1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes
Dit tref my dat so iets gewoons, soos ‘n klomp donkies wat wegraak, ‘n reeks gebeure aan die gang kan sit wat uitloop op die aanstelling van die eerste koning van Israel, Saul. En darem ironies dat dit die slaaf is wat die drie gram silwer het waarmee hulle die siener-profeet wil betaal!
En dan op meesterlike wyse lig die skrywer ons in dat Samuel al die tyd geweet het wat gaan gebeur, en gereed was vir die ontmoeting met Saul.
Saul se karakter word met ‘n paar pennestrepe getrek, en die prentjie maak gemengde gevoelens by ‘n mens los. Hy blyk nie baie inisiatief aan die dag te lê nie. Hy het nie ‘n groot dunk van homself of sy familie nie – of is dit maar net Midde-Oosterse beskeidenheid? Hy kruip weg as Samuel hom aan die volk bekend stel. En hy steur hom nie aan die kwaadwilliges wat hom met minagting behandel nie. Miskien ‘n aanduiding wat gaan kom, ‘n koning wat hom laat lei deur wat ook al gebeur?
Teenoor dié prentjie skyn die werk van God van agter die skerms deur. Hy neem Samuel vooraf in sy vertroue en gee hom opdragte oor Saul. Hy praat direk met Samuel as Saul voor hom verskyn. Die Gees van die Here verander Saul se gesindheid en werk kragtig in hom. God lig hulle in dat Saul wegkruip tussen die bondels goed. En Hy roer die harte van ‘n aantal dapperes om saam met Saul te gaan.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel - October 20, 2009
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes” - October 21, 2009
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink - October 22, 2009
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad - October 23, 2009
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel - October 26, 2009
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here? - October 27, 2009
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red … - October 28, 2009
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie - October 29, 2009
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes - October 30, 2009
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee - November 2, 2009
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe - November 3, 2009
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min - November 4, 2009
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike - November 5, 2009
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat - November 6, 2009
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos - November 9, 2009
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was - November 10, 2009
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God - November 11, 2009
- Die karakter van Dawid - November 12, 2009
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef - November 13, 2009
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore - November 16, 2009
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel - November 17, 2009
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar - November 18, 2009
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval - November 19, 2009
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig - November 20, 2009
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee - November 23, 2009
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het - November 24, 2009
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here - November 25, 2009
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied - November 26, 2009
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense - November 27, 2009
- Kanonvorming - November 29, 2009
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan - November 30, 2009
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af - December 1, 2009
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! - December 2, 2009
Vinie Furstenberg
Met betrekking tot die volk wat `n koning wou hê: 1 Samuel 10-12
In die lig van Gen.17:6 waar God met Abraham `n verbond sluit is daar ook die belofte dat konings uit Abraham sal voortkom!
Hoe bring ons dit nou in verband met die kwessie dat Samuel en die Here aanvanklik nie gelukkig was met hierdie versoek van die volk nie? Hulle is dan nou in die land wat God aan hulle beloof het. Waarom sou dit verkeerd wees vir die volk om te verwag dat ook die belofte van “konings sal uit jou voortkom” in vervulling moes gaan?
chrisvanwyk
Dit is inderdaad die geval dat die tema van koningskap van vroeg af voorkom. Jy noem Gen 17:6, maar dit kom ook voor in Gen 17:16; 35:11; 49:10; Num 24:17; Deut 17:14–20; 28:36 (Wenham). Die probleem in Samuel is dus nie dat daar 'n koning sou kon kom nie, maar eerder dat die volk dit op die tydstip vir die verkeerde redes wil hê – sodat hulle soos die ander volke kan wees, wat implisiet 'n verwerping van God se koningskap ingesluit het. Dit is waarteen beide Samuel en God in opstand kom. God het immers deurgaans met leiers gewerk. Selfs die aartvaders was leiers van hulle clans gewees, maar Moses, Josua, al die Rigters, en selfs Samuel was sterk leiers. Interessant, Saul word ook 'n nagid genoem (1 Sam 9:16 en 13:14), 'n prins, wat 'n meer charismatiese (Gees-vervulde) leierskap veronderstel, eerder as net die woord melek wat soos al die ander konings van Kanaän sou wees. En dit is dié tipe “koning” wat hulle in Dawid uiteindelik kry. En dan, ek dink Samuel het dit as 'n persoonlike belediging opgeneem, wat die situasie nog moeiliker gemaak het. En as hy enigsins 'n hand in die skryf van dié verhaal gehad het, het hy dit moontlik uit sy eie perspektief op die tafel gesit …