1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos
Ironies dat die Gees van die Here nou oor Saul kom om hom kragteloos te maak, terwyl die Gees in hoofstuk 10 met sy salwing as koning juis kragtig in hom begin werk het.
Saul illustreer hier die tragiese eienskappe van iemand wat wispelturig en gevaarlik geraak het. Hy tree op soos iemand wie se gees gefolterd (tormented) geraak het. Dan is Dawid goed, en dan weer nie. Let op hoe lede van Saul se eie gesin, Jonatan en Mikal, tot Dawid se redding kom, hoewel Saul ook later teen hulle draai. Mikal sou dit kort hierna ontgeld deur aan ‘n ander man gegee te word, wat sy eie tragiese geskiedenis tot gevolg sou hê. En Jonatan sou self Saul se woede moes verduur.
Die ligpunt in die verhaal is dat die Here Dawid beskerm deur sy Gees en deur mense wat vir Dawid omgee. Dit beteken nie dat Dawid dit hiervandaan maklik sou hê nie. Sy pad na die koningskap sou deur baie ontberinge lei. Maar terwyl hy die pad met God loop, gee die Here wysheid en uitkoms.
En dit inspireer en bemoedig my vir die pad wat ek self in hierdie lewe moet loop, al kos dit my ook ontberinge.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes”
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here?
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red …
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God
- Die karakter van Dawid
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense
- Kanonvorming
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig!
Tags: Samuel
Trackback from your site.
juriejurgens
| #
Die “boosaardige gees wat deur die Here gestuur is” laat my dink aan die toneel in die Hemel wat Job 1 beskryf, waar die Here en Satan met mekaar praat, en God omtrent vir Satan na Job stuur en toe wonder ek hoe 1 Sam 19:10 inpas by die Ou Testamentiese siening van die bose en die Bose? Wat se dit van God? Stuur Hy boosaardige geeste om sy kinders te tormenteer? Sou ons in Nuwe Testamentiese taal dalk se dat God toegelaat het dat hierdie boosaardige (sataniese?) gees 'n houvan op Saul kon kry en dat Saul in elk geval homself blootgestel het hieraan?? Die Nuwe Testament is so vol van duiwelbesetenheid, en dis altyd van Satan en teen God. Hoe pas dit in en hoe moet ons dit verstaan?
Reply
chrisvanwyk
| #
God stuur nie bose geeste om sy kinders te pla nie. Sy Gees woon in hulle wat dit 'n onmoontlikheid maak.
Maar, dié gedagte was nog onontwikkeld in die OT, en die Gees het nog nie in gelowiges gebly nie.
Daarom is daar nie 'n waterdigte onderskeid getref in die OT tussen 'n gees wat boos is of goed nie (Rigt 9:23; 1 Sam 16:14-16; 1 Kon 22:19-23). Alles is gereken, kom van God af. Die Satan word bv. net op 'n paar plekke aangetref en nie in verband gebring met alles wat boos is nie.
Dit is eers in die Joodse tussen-testamentêre geskrifte en in die NT evangelies en Handelinge wat die onderskeid begin maak is, en daar 'n definitiewe onderskeid tussen die magte van die bose en die magte van God getref is. Ek kan vir jou 'n baie oulike artikel gee in 'n boek in my kantoor, wat meer uitbrei daarop, as jy belangstel.
Reply