘n baie betekenisvolle plek.  Dit is waar Abraham en Sara begrawe is (Gen 23, 25), die enigste deel van die beloofde land wat Abraham ooit besit het.  Dit is nou ook die plek waar die koningskap van Dawid sy aanvang neem.  Dit laat ‘n mens dink aan die belofte aan Abraham en Sara: “en nasies en konings van volke sal uit haar voortkom” (Gen 17:16).
  3. Dit tref my hoe ernstig die konflik tussen Saul en Dawid was.  En hoe dit alle mense in Israel en Juda raak.  Dawid word egter, anders as Saul en sy nageslag, deurgaans geteken as beginselvas: hy slaan nie sy hand aan Saul en sy nageslag se lewens nie.  Hy is ook vrygewig: hy betoon simpatie met die familie van Saul.  Dit oortuig aanvanklik egter nie vir Abner die hoof van Saul se leër nie, en ‘n hewige geveg breek uit tussen Israel en Juda, wat, soos Samuel, Dawid as koning gesalf het.  En hierdie konflik sou regdeur Dawid se lewe onderliggend bly en van tyd tot tyd na die oppervlak kom.
View all posts in this series

Samuel


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: