1 Samuel 13 – Saul minag die Here

Saul se koningskap wankel al te gou.  Dit is tragies dat hy al die potensiaal gehad het, en die Here sy koningskap vir altyd wou bevestig, maar dat hy nie die riglyne vir aanbidding en gemeenskap met God nakom nie, en so uit God se guns val.

Nog erger, anders as ‘n Dawid, toe dié aangespreek is, keer hy nie terug na die Here in berou nie, maar tel doodgewoon die manskappe by hom, en sit die oorlog voort.  Dit kom neer op ‘n minagting van God en sy woord.

As Samuel dan vir Saul sê, dat die Here besluit het om ‘n ander koning te kies, spel hy dit uit dat dit “‘n man na God se hart” sal wees.  En hiermee word alreeds in prinsiepe die groot verskil tussen Saul en Dawid aangevoer, die een wat God hierna gaan soek het.  Die verskil tussen Saul en Dawid is ‘n hart wat kan reageer op wat God sê en doen.  Dawid oortree eintlik meer eksplisiet die Tien Gebooie – moord en egbreuk – as Saul, en het net so baie huismoles as Eli en Samuel, maar keer telkens in berou na die Here toe, as dié hom aanspreek daaroor.  Dit is steeds wat God in my en sy kinders soek.

View all posts in this series

Samuel


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • God het Saul gekies as 'n man wat potensiaal gehad het en vir wie Hy 'n kans wou gee. En onthou, dit het aanvanklik perfek gewerk. Hy was nederig en dapper. Maar dit het nie gehou nie. En Saul het nie soos Dawid voor God gebuig nie. En dit was die groot verskil tussen Dawid en Saul. Die een het op God se woorde reageer, en die ander nie. Dit dui op 'n hart wat leerbaar is of nie. Dit is dus nie God wat 'n fout gemaak het met Saul nie, of nog erger hom opgestel het om te misluk as voorbeeld vir ons. Dit is Saul wat 'n fout gemaak het om die oordeel van God nie te aanvaar en om vergifnis te vra nie.

  • Akkoord broeder, lyk maar netso as verwys word na “Dawid wat 'n man na God se hart”sou wees, ons weet dat dit nie altyd so was nie! Toegegee, hy het telkens in sy swakheid voor God gebuig (Ps 51) en dit is inderdaad die verskil. Hoe het ons Meester op 'n keer gesê? Goed geantwoord! 🙂

  • Jy is reg – Dawid se verhaal is vol brak kolle, soveel so, dat ek soms regtig wonder hoe die Here dit uitgehou het met hom – gaan terug op sy woord deur die versoek om van Saul se nageslag uit te wis, toe te staan; is bang vir Joab en sy makkers, en tree nie op teen hulle nie, behalwe op sy sterfbed nie; en dan praat ons nie eers van die storie met Batseba nie. Maar dan besef ek, ek het nog meer brak kolle, en nie eers naastenby Dawid se dryfkrag nie … en die Here hou dit sover met my ook uit! Ek dink na alles sal ons ook soos Bill Hybels moet sê, dit is net God!

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: