1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar

Dawid se stryd verdiep.  Dit is nie net Saul wat hom agtervolg nie, ook nie net die Filistyne wat hom wantrou nie, sy eie volgelinge draai teen hom met die gebeure in Siklag, waar die dorpie geplunder is en hulle vrouens en kinders weggevoer is.

Ek dink die Godsbeeld wat dit vir ons teken, is ‘n baie belangrike een.  God bewaar Dawid nie van die agtervolging, wantroue en plundering nie.  Maar Hy laat Hom ken as die een wat BINNE die krisis bereikbaar is, en uitkoms gee.

Let op hoe Dawid nie eers dink daaraan om die Here te verkwalik vir die slegte goed wat met hom en sy mense gebeur nie.  Terwyl die manne dink daaraan om hom met klippe dood te gooi, raadpleeg hy die Here deur Abjatar en doen wat hy hoor.

Op pad is die eerste voorsiening die Egiptiese slaaf wat hulle na die bende lei.  En hulle verslaan die Amalekiete en kry al hulle mense terug (soos Abraham lank tevore met die wegvoering van Lot – Gen 14).  Let op met hoeveel deernis Dawid die manne hanteer wat die pas nie kon volhou nie (in navolging van Num 31:25-27 en Jos 22:8), en hoe strategies hy die buit hanteer deur daarmee vriende te maak met die leiers van Juda.  Daarmee wys hy onomwonde dat hy anders is as Nabal en Saul.  Hy is sterk in slegte omstandighede en vrygewig in oorwinning.

Hoe tragies sluit die verhaal van Saul nie af in hoofstuk 31 nie.  Saul en sy seuns sterwe in die oorlog, en word vernederend vasgespyker teen ‘n muur. ‘n Koning met baie potensiaal wat nie die mas kon opkom nie, omdat hy nie bereid was om na God te luister nie. Die pad is nou oop vir Dawid om deur die volk as koning bevestig te word.  Die mense van Jabes in Gilead se verbintenis aan Saul, vir wie hy in hoofstuk 11 bevry het, beweeg hulle om in sy dood ‘n laaste eer aan hom en sy seuns te bewys.

View all posts in this series

Samuel


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

  • Die verbranding van lewende mense was 'n oordeelshandeling wat soms in die OT toegepas is (Lev 20:14; Jos 7:25). Gewoonlik is lyke nie verbrand nie, hoewel Amos 2:1 daarna verwys as 'n daad van minagting. In Saul se geval is die lyke verbrand, heel moontlik weens die tydsverloop, voordat hulle begrawe is. Die normale gewoonte was om lyke te begrawe, nadat dit gewas en soms met speserye gesalf is.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: